Met die langnaweek in die truspieël het jy moontlik tyd met jou ander helfte / sielsgenoot / gesin of familie spandeer. Een van hierdie drie scenarios kan dalk jy wees:
Waar jy ook op hierdie tabel pas, ons almal het ʼn behoefte aan die nabyheid van ʼn gesin of ʼn familie. Ons wonder soms hoe ons met hierdie familie van ons moet omgaan en hoe ons hierdie uiters breekbare glasbal beskerm.
There’s nothing like family. The people we’re related to by blood and marriage are expected to be our closest allies, our greatest sources of love and support. Too often, however, our interactions with family are filled with misunderstanding and resentment, bickering and badgering. Those we should know and be known by best, end up feeling like adversaries or strangers. Family is where our first and strongest emotional memories are made, and that’s where they keep appearing. And this is why emotional intelligence (EQ) succeeds where other efforts at family harmony fail. Active awareness and empathy—the ability to be aware, accepting, and permanently attuned to ourselves and others—tells us how to respond to one another’s needs. https://www.helpguide.org/articles/mental-health/improving-family-relationships-with-emotional-intelligence.htm
Die eerste vraag is, wat is ‘n gesin? Is ‘n gesin noodwendig ‘n biologiese band? ‘n Familiestelsel bestaan gewoonlik uit interafhanklike individue. Die meeste van ons eerste verhoudings het in hierdie tipe stelsel ontstaan, dus is dit ook die stelsel waarin alles wat jy van verhoudings weet gesetel is: die goeie en die slegte, ook waar ons emosionele herinneringe gevorm word. Hierdie eerste verhouding bepaal ook hoe jou ander verhoudings sal lyk. As jy slegte ondervindings in hierdie aanvanklike verhouding gehad het, sal dit ook moeilik wees om aktiewe bewussyn en empatie aan ander te bewys. Dit beteken ongelukkig nie dat jy jou familie kan blameer vir wie jy vandag is nie.
Dit is ook belangrik om te weet dat ‘n naby verhouding nie noodwendig beteken dat jy en jou familielede presies dieselfde moet wees nie. ‘n Goeie familie verhouding kan baie positiewe waarde vir jou inhou en ‘n warm liefdevolle familie kan jou lewe volmaak. ‘n Volgende punt wat belangrik is, is dat al ken ons mekaar ‘n leeftyd lank beteken dit verseker nie dat ons mekaar verstaan nie. Ons verander konstant en jy is nie dieselfde as wat jy op 13 was nie. En die enigste oorlewing vir ons familie verhoudinge is om verandering aan te trek en te aanvaar. Twee aspekte wat enige familie verhouding bedreig is ‘n gebrek aan tyd en ‘n oormaat van emosionele herinneringe, wat hierdie verhouding negatief kan beïnvloed.
In ons huidige samelewing is daar min “tradisionele” families en die konsep van gesin het ook verander. Dit is daarom aanvaarbaar om te sê dat as jy nie ‘n biologiese gesin het nie, sou jy jou eie gesin kon bou – mense wat vir jou lief is en vir wie jy lief en sorgsaam kan wees. Jou selfbewussyn bepaal ook hoe jy in ‘n familie situasie sal reageer. As jy jouself ken, as jy weet hoe jy voel en hoekom jy op ‘n sekere wyse reageer, sal dit baie moeiliker wees om deur ander emosioneel gemanipuleer te word. Die teenkant is dan natuurlik ook as jy bewus is van jou eie emosies en reaksies is dit baie moeiliker om familie konflik op ander mense te blameer.
Die kern van gesins- of familie verhoudings is kwaliteit tyd. Dit is nie iets wat uitgestel moet word tot op ‘n unieke tyd nie, dit kan daaglikse interaksies wees, etes, die roete skool toe en terug. Dit is soms sinvol om tyd te “skeduleer” met jou gesin, net soos wat ons afsprake skeduleer en hou is afgespitste tyd met die gesin noodsaaklik. Die sleutel is egter om die selfone / iPad / TV en ander afleidings in hierdie tyd opsy te sit sodat daar sinvolle luister en kommunikasie kan plaasvind. Wanneer laas het jy sommer net PRET met jou gesin gehad? Dit is baie belangrik dat die tyd saam vir almal lekker moet wees en soos enige prestasie in sport neem dit baie oefening. Geen baba is ooit gebore met ʼn handleiding vir ouerskap nie en almal leer deur foute te maak. Nie twee gesinne of families is dieselfde nie en die grootste fout wat ʼn mens ooit kan maak is om jou man/vrou/kinders/ouers met ander te probeer vergelyk. Elkeen is uniek en verskil.
Dit is ook belangrik dat jou gesin of familie weet dat jy hulle waardeer. Dit is ook soms nodig om nie net te dink dat jou gesin weet hoe belangrik hulle vir jou is nie, maar dat jy dit ook vir hulle sê en wys. Die wedersydse ondersteuning van gesinslede is van onskatbare waarde – dit beteken dat ons saam dinge doen, belangstel in mekaar se idees en belange en dat ons dit met mekaar kan deel. Dit is dan ook nodig om “bewyse” van jou familie / gesin bymekaar te maak: foto’s, momento’s, stories, gemeenskaplike interne grappies wat vir julle betekenis het en wat spesiaal aan julle gesin / familie is. Soms is dit ook goed om uit ons gemaksone te beweeg en iets nuuts of anders te probeer.
Moenie wegskram van die “moeilike gesprekke” nie. As jou gesin nie met jou oor die moeilike goed kan praat nie, sal hulle iemand kry wat na hulle sal luister en soms is dit nie die uitlaat wat gesond is nie. ʼn Goue reël is: luister, vergewe en vergeet. Niks kan hierdie glasbal so maklik laat breek soos die ophaal van gebeure uit die verlede nie en dit neem julle verhouding ook nie vorentoe nie.
Emosionele intimiteit verseker dat jy jou gesin waardeer. Dit is regtig moeilik om soveel tyd met ‘n groep vreemdelinge te spandeer. Dit beteken dat jy met jouself moet begin deur eerlik en oop te wees, maar wat dan van die SKOONMA? Dit kan ook die skoonpa of suster of broer wees – aangetroude familie. Die vraag is hoe belangrik is hierdie verhouding vir jou? Dit sal bepaal hoeveel tyd en energie jy aan hierdie verhouding sal spandeer. Die belangrikste sleutel is: jy hoef nie van almal ewe veel te hou nie, maar dit beteken nie dat jy ongeskik moet wees nie; en om altyd getrou te wees aan jouself is kardinaal. Jou vermoë om met emosionele intelligensie verhoudinge te bestuur, kan ook in hierdie area van jou lewe positief gebruik word.
Vroeër in die jaar het ons oor Emosionele Intelligensie gepraat, hiermee net weer so ‘n kort opsomming:
Kommunikasie is die sleutel tot goeie familie / gesinsverhoudinge en dit is nooit te laat om hierdie verhouding in stand te hou nie.
10 High-EQ Tips for Improving Family Relationships
1. Take care of your health if you hope to take care of anyone else. The more demanding of your time your family is, the more you need to fit in exercise. Perhaps you and your family can seek out ways to exercise together.
2. Listen if you expect to be heard. Lack of communication is the loudest complaint in most families. The answer to “Why won’t they listen to me?” may be simply “You’re not listening to them.”
3. Teach emotional choice. Manage your moods by letting all feelings be OK, but not all behaviors. Model behavior that respects and encourages the feelings and rights of others yet make it clear that we have a choice about what to do with what we feel.
4. Teach generosity by receiving as well as giving. Giving and receiving are parts of the same loving continuum. If we don’t give, we find it hard to receive, and if we can’t receive, we don’t really have much to give. This is why selflessness carried to extremes is of little benefits to others.
5. Take responsibility for what you communicate silently. The very young and old are especially sensitive to nonverbal cues. More than our words, tone of voice, posture (body language), and facial expressions convey our feelings. We have to listen to our tone of voice and look at ourselves in pictures and in the mirror to assess our emotional congruency. Loving words coming through clenched teeth don’t feel loving—they feel confusing.
6. Don’t try to solve problems for your loved ones. Caring for your family doesn’t mean taking charge of their problems, giving unsolicited advice, or protecting them from their own emotions. Let them know their own strengths and allow them to ask you for what they need.
7. Make a lasting impression through actions. Your values will be communicated by your actions, no matter what you say. Be an example, not a nag.
8. Acknowledge your errors to everyone, including younger family members. Saying you’re sorry when you hurt someone you love, models humility and emotional integrity. You can demonstrate that no one is perfect, but everyone can learn at any age. Apologizing proves you can forgive yourself and makes it easier to forgive others.
9. Discover what each person’s unique needs are. You can’t assume that your grandmother needs the same signs of love as your three-year-old or that either one will have the same needs next year. When in doubt, ask!
10. Be generous in expressing love. Everyone in a family (especially young children) needs the emotional reassurance of loving words, gestures, and looks. Those who demand the least emotional attention may need it most.
Geniet jou tyd met jou nabymense – hulle is deel van jou menswees.
Groete
Maryna
'My experience with SAOU was outstanding. After months of struggle, they assisted me in obtaining my SACE certificate. Additionally, their thoughtful gesture of wishing me a happy birthday was particularly heartwarming.'
Keshia Erasmus
''Ons het gesukkel met 'n vakkeuse van 'n matriekleerling aan die begin van die jaar, aangesien haar ma verlede jaar die toestemmingsbrief na verkeerde e-pos gestuur het. Die departement het net volstrek geweier om haar vak te verander, al het sy al vir amper 'n kwartaal in die veranderde vak gesit. Ons het SAOU genader om hulp en dit was nie eers 'n paar dae nie toe kry ons die toestemmingsbrief vanaf die departement, vergesel met 'n verskoning.''
Lizé van Aswegen
''Flink diens. Akkurate inligting.'' Garetha
''Onderwerpe is spesifiek uniek, baie leersaam en word deur kundiges keurig aangebied.''
Gretie Luyt
''Best service and easy to find information. ''
Kgothatso Madibana
''My ervaring met SAOU is uitstekend tot dusver. Ek het aanlyn geregistreer en is bykans onmiddelik n lid.''
Janeke Jordaan
''Professional advice given and FAQ are very helpful. Staff knowledgeable and website insightful.''
Gregory McCullum
''Daar is dadelik aan my raad gegee.
Dokumentasie was vinnig aangestuur.
Andre Pretorius was vriendelik, bekwaam en van groot hulp met my probleem.''
Susan Jansen
''Excellent rating - For conducting the ongoing professional development workshops on content and on the
latest developments in education.
Continue with the excellent work.''
Molale DC
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat die webwerf verbruikers-vriendelik is en ek maklik kon aansluit by die unie. Ek is ook vinnig gehelp toe ek hoofkantoor gebêl het. ''
Jacomien Davidson
"Hiermee wil ek graag my dankbaarheid uitspreek vir die geleentheid wat ek ontvang het om saam met my gade die kongres te kon bywoon. Die ervaring was werklik spesiaal. Die absolute professionele voorbereiding ten opsigte van administrasie asook die persoonlike ingesteldheid teenoor die ontvangers van die toekennings was indrukwekkend. Baie dankie vir die erkenning van die werk wat opvoeders doen, dit skep nederige dankbaarheid vir die taak wat God aan my toevertrou het."
E Havenga
''The manner of questions are spot on and one can only hope responses will fast and reliable... New website is highly informative ''
ShamielITIO Mohamed
''Ek wil graag net persoonlik dankie se vir ''n wonderlike Saterdag. Dit was absoluut die moeite werd!
Julle verwelkoming, fantastiese sprekers, middagete, geskenkpakkie en nog 'n wegneem kospakkie was uit die boonste rakke. Dis n voorreg om lid van die SAOU te kan wees.
Dankie en sterkte vir dit waarvoor julle staan en die puik diens wat ons as lede ontvang.''
Sunet Sanders
''My ervaring met SAOU is uitstekend omdat - om dit sommer plein en reguit te sê - in al die jare wat ek SAOU opleidings bygewoon / (Zoom) was nie een ooit 'n mors van tyd nie. Dit is altyd baie insiggewend en interessant. Ek leer ongelooflik baie by die aanbiedings. Baie, baie dankie vir julle puik diens. Ek waardeer dit opreg. Somtyds is dit moeilik om alles ingepas te kry, om na die opleidings te luister maar ek probeer maar altyd 'n plan maak om dit by te woon. Gaan voort met die goeie werk! Baie dankie'' Mathilde van Niekerk
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat my vrae altyd vlugtig en deeglik beantwoord word. Ek voel vry om enige kwessie met die SAOU te bespreek en ek voel veilig sowel as beskermd wanneer ek kontak maak. Ek voel dat die SAOU as 'n uitstekende ondersteuningsnetwerk vir my dien en ek is nie seker dat ek onderwys, en die politiek daaragter, sou kon hanteer sonder 'n unie met wie ek so vertroud voel nie. Baie dankie!''
Karla du Toit
I got the answers to my questions and there was additional information I could browse on for more information.
Proudy Dlamini
Baie dankie vir alles wat julle alles vir my gedoen het hierdie jaar gedoen het .. al die dinge wat gesorteer het..al die help.. al die ondersteuning... Julle is puik...
Geniet julle vakansie!
Anneke Oberholzer
All Rights Reserved