SALARISAANPASSING 2024

4,7%

NN 12/2024

Tydens ‘n spesiale vergadering van die SKBR (“PSCBC”) OP 19 Maart 2024 is die volgende besluite geneem:

  • Dat kennis geneem word van die wyse waarvolgens die salarisaanpassing vir staatsdienswerknemers volgens SKBR Resolusie 2 van 2023 miv 1 April 2024 bepaal word:
  • Dat die geprojekteerde VPI vir 2024/25 soos bepaal deur die Nasionale Tesourie as basis dien;
  • Dat die aanpassing tussen 4.5% en 6.5% kan wees. Indien die geprojekteerde VPI minder as 4.5% is, sal die aanpassing 4.5% wees en indien die geprojekteerde VPI meer as 6.5% is, sal die aanpassing 6.5% wees.
  • Die geprojekteerde VPI moes tydens die Minister van Finansies se begrotingsrede voorsien wees. Dit het nie gebeur nie.
  • Die Nasionale Tesourie het intussen die geprojekteerde VPI as 4.7% bepaal.
  • Daarom sal die algemene salarisaanpassing miv 1 April 2024, 4,7% wees.
  • Die Staat as werkgewer het onderneem om alles binne hulle vermoë te doen om miv 1 April die implementering te laat realiseer. Indien dit nie moontlik is nie, sal die SKBR vroegtydig in kennis gestel word.

 

Die SAOU sal die implementering van die proses nougeset moniteer en lede vroegtydig van enige probleme verwittig.

Sodra die amptelik opgedateerde salarissakale deur die DBO vrygestel word, sal dit aan lede beskikbaar gestel word.

LEDEGELDAANPASSING

Die Nasionale Uitvoerende Raad van die SAOU, die hoogste gesag tussen die driejaarlikse kongresse, het tydens die laaste vergadering goedgekeur dat die SAOU-ledegeld verhoog mag word ooreenkomstig die omvang van die algemene salarisaanpassing. Gevolglik sal die ledegeldverhoging miv 1 April 2024, 4,7% beloop.

 

Hierdie besluit is geneem teen die agtergrond dat die jaarlikse ledegeldverhogings sedert 2019 soos volg is:                    

Die ledegeld sal met ingang van 1 April 2024 verhoog met R5,38 per maand.

STAATSDIENS PENSIOENFONDS (GEPF)

KUBERAANVAL

Tydens dieselfde spesiale vergadering van die SKBR het die SAOU en al die ander staatsdiensvakbonde geëis dat die ernstige situasie rondom die kuberaanval op die Staatspensioenadministrasie-agentskap ("GPAA") uitge-klaar word.

 

In die afwesigheid van GPAA het die amptenare van die GEPF soos volg gerapporteer:

  • Die pensioenvoordele van lede van die GEPF is veilig;
  • Omdat die GPAA gedwing was om hul stelsels te sluit, is vertragings van die pensioenadministrasie miv 16 Februarie 2024 ervaar;
  • Die agterstande sal so spoedig moontlik hanteer word; en
  • Die onomwonde versekering is gegee dat die huidige pensioenarisse hul pensioen vir Februarie en Maart ontvang het en dat geen probleme vir April verwag word nie.

 

Die SKBR (“PSCBC”), wat die werkgewer, die GEPF sowel as die vakbonde ingesluit het, het eenparig besluit dat die GPAA opdrag gegee word om op 26 Maart 2024 volledig by die PSCBC aan te meld.

 

Die onaanvaarbare houding van die GPAA om nie beskikbaar te wees nie en nie die SKBR te respekteer nie, word in 'n ernstige lig beskou. Sodra meer inligting in hierdie verband beskikbaar is, sal lede dienooreenkomstig in kennis gestel word.

NASIONALE GESONDHEIDVERSEKERING (NGV)

FEDUSA, die vakbondfederasie waarby die SAOU geaffilieër is, het 'n regsmening bekom oor twee aspekte wat vir die SAOU van groot belang is:

  • Die moontlikheid dat GEMS se reserwefonds (25% van die totale jaarlikse premies) op beslag gelê kan word om die NGV te help finansier; en
  • Die status van die werkgewer se maandelikse mediese subsidie aan werknemers as 'n diensvoordeel en diensvoorwaarde.

 

Ingevolge die regsmening kan die volgende aan lede gerapporteer word:

  • Die Staat mag nie eensydig beslag lê op die reserwefonds van GEMS synde dit aan die lede van GEMS behoort aangesien elke lid dit prorata befonds het; en
  • Dat die werkgewersubsidie ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge as 'n diensvoordeel en diensvoorwaarde beskou word en nie eensydig gewysig mag word nie.

SALARY ADJUSTMENT 2024

4,7%

During a special meeting of the PSCBC on 19 March 2024, the following was resolved:

  • To note the methodology according to which the salary adjustment for public service employees wef 
    1 April 2024 must be determined in terms of PSCBC Resolution 2 of 2023:
  • That the projected CPI for 2024/25 as determined by National Treasury will serve as a basis;
  • That the adjustment will be between 4.5% and 6.5%. If the projected CPI is less than 4.5%, the adjustment will be 4.5% and if the projected CPI is more than 6.5%, the adjustment will be 6.5%.
  • The projected CPI should have been provided during the Minister of Finance's budget speech. That didn't happen.
  • The National Treasury has since then determined the projected CPI as 4.7%.
  • Therefore, the general salary adjustment will be 4.7% wef 1 April 2024.
  • The State as employer undertook to do everything within their power to ensure implementation wef 
    1 April. If this is not possible, the PSCBC will be notified in advance.

 

The SAOU will closely monitor the implementation of the process and inform members of any problems in a timely manner. As soon as the officially updated salary scales are released by the DBE, they will be made available to members.

MEMBERSHIP FEE INCREASE

The National Executive Council of the SAOU, the highest authority between the triennial congresses, approved during its last meeting that the SAOU membership fee may be increased in accordance with the extent of the general salary adjustment. Accordingly, the membership fee increase wef 1 April 2024 will be 4.7%.

 

This decision was taken against the background that the annual membership fee increases since 2019 are as follows:  

The membership fee increases with R5,38 per month with effect from 1 April 2024.

GOVERNMENT EMPLOYEES PENSION FUND (GEPF) CYBER ATTACK

During the same special meeting of the PSCBC, the SAOU and all the other public service unions demanded that the serious situation surrounding the cyberattack on the Government Pension Administration Agency ("GPAA") be clarified.

 

In the absence of GPAA, the officials of the Government Employees Pension Fund ("GEPF") reported as follows:

  • The pension benefits of members of the GEPF are safe;
  • Due to the GPAA being forced to shut down their systems, delays of the pension administration wef 16 February 2024 were experienced;
  • The backlog that is experienced will be dealt with expeditiously; and
  • The unequivocal assurance was given that the current pensioners had received their pension for February and March and that no problems were expected for April.

 

The PSCBC, which included the employer, the GEPF as well as the trade unions, unanimously resolved that the GPAA be instructed to report in full to the PSCBC on 26 March 2024.

 

The unacceptable attitude of the GPAA to be unavailable and not to respect the PSCBC is viewed in a serious light. As soon as more information in this regard is available, members will be informed accordingly.

NATIONAL HEALTH

INSURANCE (NHI) 

FEDUSA, the trade union federation to which the SAOU is affiliated, obtained a legal opinion regarding two aspects that are of great concern to the SAOU:

  • The possibility that GEMS's reserve fund (25% of total annual premiums) could be seized in order to help fund the NHI; and
  • The status of the employer's monthly medical subsidy as a service benefit and condition of employment.

 

In accordance with the legal opinion, the following can be reported to members:

  • The State may not unilaterally seize the reserve fund of GEMS as it belongs to the members of GEMS as each member has funded it prorata; and
  • That the employer subsidy is regarded as an employment benefit and condition of employment in accordance with the Labour Relations Act and may not be amended unilaterally.
by SAOU 16 Apr, 2024
NN 14/2024: In die Nasionale Nuusbrief 12/2024 (klik hier) is berig dat die 4,7% algemene salarisaanpassing m.i.v. 1 April 2024 geïmplementeer word.
Die huidige bevinding van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK)...
by SAOU 09 Apr, 2024
NN 13/2024: Die huidige bevinding van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) rakende geslaggebaseerde skooluniforms, het die debat oor diversiteit opnuut in skole laat opvlam.
More posts
Share by: