NN 12/2025

  GEWYSIGDE SASW

Kwartaallikse finansiële verslagdoening 

 Op 16 September 2024 is die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (SASW soos gewysig) in Staatskoerant nr. 5212 gepubliseer. Alhoewel die wysigings op 24 Desember 2024 in werking getree het, het die nuutverkose Minister van Basiese Onderwys (MBO) bevestig dat die implementering van sekere bepalings in die SASW soos gewysig, ondersteun moet word deur nasionale beleide, nasionale norme en standaarde en nasionale regulasies.

 

Verskeie navrae word tans vanaf skoolhoofde ontvang,  rakende die nuwe bepaling met betrekking tot die indiening van ‘n skool se kwartaallikse finansiëleverslae wat binne 30 dae na die einde van die kwartaal, volgens Artikel 45(3) van die SASW soos gewysig ingedien moet word.

 

Wat is my plig as skoolhoof?

  • ‘n Skoolhoof is in terme van die Wet op Indiensneming van Opvoeders, soos gewysig, aangestel as ‘n werknemer van ‘n Provinsiale Onderwysdepartement.
  • In terme van artikel 23 van SASW soos gewysig, moet die skoolhoof van ‘n openbare skool op die skoolbeheerliggaam (SBL) dien.
  • ‘n Skoolhoof as lid van die SBL het dus sekere verantwoordelikhede teenoor die SBL asook sekere verantwoordelikhede teenoor die Departementshoof in terme van artikel 16A van SASW.
  • Dit sal wees om in terme van artikel 16A(2)(f) die SBL in kennis te stel van hul verantwoordelikhede in terme van toepaslike beleide en wetgewing en om in terme van artikel 16A(2)(i) alle redelike stappe te neem om finansiële wanadministrasie en wanbestuur deur enige personeellid of deur die SBL te verhoed.
  • ‘n Openbare skool se finansiële rekords is die eiendom van die skool volgens Artikel 37(5) van SASW soos gewysig, aangesien dit deel vorm van ‘n skool se roerende bates en word gevolglik deur die SBL beheer en bestuur.

 

Wat sê gewysigde artikel 43(5) van SASW?

’n Beheerliggaam moet:

a) binne 30 dae ná die einde van elke kwartaal, ’n afskrif van die kwartaalverslag oor alle inkomste en uitgawes ooreenkomstig die voorskrifte deur die Departementshoof; en

b) binne ses maande ná die einde van elke boekjaar ’n afskrif van die jaarlikse finansiële state, geouditeer of ondersoek kragtens hierdie artikel, aan die Departementshoof voorlê.

 

Hoe hanteer ek as skoolhoof dan die gewysigde artikel 43(5) van die SASW?

  • U lig die SBL in van hulle verantwoordelikheid.
  • Indien u as skoolhoof, beveel word om gewysigde artikel 43(a) eensydig na te kom, laat die amptenaar dit op skrif stel en aan die SBL rig.
  • U adviseer die SBL dat daar nog geen provinsiale of nasionale voorskrifte uitgereik is deur die MBO of die Departementshoof nie en die SBL reageer dienooreenkomstig op skrif.
  • U neem ook kennis dat daar tans op nasionale vlak aan voorskrifte gewerk word, wat as riglyne vir Departementshoofde gaan dien.
  • Indien u twyfel of vrae het oor die onderwerp, moet asseblief nie huiwer om u provinsiale SAOU-kantoor of die SAOU-Regsafdeling te kontak nie.

 

Dit bly belangrik dat alle rolspelers van ‘n openbare skool hul verskeie regte en verpligtinge behoorlik verstaan en reg uitvoer sodat ‘n gesonde samewerkende verhouding tussen ‘n SBL en ‘n Provinsiale Onderwysdepartement kan voortbestaan.

2025/03/25

  AMENDED SASA

Quarterly financial reporting 

On 16 September 2024, the South African Schools Act as amended (SASA as amended) was published in Government Gazette No. 5212. Although the amendments came into effect on 24 December 2024, the newly elected Minister of Basic Education (MBE) confirmed that the implementation of certain provisions in the SASA as amended, must be supported by national policies, national norms and standards and national regulations.

 

Enquiries are currently being received from principals regarding the submission of a school's quarterly financial reports, within 30 days after end of the term, in accordance with Section 45(3) of the SASA as amended.

 

What is my responsibility as a principal?

 

What does the amended section 43(5) of SASA say?

A governing body must submit to the Head of Department—

a) within 30 days after the end of each quarter, a copy of the quarterly report on all income and expenditure in accordance with directives issued by the Head of Department; and

b) within six months after the end of each financial year, a copy of the annual financial statements, audited or examined in terms of this section.

 

How do I, as a principal, deal with the amended section 43(5) of SASA?

 

It remains important that all role players of a public school fully understand and execute their various rights and obligations correctly so that a healthy cooperative relationship between an SGB and a Provincial Education Department can continue to exist.

by SAOU 26 March 2025
NN 13/2025: The SAOU is considering the introduction of a funeral benefit for all SAOU members, WITHOUT increasing membership fees. The funding of the funeral benefit will have an impact on the annual corporate gifts...
by SAOU 14 March 2025
NN 11/2025: We are delighted to announce the result of the election... Membership Fee Adjustment: Due to the late delivery of the national budget speech, the general salary adjustment will not be implemented on time at Persal, but...
by SAOU 5 March 2025
NN 10/2025: The SAOU occasionally receives enquiries from members on the involvement of the union in labour issues ...
More posts
Share by: