VERKIESING VAN
NASIONALE AMPSDRAERS
Die Nasionale Uitvoerende Raad (NUR) het op 13 Maart 2025 vergader en ‘n opvolger vir die SAOU Adjunk-President, me Marna Jordaan, verkies.
Die verkiesingsproses het plaasgevind onder die toesighouding van interne rekenmeesters.
Die verkiesing van die Adjunk-President het ‘n vakature van die Vise-President laat ontstaan. Hierdie posisie is by dieselfde NUR-vergadering gevul.
Dit is aangenaam om die uitslag van die verkiesing aan te kondig:
ELECTION OF
NATIONAL OFFICE BEARERS
The National Executive Council (NEC) met on 13 March 2025 and elected a successor to the SAOU Deputy President, Ms Marna Jordaan.
The election process took place under the supervision of internal accountants.
The election of the Deputy President created a vacancy of the Vice President. This position was filled at the same NEC meeting.
We are delighted to announce the result of the election:
Mnr Le Roux en me Klink is albei uitgepresteerde SAOU-lede, het hul leierskap reeds in die verlede bewys en die NUR het volle vertroue in hul wysheid en leierskap bevestig.
‘n Opregte woord van gelukwensing word hulle toegewens met die eise en uitdagings wat in hulle ampstermyn te wagte kan wees.
LEDEGELDAANPASSING
Vanaf 1 April 2025 sal die volgende aanpassing van die algemene pensioendraende salaris van alle staatsdienswerkers (salarisvlak 1 tot 12), vir die 2025/2026 finansiële jaar, met 5.5% verhoog. Hierdie sluit die 1.5% jaarlikse salarisprogressie uit, vir die wat daarvoor kwalifiseer.
Verder sal die behuisingstoelaag aangepas word van R1,784.55 na R1,900 per maand. Hierdie aanpassing sal reeds op 1 April 2025 in werking tree. Die bydrae tot die individuele gekoppelde spaarfasiliteit van Staatdienswerkers, wat diens beëindig, sal vanaf 1 April 2025 aan hulle uitbetaal word.
Weens die laat lewering van die nasionale begrotingsrede, sal die algemene salarisaanpassing nie betyds op Persal geïmplementeer kan word nie, maar sal terugwerkend na 1 April 2025 geïmplementeer word. Die opgedateerde salarisskale sal binnekort voorsien word.
Die Nasionale Uitvoerende Raad van die SAOU, die hoogste gesag tussen die driejaarlikse kongresse, het tydens ‘n vergadering gehou op 13 Maart 2025 goedgekeur dat die SAOU-ledegeld verhoog mag word ooreenkomstig die omvang van die algemene salarisaanpassing. Gevolglik sal die ledegeldverhoging met ingang van 1 April 2025, 5,5% beloop.
Die ledegeld styg met R6.59 per maand met ingang van
1 April 2025.
Mr Le Roux and Ms Klink are both accomplished SAOU members who already proven their leadership in the past and the NUR has confirmed full confidence in their insight and leadership.
A heartfelt word of congratulations to Mr Le Roux and Ms Klink on the demands and challenges that can be expected during their tenure
MEMBERSHIP FEE ADJUSTMENT
With effect from 1 April 2025, the adjustment of the general pensionable salary of all public service staff (salary level 1 to 12) for the 2025/2026 financial year, will increase by 5.5%. This excludes the 1.5% annual salary progression, for those who qualify for it.
Furthermore, the housing allowance will be adjusted from R1,784.55 to R1,900 per month. This adjustment will come into effect as early as 1 April 2025. This contribution will be paid out on said date to the individual linked savings facility of Public Service Staff, who terminate employment.
Due to the late delivery of the national budget speech, the general salary adjustment will not be implemented on time at Persal, but implementation will be back dated to
1 April 2025. The updated salary scales will be provided soon.
The National Executive Council of the SAOU, the highest authority between the triennial congresses, approved during its meeting held on 13 March 2025 that the SAOU membership fee may be increased in accordance with the extent of the general salary adjustment. Accordingly, the membership fee increase with effect from 1 April 2025 will be 5.5%.
The membership fee increases with R6.59 per month with effect from 1 April 2025.
'My experience with SAOU was outstanding. After months of struggle, they assisted me in obtaining my SACE certificate. Additionally, their thoughtful gesture of wishing me a happy birthday was particularly heartwarming.'
Keshia Erasmus
''Ons het gesukkel met 'n vakkeuse van 'n matriekleerling aan die begin van die jaar, aangesien haar ma verlede jaar die toestemmingsbrief na verkeerde e-pos gestuur het. Die departement het net volstrek geweier om haar vak te verander, al het sy al vir amper 'n kwartaal in die veranderde vak gesit. Ons het SAOU genader om hulp en dit was nie eers 'n paar dae nie toe kry ons die toestemmingsbrief vanaf die departement, vergesel met 'n verskoning.''
Lizé van Aswegen
''Flink diens. Akkurate inligting.'' Garetha
''Onderwerpe is spesifiek uniek, baie leersaam en word deur kundiges keurig aangebied.''
Gretie Luyt
''Best service and easy to find information. ''
Kgothatso Madibana
''My ervaring met SAOU is uitstekend tot dusver. Ek het aanlyn geregistreer en is bykans onmiddelik n lid.''
Janeke Jordaan
''Professional advice given and FAQ are very helpful. Staff knowledgeable and website insightful.''
Gregory McCullum
''Daar is dadelik aan my raad gegee.
Dokumentasie was vinnig aangestuur.
Andre Pretorius was vriendelik, bekwaam en van groot hulp met my probleem.''
Susan Jansen
''Excellent rating - For conducting the ongoing professional development workshops on content and on the
latest developments in education.
Continue with the excellent work.''
Molale DC
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat die webwerf verbruikers-vriendelik is en ek maklik kon aansluit by die unie. Ek is ook vinnig gehelp toe ek hoofkantoor gebêl het. ''
Jacomien Davidson
"Hiermee wil ek graag my dankbaarheid uitspreek vir die geleentheid wat ek ontvang het om saam met my gade die kongres te kon bywoon. Die ervaring was werklik spesiaal. Die absolute professionele voorbereiding ten opsigte van administrasie asook die persoonlike ingesteldheid teenoor die ontvangers van die toekennings was indrukwekkend. Baie dankie vir die erkenning van die werk wat opvoeders doen, dit skep nederige dankbaarheid vir die taak wat God aan my toevertrou het."
E Havenga
''The manner of questions are spot on and one can only hope responses will fast and reliable... New website is highly informative ''
ShamielITIO Mohamed
''Ek wil graag net persoonlik dankie se vir ''n wonderlike Saterdag. Dit was absoluut die moeite werd!
Julle verwelkoming, fantastiese sprekers, middagete, geskenkpakkie en nog 'n wegneem kospakkie was uit die boonste rakke. Dis n voorreg om lid van die SAOU te kan wees.
Dankie en sterkte vir dit waarvoor julle staan en die puik diens wat ons as lede ontvang.''
Sunet Sanders
''My ervaring met SAOU is uitstekend omdat - om dit sommer plein en reguit te sê - in al die jare wat ek SAOU opleidings bygewoon / (Zoom) was nie een ooit 'n mors van tyd nie. Dit is altyd baie insiggewend en interessant. Ek leer ongelooflik baie by die aanbiedings. Baie, baie dankie vir julle puik diens. Ek waardeer dit opreg. Somtyds is dit moeilik om alles ingepas te kry, om na die opleidings te luister maar ek probeer maar altyd 'n plan maak om dit by te woon. Gaan voort met die goeie werk! Baie dankie'' Mathilde van Niekerk
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat my vrae altyd vlugtig en deeglik beantwoord word. Ek voel vry om enige kwessie met die SAOU te bespreek en ek voel veilig sowel as beskermd wanneer ek kontak maak. Ek voel dat die SAOU as 'n uitstekende ondersteuningsnetwerk vir my dien en ek is nie seker dat ek onderwys, en die politiek daaragter, sou kon hanteer sonder 'n unie met wie ek so vertroud voel nie. Baie dankie!''
Karla du Toit
I got the answers to my questions and there was additional information I could browse on for more information.
Proudy Dlamini
Baie dankie vir alles wat julle alles vir my gedoen het hierdie jaar gedoen het .. al die dinge wat gesorteer het..al die help.. al die ondersteuning... Julle is puik...
Geniet julle vakansie!
Anneke Oberholzer
All Rights Reserved