Hierdie aflewering in ons woordsoorte-blogreeks handel oor telwoorde. Die inligting wat in hierdie blog vervat word, is gebaseer op die inligting wat in die Afrikaanse skoolgrammatika (ASG) gepubliseer is. ASG is deel van die aanbod in Taalonderrigportaal, ʼn ruimte op ons webblad waar onderwysers, leerders, tutors en ouers gratis betroubare en geverifieerde inligting oor Afrikaans se grammatika kan bekom.
Telwoorde lyk op die oog af na een van daardie “maklike” woordsoorte – dis mos maklik om te bepaal wanneer ʼn woord ʼn hoeveelheid aandui – maar elke nou en dan is daar tog ʼn vangplek wat ʼn mens kan verwar, daarom help behoorlike inligting oor die woordsoort en sy kenmerke.
Die definisie van ʼn telwoord in ASG lui soos volg:
'n Telwoord is 'n woord wat 'n kwantiteit (hetsy bepaald of onbepaald), 'n plek in 'n reeks (hetsy bepaald of onbepaald) of 'n breuk van 'n geheel aandui.
Watter soorte telwoorde kry ons in Afrikaans?
Die definisie hier bo gee ons eintlik al klaar die antwoord. In Afrikaans is daar drie soorte telwoorde:
· hooftelwoorde (dis die woorde wat die kwantiteit aandui);
· rangtelwoorde (die woorde wat die plek in die reeks aandui); en
· breuktelwoorde (die woorde wat die breuk van die geheel aandui).
Elke soort telwoord het boonop die vermoë om na ʼn bepaalde of onbepaalde (gespesifiseerde of ongespesifiseerde) getal te verwys.
Die voorbeelde hier onder illustreer hoe die verskillende telwoorde in ʼn sin optree:
1. Twee kinders in die klas het covid. (bepaalde hooftelwoord)
2. Daar is reeds sewe en dertig kinders in die skool met covid. (bepaalde hooftelwoord)
3. Die totale aantal covid-sterftes in die land kom nou op 87 981 te staan. (bepaalde hooftelwoord)
4. Baie kinders in ons skool het covid. (onbepaalde hooftelwoord)
5. Tientalle leerders het tydens die sportdag aangesteek. (onbepaalde hooftelwoord)
6. Honderde mense betoog vir beter mediese dienste. (onbepaalde hooftelwoord)
7. Dit is nou die tweede kind in my klas wat covid kry. (bepaalde rangtelwoord)
8. Hy is die tweedelaaste persoon om ingeënt te word vandag. (bepaalde rangtelwoord)
9. Dit is die sewe-en-dertigste geval van covid in die skool. (bepaalde rangtelwoord)
10. Dit is nou die duisendste keer wat ek vandag vir jou sê om jou hande te was. (onbepaalde rangtelwoord)
11. Die hoof is die hoeveelste mens wat siek geword het. (onbepaalde rangtelwoord)
12. Presies ʼn kwart van die klas is siek. (bepaalde breuktelwoord)
13. Statisties gaan seweagtstes van die personeel die siekte opdoen. (bepaalde breuktelwoord)
14. Die virus is ʼn triljilliënste van ʼn miljilliënste van ʼn millimeter groot. (onbepaalde breuktelwoord)
Watter kenmerke van telwoorde kan my help om hulle in sinne te herken?
· Telwoorde kan uit ʼn enkele woord of uit ʼn klomp woorde bestaan (voorbeelde 1 en 2 hier bo). Laasgenoemde staan bekend as multiwoordtelwoorde.
· Die skryfwyse van multiwoordtelwoorde word in die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) bereël. Hierdie reëls behels die volgende:
o Multiwoord-hooftelwoorde met en kan los of met koppeltekens vas geskryf word (sien voorbeeld 2) (AWS 15.43).
o Multiwoord-rangtelwoorde met en kan net met koppeltekens vas geskryf word (bv. seshonderd-twee-en-dertigste) (AWS 15.47).
o Verbindings met tien word vas geskryf (bv. veertien) (AWS 15.44).
o Verbindings met honderd, duisend, miljoen, miljard, ens. kan los of sonder ʼn koppelteken vas geskryf word (bv. vier honderd miljard of vierhonderdmiljard). (AWS 15.45).
· Telwoorde kan in woorde of in syfers weergegee word. Die syfer is bloot ʼn ander voorstelling van dieselfde begrip, daarom is die syfer se woordsoort steeds telwoord (voorbeeld 3).
· Ek vermoed dat sommige skoolhandboeke nie breuktelwoorde as telwoorde aandui nie, maar sulke woorde se woordsoort is beslis telwoord.
· Om die bepaaldheid of onbepaaldheid van ʼn telwoord te bepaal, moet ʼn mens (soos altyd) na die konteks kyk waarin dit gebruik word. Sommige onbepaalde telwoorde kan op die oog af na bepaalde telwoorde lyk, maar in die konteks verwys dit na ʼn ongespesifiseerde getal (sien voorbeeld 10).
· Telwoorde word dikwels hiperbolies aangewend, en dan is hulle onbepaald (soos in voorbeeld 10). Sulke hiperboliese taalgebruik gee ook dikwels aanleiding tot nuutgeskepte telwoorde (sien voorbeeld 14).
· Telwoorde is sintakties deel van ʼn NP (ʼn naamwoordstuk). Hulle is dikwels deel van die determineerder voor die NP (drie kamers) maar hulle kan ook ná ʼn naamwoord (kamer drie) optree.
· Omdat telwoorde saam met naamwoorde optree, lyk telwoorde dikwels eerder na adjektiewe. Veral rangtelwoorde kan lyk na adjektiewe in die oortreffende trap (die eerste atleet x die vinnigste atleet). Die verskil is dat adjektiewe die naamwoord beskryf (vinnigste is ʼn eienskap van atleet). Telwoorde dui ʼn hoeveelheid of ʼn plek in ʼn sekwens aan (eerste dui die atleet se plek in die sekwens aan). Telwoorde sê met ander woorde hoeveel van die [naamwoord] of die hoeveelste [naamwoord] dit is, adjektiewe gee vir ons meer inligting oor die naamwoord self.
· As daar nou ʼn woord is wat vir baie baie hoofbrekens kan veroorsaak, is dit baie. Met hierdie woord moet ʼn mens maar altyd weer en weer gaan kyk wat dit in die sin doen voor ʼn mens sy woordsoort bepaal:
o Baie mense het siek geword. (onbepaalde hooftelwoord; dui ʼn ongespesifiseerde hoeveelheid aan)
o Baie het siek geword. (onbepaalde voornaamwoord; tree in die plek van ʼn naamwoord op en funksioneer hier as subjek van die sin)
o Die leerders met covid het baie siek geword. (bywoord; is ʼn graadaanduiding by die adjektief siek)
Hoekom is dit belangrik om telwoorde te kan herken?
Baie van die reëls in die AWS verwys na woorde se woordsoort, en as ʼn mens dit nie kan herken nie, verstaan ʼn mens ook nie hoe die reël werk nie. As ʼn mens telwoorde kan herken, kan ʼn mens reëls soos die volgende korrek toepas:
· Telwoorde word gewoonlik los van die naamwoord geskryf (AWS 15.33), bv.: tien gevalle, die tiende geval, die soveelste geval, die helfte van die gevalle.
· Rangtelwoorde wat langs mekaar staan, kan vas of los geskryf word (AWS 15.33 (b), bv.: tweedelaaste of tweede laaste.
· Straatname waarin daar rangtelwoorde voorkom, kan vas of los geskryf word (AWS 15.35), bv.: Sewendelaan of Sewende Laan.
· Plekname met ʼn rangtelwoord as eerste element word vas geskryf (AWS 15.37), bv.: Eersterus.
· Plekname met ʼn hooftelwoord as eerste element en ʼn naamwoord in die meervoud word los geskryf (AWS 15.38), bv. Drie Susters, Twee Riviere.
· Plekname met ʼn hooftelwoord as eerste element en ʼn naamwoord in die enkelvoud word vas geskryf (AWS 15.39), bv. Sesriem, Driefontein.
· Die geheelpartikel al wat saam met ʼn telwoord optree, word los geskryf (AWS 15.40), bv. al honderd, al sewe en twintig, al twee.
· Maatbepalings waarin daar telwoorde optree en wat deur ʼn adjektief gevolg word, is los (AWS 15.42), bv.: twee maande lange, ses weke oue.
· Telwoorde kan in samestellende samestellings optree. Sulke samestellende samestellings word vas geskryf omdat die telwoord net op die eerste naamwoord van toepassing is, nie die hele samestelling nie (AWS 15.27), bv.: driesterhotel, vyfjaarplan.
· Samestellings waarin daar getalle voorkom, word met ʼn koppelteken vas geskryf. Sulke bousels kan baie kompleks raak en daarvoor het ʼn mens hoofstuk 7 van die AWS nodig. Die skryfwyse van samestellings soos o. 17A-rugbyspan en graad 5-klas word in dié hoofstuk bereël.
As jy nog inligting oor telwoorde benodig, kyk gerus in Taalonderrigportaal, of skakel met ons by taaladvies@viva-afrikaans.org. Ek en kollega dr Stefan van Zyl help graag.
VivA-groete
Sophia
'My experience with SAOU was outstanding. After months of struggle, they assisted me in obtaining my SACE certificate. Additionally, their thoughtful gesture of wishing me a happy birthday was particularly heartwarming.'
Keshia Erasmus
''Ons het gesukkel met 'n vakkeuse van 'n matriekleerling aan die begin van die jaar, aangesien haar ma verlede jaar die toestemmingsbrief na verkeerde e-pos gestuur het. Die departement het net volstrek geweier om haar vak te verander, al het sy al vir amper 'n kwartaal in die veranderde vak gesit. Ons het SAOU genader om hulp en dit was nie eers 'n paar dae nie toe kry ons die toestemmingsbrief vanaf die departement, vergesel met 'n verskoning.''
Lizé van Aswegen
''Flink diens. Akkurate inligting.'' Garetha
''Onderwerpe is spesifiek uniek, baie leersaam en word deur kundiges keurig aangebied.''
Gretie Luyt
''Best service and easy to find information. ''
Kgothatso Madibana
''My ervaring met SAOU is uitstekend tot dusver. Ek het aanlyn geregistreer en is bykans onmiddelik n lid.''
Janeke Jordaan
''Professional advice given and FAQ are very helpful. Staff knowledgeable and website insightful.''
Gregory McCullum
''Daar is dadelik aan my raad gegee.
Dokumentasie was vinnig aangestuur.
Andre Pretorius was vriendelik, bekwaam en van groot hulp met my probleem.''
Susan Jansen
''Excellent rating - For conducting the ongoing professional development workshops on content and on the
latest developments in education.
Continue with the excellent work.''
Molale DC
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat die webwerf verbruikers-vriendelik is en ek maklik kon aansluit by die unie. Ek is ook vinnig gehelp toe ek hoofkantoor gebêl het. ''
Jacomien Davidson
"Hiermee wil ek graag my dankbaarheid uitspreek vir die geleentheid wat ek ontvang het om saam met my gade die kongres te kon bywoon. Die ervaring was werklik spesiaal. Die absolute professionele voorbereiding ten opsigte van administrasie asook die persoonlike ingesteldheid teenoor die ontvangers van die toekennings was indrukwekkend. Baie dankie vir die erkenning van die werk wat opvoeders doen, dit skep nederige dankbaarheid vir die taak wat God aan my toevertrou het."
E Havenga
''The manner of questions are spot on and one can only hope responses will fast and reliable... New website is highly informative ''
ShamielITIO Mohamed
''Ek wil graag net persoonlik dankie se vir ''n wonderlike Saterdag. Dit was absoluut die moeite werd!
Julle verwelkoming, fantastiese sprekers, middagete, geskenkpakkie en nog 'n wegneem kospakkie was uit die boonste rakke. Dis n voorreg om lid van die SAOU te kan wees.
Dankie en sterkte vir dit waarvoor julle staan en die puik diens wat ons as lede ontvang.''
Sunet Sanders
''My ervaring met SAOU is uitstekend omdat - om dit sommer plein en reguit te sê - in al die jare wat ek SAOU opleidings bygewoon / (Zoom) was nie een ooit 'n mors van tyd nie. Dit is altyd baie insiggewend en interessant. Ek leer ongelooflik baie by die aanbiedings. Baie, baie dankie vir julle puik diens. Ek waardeer dit opreg. Somtyds is dit moeilik om alles ingepas te kry, om na die opleidings te luister maar ek probeer maar altyd 'n plan maak om dit by te woon. Gaan voort met die goeie werk! Baie dankie'' Mathilde van Niekerk
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat my vrae altyd vlugtig en deeglik beantwoord word. Ek voel vry om enige kwessie met die SAOU te bespreek en ek voel veilig sowel as beskermd wanneer ek kontak maak. Ek voel dat die SAOU as 'n uitstekende ondersteuningsnetwerk vir my dien en ek is nie seker dat ek onderwys, en die politiek daaragter, sou kon hanteer sonder 'n unie met wie ek so vertroud voel nie. Baie dankie!''
Karla du Toit
I got the answers to my questions and there was additional information I could browse on for more information.
Proudy Dlamini
Baie dankie vir alles wat julle alles vir my gedoen het hierdie jaar gedoen het .. al die dinge wat gesorteer het..al die help.. al die ondersteuning... Julle is puik...
Geniet julle vakansie!
Anneke Oberholzer
All Rights Reserved