NN 09/2024

SKOOLBEHEERLIGGAAM 

VERKIESINGS

Die SBL-verkiesings het sopas afgeskop. Die SAOU is verheug om te sien met hoeveel entoesiasme skoolgemeenskappe regoor die land die verskiesing benader. Dit is juis hierdie energie wat nodig sal wees in die komende weerstand teen die implementering van die BELA-wetsontwerp.

 

'n Sterk, goed funksionerende Skoolbeheerliggaam is een van die hoekstene van 'n vooruitstrewende skool, waar Skoolbestuur en Skoolbeheerliggaam in harmonie daarna streef om die beste onderwys aan die leerders in hul sorg te lewer.

 

Met dit alles in gedagte, wil die SAOU skole aanmoedig om voort te gaan met die pro-aktiewe bevordering van vrye en regverdige SBL-verkiesings op 'n wyse wat 'n gesonde demokratiese stelsel van skoolbestuur bevorder.

 

Dit is soms 'n fyn lyn om te loop, maar met oop kommunikasie oor die formele prosedure en 'n duidelike aanduiding van die skool se posisie in genoemde prosedure, sal dit haalbaar wees om 'n goed bestuurde- en suksesvolle verkiesing te verseker.

 

Die SAOU wens alle betrokkenes sterkte toe en hoop om die goed gevestigde vennootskap met ons bondgenote in die onderwys voort te sit. Met volgehoue toewyding, integriteit en deursigtigheid stel ons almal die standaard vir ons toekomstige geslagte om te sien en te volg.

SCHOOL GOVERNING BODY ELECTIONS

The SGB elections have just kicked off. The SAOU is delighted to see the enthusiasm with which school communities across the country approach the election. It is precisely this energy that will be needed in the coming resistance to the implementation of the BELA bill.

 

A strong, well-functioning School Governing Body is one of the cornerstones of a thriving school, where School Management and the School Governing Body strive in unison to deliver the best education to the learners in their care.

 

With all this in mind, the SAOU wishes to encourage schools to continue in pro-actively promoting free and fair SGB elections in a manner that is conducive to a healthy democratic system of school governance.

 

This is sometimes a thin line to walk, but with open communication regarding the formal procedure and a clear indication of the school’s position in said procedure, it will be tenable to ensure a well-run and successful election.

 

The SAOU wishes all involved the best and hope to continue the strong working partnership with our allies in education. With continued dedication, integrity and transparency we all set the standard for our future generations to see and follow.

by SAOU 16 Apr, 2024
NN 14/2024: In die Nasionale Nuusbrief 12/2024 (klik hier) is berig dat die 4,7% algemene salarisaanpassing m.i.v. 1 April 2024 geïmplementeer word.
Die huidige bevinding van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK)...
by SAOU 09 Apr, 2024
NN 13/2024: Die huidige bevinding van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) rakende geslaggebaseerde skooluniforms, het die debat oor diversiteit opnuut in skole laat opvlam.
More posts
Share by: