SOSIALE MEDIA:
DIE WOLF IN SKAAPSKLERE
Sosiale media het 'n integrale deel van ons daaglikse lewe geword, met miljoene mense wat sosiale media-platforms gebruik om met vriende, familie, kollegas, kliënte en leerders kontak te maak.
In die onderwys milieu het sosiale media-platforms egter ook 'n belangrike hulpmiddel geword vir aanlyn kommunikasie, betrokkenheid, sowel as vir die vinnige en maklike digitale verspreiding van inligting.
Die aanloklikheid van hierdie platforms is gegrond op die handige funksies soos die deel van foto's, video's, dokumentasie en inligting, terwyl dit ook kommunikasie met ander in die sosiale netwerk toelaat.
Dit is egter van kardinale belang vir opvoeders om te besef dat agter hierdie skynbare handige platforms skuil daar enorme gevaar. Gevolglik is die bekende idioom van “'n wolf in skaapsklere” direk van toepassing. Opvoeders moet besef dat sosiale media is iets wat as bedrieglik en gevaarlik beskou en benader moet word.
Dit is dus vir die SAOU belangrik om opvoeders goed bewus en waaksaam te maak teen die gevare wat die gebruik van hierdie platforms inhou. Die bewusmaking is gegrond op die kommerwekkende tendens van dissiplinêre verrigtinge wat teen opvoeders ingestel word weens wangedrag in verband met die gebruik van sosiale media in verhouding met leerders en kollegas.
Belangrike begrip rakende die gebruik van sosiale media
In onlangse studies is bevind dat 63,7% van die wêreldbevolking sosiale media-gebruikers is.
Dit is ook belangrik om daarop te let dat hierdie statistieke verder aandui dat gebruikers nie net van 'n enkele platform gebruik maak nie. Gemiddelde gebruikers versprei nou hul digitale voetspoor oor ʼn verbysterende ses tot sewe platforms.
Indien die risiko’s verbonde aan die gebruik van sosiale media in ag geneem word, beteken dit dat gebruikers nou ʼn uitgebreide omvang van moontlike risiko’s het.
Wat kwalifiseer as sosiale media?
Die definisie van sosiale media in die Oxford-woordeboek lui as volg:
"webwerwe en toepassings wat gebruikers in staat stel om inhoud te skep en te deel of om aan sosiale netwerke deel te neem".
Van die bekendste platforms sluit WhatsApp, Facebook, TikTok, Instagram, Facebook Messenger, Twitter/X, Telegram en Snapchat in.
Bestaan daar 'n wanpersepsie rondom sosiale media en hoe dit verband hou met die werkplek?
Die algemene wanpersepsie is dat opvoeders aanvaar dat hul sosiale netwerkplatforms persoonlik en privaat is en nie verband hou met hul werkgewers nie. Die veronderstelling word gemaak dat beskerming in plek is as gevolg van die skeiding tussen werk en persoonlike lewe, sowel as hul regte op vryheid van uitdrukking, assosiasie en privaatheid.
Die werklikheid is egter dat gevalle van onprofessionele gedrag en wangedrag deur opvoeders in verband met hul sosiale media gebruik, inderdaad onderhewig is aan vervolging.
Wat is die moontlike vorme van wangedrag op sosiale media waaraan opvoeders hul skuldig kan maak?
Wat is die moontlike implikasies van oortredings op sosiale media vir opvoeders?
Die relevante wetgewing in hierdie verband sluit in:
Opvoeders se gebruik van sosiale media moet binne die bepalings wees en aan die bogenoemde wetgewing en Kode vir Professionele Etiek voldoen. Die versuim om daaraan te voldoen, kan verreikende implikasies en gevolge hê. Afhangende van die omstandighede en meriete van elke geval, kan dit die volgende insluit:
In die meeste gevalle sal onprofessionele gedrag ook wangedrag en in sommige gevalle selfs 'n siviele of kriminele oortreding uitmaak. Die onprofessionele gedrag sal deur SARO en die wangedrag deur die werkgewer (Departement of SBL) ondersoek en hanteer word.
In lig van die Hoogste Hof van Appèl se beslissing in die Media 24 v SA Taxi Securitisation-saak is die volgende bepaal:
" It is trite that not only private individuals, but also legal persona have a right to their good name and unimpaired reputation and that the dignitas of companies can also be infringed."
Gevolglik is die openbare beeld en reputasie van 'n skool beskermingswaardig. Vergoeding kan geëis word vir skade wat aan die skool se reputasie aangerig is.
Skoolbestuur moet egter daarvan bewus wees dat daar 'n gemeenregtelike las op werkgewers geplaas word deur hul aanspreeklikheid vir die delikte van hul werknemers. Indien diskriminasie, haatspraak, teistering, skending van privaatheid of laster via sosiale media ʺgedurende die verloop en omvang van indiensneming” plaasgevind het, kan die werkgewer middellik aanspreeklik gehou word. Dit sluit selfs gevalle in waar die onregmatige gedrag van die werknemer buite die werkplek plaasgevind het. Daar moet egter objektief bevind word dat daar 'n voldoende noue verband tussen die werknemer se optrede en die doel en besigheid van die werkgewer is.
Die moontlikheid bestaan ook dat indien wangedrag op sosiale media aan die kant van die departement of skool as staatsorgane, ʼn versuim in hul grondwetlike plig om regte te respekteer, te beskerm, te bevorder en na te kom hulle direk aanspreeklik gehou kan word.
Hoe kan opvoeders die slaggate vermy wat die gebruik van sosiale media potensieel gevaarlik maak?
In die joernaal artikel ‘Teacher Professionalization in the Age of Social Networking Sites: Identifying Major Tensions and Dilemmas’ deur Kimmons en Veletsianos (2015), is die volgende stelling gemaak:
“The reality of the situation is that teachers cannot afford to lead the same lives that many other professionals can.”
Dit is 'n geweldige uitdaging wat opvoeders in die gesig staar en skole moet optree om hul leerders en personeellede te beskerm. Daar is ook diepgaande voordele verbonde aan die gebruik van sosiale media-platforms as 'n metode om skool- en onderriggebaseerde inligting te kommunikeer. Deur duidelike riglyne, reëls en beleide in plek te hê, sal dit help om 'n verantwoordelike sosiale media-klimaat vir opvoeders te skep.
Indien jy twyfel of vrae het oor die onderwerp, moet asseblief nie huiwer om jou provinsiale SAOU-kantoor of die SAOU Regsafdeling te kontak nie.
SOCIAL MEDIA:
THE WOLF IN SHEEP’S CLOTHING
Important understanding regarding the use of social media
Recent studies have found that 63.7% of the world's population are social media users.
What qualifies as social media?
The definition for social media in the Oxford dictionary reads as follows:
“websites and applications that enable users to create and share content or to participate in social networking”.
Does a misconception surrounding social media and its connection to the workplace exist?
What are the possible implications of social media transgressions for educators' professions?
The relevant legislation in this regard include:
How can educators avoid the pitfalls that make social media use potentially hazardous?
“The reality of the situation is that teachers cannot afford to lead the same lives that many other professionals can.”
'My experience with SAOU was outstanding. After months of struggle, they assisted me in obtaining my SACE certificate. Additionally, their thoughtful gesture of wishing me a happy birthday was particularly heartwarming.'
Keshia Erasmus
''Ons het gesukkel met 'n vakkeuse van 'n matriekleerling aan die begin van die jaar, aangesien haar ma verlede jaar die toestemmingsbrief na verkeerde e-pos gestuur het. Die departement het net volstrek geweier om haar vak te verander, al het sy al vir amper 'n kwartaal in die veranderde vak gesit. Ons het SAOU genader om hulp en dit was nie eers 'n paar dae nie toe kry ons die toestemmingsbrief vanaf die departement, vergesel met 'n verskoning.''
Lizé van Aswegen
''Flink diens. Akkurate inligting.'' Garetha
''Onderwerpe is spesifiek uniek, baie leersaam en word deur kundiges keurig aangebied.''
Gretie Luyt
''Best service and easy to find information. ''
Kgothatso Madibana
''My ervaring met SAOU is uitstekend tot dusver. Ek het aanlyn geregistreer en is bykans onmiddelik n lid.''
Janeke Jordaan
''Professional advice given and FAQ are very helpful. Staff knowledgeable and website insightful.''
Gregory McCullum
''Daar is dadelik aan my raad gegee.
Dokumentasie was vinnig aangestuur.
Andre Pretorius was vriendelik, bekwaam en van groot hulp met my probleem.''
Susan Jansen
''Excellent rating - For conducting the ongoing professional development workshops on content and on the
latest developments in education.
Continue with the excellent work.''
Molale DC
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat die webwerf verbruikers-vriendelik is en ek maklik kon aansluit by die unie. Ek is ook vinnig gehelp toe ek hoofkantoor gebêl het. ''
Jacomien Davidson
"Hiermee wil ek graag my dankbaarheid uitspreek vir die geleentheid wat ek ontvang het om saam met my gade die kongres te kon bywoon. Die ervaring was werklik spesiaal. Die absolute professionele voorbereiding ten opsigte van administrasie asook die persoonlike ingesteldheid teenoor die ontvangers van die toekennings was indrukwekkend. Baie dankie vir die erkenning van die werk wat opvoeders doen, dit skep nederige dankbaarheid vir die taak wat God aan my toevertrou het."
E Havenga
''The manner of questions are spot on and one can only hope responses will fast and reliable... New website is highly informative ''
ShamielITIO Mohamed
''Ek wil graag net persoonlik dankie se vir ''n wonderlike Saterdag. Dit was absoluut die moeite werd!
Julle verwelkoming, fantastiese sprekers, middagete, geskenkpakkie en nog 'n wegneem kospakkie was uit die boonste rakke. Dis n voorreg om lid van die SAOU te kan wees.
Dankie en sterkte vir dit waarvoor julle staan en die puik diens wat ons as lede ontvang.''
Sunet Sanders
''My ervaring met SAOU is uitstekend omdat - om dit sommer plein en reguit te sê - in al die jare wat ek SAOU opleidings bygewoon / (Zoom) was nie een ooit 'n mors van tyd nie. Dit is altyd baie insiggewend en interessant. Ek leer ongelooflik baie by die aanbiedings. Baie, baie dankie vir julle puik diens. Ek waardeer dit opreg. Somtyds is dit moeilik om alles ingepas te kry, om na die opleidings te luister maar ek probeer maar altyd 'n plan maak om dit by te woon. Gaan voort met die goeie werk! Baie dankie'' Mathilde van Niekerk
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat my vrae altyd vlugtig en deeglik beantwoord word. Ek voel vry om enige kwessie met die SAOU te bespreek en ek voel veilig sowel as beskermd wanneer ek kontak maak. Ek voel dat die SAOU as 'n uitstekende ondersteuningsnetwerk vir my dien en ek is nie seker dat ek onderwys, en die politiek daaragter, sou kon hanteer sonder 'n unie met wie ek so vertroud voel nie. Baie dankie!''
Karla du Toit
I got the answers to my questions and there was additional information I could browse on for more information.
Proudy Dlamini
Baie dankie vir alles wat julle alles vir my gedoen het hierdie jaar gedoen het .. al die dinge wat gesorteer het..al die help.. al die ondersteuning... Julle is puik...
Geniet julle vakansie!
Anneke Oberholzer
All Rights Reserved