DIE TWEEPOT-STELSEL: IS DAAR REDE VIR PANIEK?
Op 21 Julie 2024 het die Staatspresident die Pensioenfonds se Wysigingswetsontwerp as wet onderteken. Dit beteken dat die sogenaamde tweepot-stelsel nou amptelik is. Ons wil graag 'n paar bekommernisse wat deur lede geopper is, uitklaar.
Wat is die tweepot-aftreestelsel?
“Hierdie bedeling gee lede van aftreefondse toegang tot aftreespaargeld sonder om te bedank of volle pensioenfondse uit te betaal,” het die presidensie in 'n verklaring gesê. Met ander woorde, dit stel lede in staat om voor aftrede gedeeltelike onttrekkings uit aftreespaargeld te maak, terwyl 'n gedeelte bewaar word wat slegs by aftrede verkrygbaar is.
Die hervorming sal op 1 September 2024 in werking tree.
Waarom is die tweepot-stelsel ingestel?
In baie gevalle is aftreefondse die enigste spaarfondse wat lede het. Onder die huidige stelsel bedank sommige lede ten einde toegang tot hul aftreefonds spaargeld te kry om skuld te delg, wat nadelig is uit 'n ekonomiese, finansiële beplannings- en aftreevoorsieningoogpunt. Die tweepot-stelsel is bedoel om langtermyn-aftreespaargeld te ondersteun, terwyl dit lede toegang tot 'n gedeelte van hul aftreespaargeld gee sou hulle in finansiële nood verkeer.
Dit is raadsaam dat lede die spaarkomponent spaarsamig gebruik en slegs wanneer daar 'n ernstige behoefte is.
Sal die tweepot-stelsel ook werknemers van beheerliggame en onafhanklike skole raak?
Ja. Dit sal van toepassing wees op alle aftreefondse. Indien u dus bydra tot 'n ander pensioenfonds as die GEPF, sal die stelsel ook op u van toepassing wees.
Hoe sal dit werk?
Wanneer die tweepot-stelsel in werking tree, sal drie verskillende, sogenaamde komponente (potte) geskep word. Dit is 'n spaarkomponent (pot), 'n aftreekomponent (pot) en 'n gevestigde komponent (pot).
U opgehoopte aftreespaargeld tot en met 31 Augustus 204 sal in, wat die gevestigde pot genoem word, omkraal word.
Hierdie pot sal na daardie datum geen verdere bydraes ontvang nie, afgesien van rente wat verdien is. Die volle waarde van die gevestigde pot sal by aftrede of bedanking uitbetaal word, ongeag wanneer dit mag wees.
Vanaf 1 September 2024 sal slegs die spaar- en aftreepotte aftreebydraes ontvang. Twee derdes van u bydraes gaan na die aftreepot, terwyl een derde na die spaarpot gaan. Die spaarkomponent sal enige tyd toeganklik wees, maar onttrekkings moet 'n minimum van R2 000 wees en slegs een onttrekking mag in 'n belastingjaar gemaak word. Die bedrag wat onttrek word, sal teen die individu se marginale belastingkoers belas word. Daar is geen maksimum onttrekkingsperking op die spaarkomponent nie, behalwe vir die eerste jaar (2024) wanneer dit tot R30 000 of 10% van die gevestigde pot tot 'n maksimum van R30 000, beperk word.
Ek het eers ná 1 September 2024 tot GEPF begin bydra. Sal ek ook 'n gevestigde pot hê?
Nee. Slegs lede wat voor 1 September 2024 tot GEPF bygedra het, sal fondse beskikbaar hê om in 'n gevestigde pot omkraal te word.
Kan ek onmiddellik na 1 September 2024 toegang tot my spaarpot kry?
Nee. Die GEPF sal die eisproses kommunikeer nadat die nodige veranderinge aan die GEPF-reëls aangebring is.
Wat sal na 1 September 2024 aan my uitbetaal word by aftrede?
By aftrede sal die spaarpot wat een derde van u aftreefonds is, as 'n enkelbedrag uitbetaal word. Die oorblywende twee derdes in u aftreepot sal as maandelikse paaiemente betaal word.
Indien ek ná 1 September 2024 voor my aftree-ouderdom bedank, wat sal aan my betaal word?
U sal slegs die balans van die gevestigde en spaarpotte as kontantvoordeel betaal word. Die balans van die aftreepot sal binne die fonds bly, of dit kan na 'n ander goedgekeurde fonds oorgedra word, met die beperking dat jy eers toegang tot hierdie fondse sal kan kry sodra jy aftree-ouderdom bereik het.
'n Enkelbedragbetaling sal onderhewig wees aan belasting. Indien fondse na 'n aftreefonds oorgedra word, sal die oordrag nie onderhewig wees aan belasting nie.
Is iemand uitgesluit van die tweepot-aftreestelsel?
Ja. Huidige pensionarisse word uitgesluit aangesien hulle reeds hulle voordele ontvang het. Lede van voorsorgfondse wat 55 jaar of ouer is en steeds werksaam is sal nie ingesluit word nie, maar kan ’n keuse uitoefen om deel te neem, al dan nie.
PAAR ALGEMENE BEKOMMERNISSE
Sal die implementering van die tweepot-stelsel my pensioendraende diensjare verminder?
Beslis nie. Logies gesproke, as u voor aftrede geld uit u aftreefonds onttrek, sal dit noodwendig 'n negatiewe invloed op die aktuariële waarde van die fonds hê. U kan nie by aftrede aanspraak maak op gelde wat u voorheen onttrek het nie.
Elke keer as u toegang tot u spaarvoordeel kry, sal die beskikbare bedrag om u met aftrede van 'n inkomste te voorsien, verminder word. Daarbenewens sal die spaaronttrekkingsvoordeel teen u marginale koers belas word en het dit die potensiaal om u in 'n hoër belastingkerf te plaas, afhangend van u inkomste en die waarde van die onttrekking.
Wat gebeur met die geld in my spaarpot as ek kies om nie daaruit te onttrek nie?
Met aftrede sal die volle waarde van die spaarpot as 'n enkelbedrag uitbetaal word. Belasting sal volgens die aftree-enkelbedragbelastingtabel van die enkelbedrag afgetrek word.
As ek na 1 September 2024 aftree-ouderdom bereik en wil aftree, wat sal aan my uitbetaal word?
U spaarpot sal as 'n enkelbedrag aan u uitbetaal word. Die oorblywende twee derdes in u aftreepot sal in maandelikse pensioenuitbetalings aan u betaal word. U sal volle toegang hê tot al u potte (gevestigde, spaargeld en aftrede) volgens die voorgeskrewe reëls.
Wat as ek skei?
Egskeidingsbevele kan tans teen 'n lid se aftreespaargeld toegepas word en dit verander nie in die tweepot-stelsel nie. Die eis sal pro-rata oor al die potte uitgevoer word. Gades kan kies om hul deel van al drie potte as 'n enkelbedragbetaling te ontvang of kies om dit na hul onderskeie aftreefondse oor te dra.
Wat gebeur as ek emigreer?
'n Lid sal toegang hê tot die saldo's in die gevestigde pot en die spaarpot op die datum van emigrasie, maar aftreepotfondse sal eers na 'n tydperk van drie jaar ná emigrasie toeganklik wees.
Is die tweepot-stelsel van toepassing op lede wat tans op pensioen is?
Nee, hul voordele sal nie geraak word nie.
Lede sal op hoogte gehou word soos enige nuwe verwikkelinge ontvou. Moet asseblief nie huiwer om u provinsiale SAOU-kantoor te kontak vir meer inligting nie.
'My experience with SAOU was outstanding. After months of struggle, they assisted me in obtaining my SACE certificate. Additionally, their thoughtful gesture of wishing me a happy birthday was particularly heartwarming.'
Keshia Erasmus
''Ons het gesukkel met 'n vakkeuse van 'n matriekleerling aan die begin van die jaar, aangesien haar ma verlede jaar die toestemmingsbrief na verkeerde e-pos gestuur het. Die departement het net volstrek geweier om haar vak te verander, al het sy al vir amper 'n kwartaal in die veranderde vak gesit. Ons het SAOU genader om hulp en dit was nie eers 'n paar dae nie toe kry ons die toestemmingsbrief vanaf die departement, vergesel met 'n verskoning.''
Lizé van Aswegen
''Flink diens. Akkurate inligting.'' Garetha
''Onderwerpe is spesifiek uniek, baie leersaam en word deur kundiges keurig aangebied.''
Gretie Luyt
''Best service and easy to find information. ''
Kgothatso Madibana
''My ervaring met SAOU is uitstekend tot dusver. Ek het aanlyn geregistreer en is bykans onmiddelik n lid.''
Janeke Jordaan
''Professional advice given and FAQ are very helpful. Staff knowledgeable and website insightful.''
Gregory McCullum
''Daar is dadelik aan my raad gegee.
Dokumentasie was vinnig aangestuur.
Andre Pretorius was vriendelik, bekwaam en van groot hulp met my probleem.''
Susan Jansen
''Excellent rating - For conducting the ongoing professional development workshops on content and on the
latest developments in education.
Continue with the excellent work.''
Molale DC
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat die webwerf verbruikers-vriendelik is en ek maklik kon aansluit by die unie. Ek is ook vinnig gehelp toe ek hoofkantoor gebêl het. ''
Jacomien Davidson
"Hiermee wil ek graag my dankbaarheid uitspreek vir die geleentheid wat ek ontvang het om saam met my gade die kongres te kon bywoon. Die ervaring was werklik spesiaal. Die absolute professionele voorbereiding ten opsigte van administrasie asook die persoonlike ingesteldheid teenoor die ontvangers van die toekennings was indrukwekkend. Baie dankie vir die erkenning van die werk wat opvoeders doen, dit skep nederige dankbaarheid vir die taak wat God aan my toevertrou het."
E Havenga
''The manner of questions are spot on and one can only hope responses will fast and reliable... New website is highly informative ''
ShamielITIO Mohamed
''Ek wil graag net persoonlik dankie se vir ''n wonderlike Saterdag. Dit was absoluut die moeite werd!
Julle verwelkoming, fantastiese sprekers, middagete, geskenkpakkie en nog 'n wegneem kospakkie was uit die boonste rakke. Dis n voorreg om lid van die SAOU te kan wees.
Dankie en sterkte vir dit waarvoor julle staan en die puik diens wat ons as lede ontvang.''
Sunet Sanders
''My ervaring met SAOU is uitstekend omdat - om dit sommer plein en reguit te sê - in al die jare wat ek SAOU opleidings bygewoon / (Zoom) was nie een ooit 'n mors van tyd nie. Dit is altyd baie insiggewend en interessant. Ek leer ongelooflik baie by die aanbiedings. Baie, baie dankie vir julle puik diens. Ek waardeer dit opreg. Somtyds is dit moeilik om alles ingepas te kry, om na die opleidings te luister maar ek probeer maar altyd 'n plan maak om dit by te woon. Gaan voort met die goeie werk! Baie dankie'' Mathilde van Niekerk
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat my vrae altyd vlugtig en deeglik beantwoord word. Ek voel vry om enige kwessie met die SAOU te bespreek en ek voel veilig sowel as beskermd wanneer ek kontak maak. Ek voel dat die SAOU as 'n uitstekende ondersteuningsnetwerk vir my dien en ek is nie seker dat ek onderwys, en die politiek daaragter, sou kon hanteer sonder 'n unie met wie ek so vertroud voel nie. Baie dankie!''
Karla du Toit
I got the answers to my questions and there was additional information I could browse on for more information.
Proudy Dlamini
Baie dankie vir alles wat julle alles vir my gedoen het hierdie jaar gedoen het .. al die dinge wat gesorteer het..al die help.. al die ondersteuning... Julle is puik...
Geniet julle vakansie!
Anneke Oberholzer
All Rights Reserved