Indien u gaan deelneem, en nog nie u naam deurgegee het nie, registreer asb. hieronder sodat ons u kan inreken in ons getalle om u te akkommodeer. Trek asb. blou aan om SAOU te ondersteun. Persone wat reeds op 22 Oktober geregistreer het, het in aanmerking gekom vir die SAOU T-hemp en sal dit ontvang by die SAOU se stalletjie.
Diegene wat te ver bly om deel te neem of ander verpligtinge het en nie kan meemaak aan die protesoptog nie, kan hul ondersteuning toon deur steeds blou aan te trek, en foto’s te stuur vir ons sosiale media veldtog.a
Stuur asb. u foto’s met u skool se naam na josievdb@saou.co.za of plaas dit self op sosiale media – gebruik die #BELAPROTEST
We invite all SAOU members and interested parties to join us in the protest march on 5 November, alongside SAOU and 50 other organisations.
If you plan to participate and haven’t yet registered, please do so by registering below. This will allow us to count you in and make necessary arrangements. Wear blue to show your support for SAOU. Those who registered by 22 October will receive an SAOU T-shirt, which can be collected at the SAOU stall.
If you are unable to attend due to distance or other responsibilities, you can still show your support by wearing blue and sending photos for our social media campaign. Please email your photos, along with your school’s name, to josievdb@saou.co.za, or post them on social media using the hashtag #BELAPROTEST.
Datum:
5 November 2024
Venue:
Voortrekkermonument
Aankoms: 08:00
Program begin: 09:00
Stap van Voortrekkermonument na Freedom Park: 10:00 (voorlopig)
Kleredrag: SAOU T-hemp en SAOU-pet wat gedra kan word. Indien u te laat registreer ondersteun SAOU asseblief deur blou te dra.
Skoene:
Gemaklike stapskoene
Parkering: Gratis en veilige parkering op Voortrekkermonument se terrein beskikbaar
Date:
5 November 2024
Venue:
Voortrekker Monument
Arrival time: 08:00
Programme starts: 09:00
Walk from Voortrekker Monument to Freedom Park: 10:00 (provisionally)
Attire: SAOU T-shirt and cap. If you register later, please support SAOU by wearing blue.
Footwear:
Comfortable walking shoes
Parking:
Free and secure parking will be available at the Voortrekker Monument
Die SAOU is reeds sedert 2017 intens betrokke by die wysigings aan die BELA-wet en het groot suksesse behaal met die insette wat gelewer is. Die implementering van klousules 4 en 5 wat verwys na die toelating- en taalbeleid in skole is nog nie geïmplementeer nie en is met ‘n verder drie maande uitgestel vir konsultasie met die regering.
Die SAOU glo steeds in ‘n politieke oplossing as eerste prys, maar sal graag alle moontlike aksies wil ontgin om die regering van die dag te oortuig dat die voorgestelde wysigings rakende toelating- en taalbeleid nie beste is soos dit tans daaruit sien nie.
Die Nasionale Dagbestuur van die SAOU het dus op 18 Oktober 2024 eenparig besluit dat die Nasionale Uitvoerende Raad van die SAOU, lede by die BELA-optog wat vir 5 November 2024 beplan word, sal verteenwoordig.
Indien u as lid wil inskakel by die beoogde aksie van 5 November 2024, beveel ons u aan om ‘n dag onbetaalde verlof te neem en die aksie te ondersteun.
Indien u van voorneme is om deel te neem, registreer by die skakel hieronder. SAOU dra die 5de BLOU! Vir die eerste honderd SAOU-lede wat registreer, sal daar ‘n gratis t-hemp en pet wees, wat afgehaal kan word by die SAOU se stalletjie.
Kom ons vat hande en verseker dat die SAOU se stem so goed as moontlik hoorbaar gaan wees.
Kom ons wys dat die SAOU dié verandering in die onderwys is.
TThe SAOU has been actively involved in the amendments to the BELA Act since 2017 and has achieved significant progress through its contributions. The implementation of clauses 4 and 5, which pertain to school admissions and language policy, has been delayed for an additional three months to allow for further consultation with the government.
The SAOU remains committed to seeking a political solution as its first priority but is also exploring all possible actions to convince the government that the proposed changes to the admission and language policies are not ideal in their current form.
On 18 October 2024, the SAOU's National Standing Committee unanimously resolved that the National Executive Council will represent members at the BELA protest march scheduled for 5 November 2024.
If, as a member, you wish to participate in the planned action on 5 November, you will have to take a day's unpaid leave to support the cause. To join, please register using the link below. On 5 November, SAOU members will wear BLUE! The first 100 members to register will receive a free t-shirt and cap, which can be collected from the SAOU stall.
Let's unite and make sure the SAOU's voice is heard loud and clear. Together, we can demonstrate that the SAOU is driving change in education.
WAT Sê DIE SAOU OOR BELA | WHAT DOES THE SAOU SAY ABOUT BELA?
Mediaverklaring | Media Statement 28/11/2024
SAOU repliek op BELA wysiging | SAOU response to amendment of BELA
BELA is goedgekeur, wat nou? | BELA has been approved, what now?
Waar staan ons met BELA? | Where do we stand with BELA?
BELA kommentaar: oproep tot aksie | BELA submissions: call to action
'My experience with SAOU was outstanding. After months of struggle, they assisted me in obtaining my SACE certificate. Additionally, their thoughtful gesture of wishing me a happy birthday was particularly heartwarming.'
Keshia Erasmus
''Ons het gesukkel met 'n vakkeuse van 'n matriekleerling aan die begin van die jaar, aangesien haar ma verlede jaar die toestemmingsbrief na verkeerde e-pos gestuur het. Die departement het net volstrek geweier om haar vak te verander, al het sy al vir amper 'n kwartaal in die veranderde vak gesit. Ons het SAOU genader om hulp en dit was nie eers 'n paar dae nie toe kry ons die toestemmingsbrief vanaf die departement, vergesel met 'n verskoning.''
Lizé van Aswegen
''Flink diens. Akkurate inligting.'' Garetha
''Onderwerpe is spesifiek uniek, baie leersaam en word deur kundiges keurig aangebied.''
Gretie Luyt
''Best service and easy to find information. ''
Kgothatso Madibana
''My ervaring met SAOU is uitstekend tot dusver. Ek het aanlyn geregistreer en is bykans onmiddelik n lid.''
Janeke Jordaan
''Professional advice given and FAQ are very helpful. Staff knowledgeable and website insightful.''
Gregory McCullum
''Daar is dadelik aan my raad gegee.
Dokumentasie was vinnig aangestuur.
Andre Pretorius was vriendelik, bekwaam en van groot hulp met my probleem.''
Susan Jansen
''Excellent rating - For conducting the ongoing professional development workshops on content and on the
latest developments in education.
Continue with the excellent work.''
Molale DC
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat die webwerf verbruikers-vriendelik is en ek maklik kon aansluit by die unie. Ek is ook vinnig gehelp toe ek hoofkantoor gebêl het. ''
Jacomien Davidson
"Hiermee wil ek graag my dankbaarheid uitspreek vir die geleentheid wat ek ontvang het om saam met my gade die kongres te kon bywoon. Die ervaring was werklik spesiaal. Die absolute professionele voorbereiding ten opsigte van administrasie asook die persoonlike ingesteldheid teenoor die ontvangers van die toekennings was indrukwekkend. Baie dankie vir die erkenning van die werk wat opvoeders doen, dit skep nederige dankbaarheid vir die taak wat God aan my toevertrou het."
E Havenga
''The manner of questions are spot on and one can only hope responses will fast and reliable... New website is highly informative ''
ShamielITIO Mohamed
''Ek wil graag net persoonlik dankie se vir ''n wonderlike Saterdag. Dit was absoluut die moeite werd!
Julle verwelkoming, fantastiese sprekers, middagete, geskenkpakkie en nog 'n wegneem kospakkie was uit die boonste rakke. Dis n voorreg om lid van die SAOU te kan wees.
Dankie en sterkte vir dit waarvoor julle staan en die puik diens wat ons as lede ontvang.''
Sunet Sanders
''My ervaring met SAOU is uitstekend omdat - om dit sommer plein en reguit te sê - in al die jare wat ek SAOU opleidings bygewoon / (Zoom) was nie een ooit 'n mors van tyd nie. Dit is altyd baie insiggewend en interessant. Ek leer ongelooflik baie by die aanbiedings. Baie, baie dankie vir julle puik diens. Ek waardeer dit opreg. Somtyds is dit moeilik om alles ingepas te kry, om na die opleidings te luister maar ek probeer maar altyd 'n plan maak om dit by te woon. Gaan voort met die goeie werk! Baie dankie'' Mathilde van Niekerk
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat my vrae altyd vlugtig en deeglik beantwoord word. Ek voel vry om enige kwessie met die SAOU te bespreek en ek voel veilig sowel as beskermd wanneer ek kontak maak. Ek voel dat die SAOU as 'n uitstekende ondersteuningsnetwerk vir my dien en ek is nie seker dat ek onderwys, en die politiek daaragter, sou kon hanteer sonder 'n unie met wie ek so vertroud voel nie. Baie dankie!''
Karla du Toit
I got the answers to my questions and there was additional information I could browse on for more information.
Proudy Dlamini
Baie dankie vir alles wat julle alles vir my gedoen het hierdie jaar gedoen het .. al die dinge wat gesorteer het..al die help.. al die ondersteuning... Julle is puik...
Geniet julle vakansie!
Anneke Oberholzer
All Rights Reserved