MEDIAVERKLARING: Eensydige promulgering van
"Minimum Uniform Norms and Standards for Public
School Infrastructure"
Die SAOU het op 3 Junie 2024 die volgende mediaverklaring uitgereik:
Dit is met groot kommer dat die SAOU kennis geneem het van die feit dat die Departement van Basiese Onderwys (DBO) op 28 Mei 2024 nuwe regulasies met betrekking tot die “Minimum Uniform Norms and Standards for Public School Infrastructure” in Staatskoerant 50724 afgekondig het.
Hierdie regulasies is gemaak sonder enige vooraf kennisgewing of konsultasie met rolspelers in die onderwys.
Die SAOU het sedert 2023 met die DBO oor hierdie aangeleentheid geskakel en selfs 'n hofbevel met koste teen die DBO verkry soos meer uit Bylaag A hierby sal blyk.
Verbasend genoeg het die DBO die hofbevel geïgnoreer, en in teenstelling met die vennootskapsmodel wat in die Suid-Afrikaanse Skolewet geskep is, die regulasies eensydig afgekondig.
Die SAOU het vandag 'n brief aan die Minister van Basiese Onderwys gestuur waarin geëis word dat die regulasies onmiddellik teruggetrek word, hangende 'n oop, deursigtige en omvattende konsultasieproses met alle rolspelers in die Onderwyssektor.
Indien die regulasies nie stiptelik teruggetrek word nie, sal regstappe deur die SAOU geneem word om die implementering daarvan te voorkom.
DIE POPI-WET IN ‘N NEUTEDOP
Die toepassing van die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI) is steeds ‘n vae onderwerp in skole wat aanleiding gee tot talle vrae wat ons in hierdie nuusbrief sal probeer beantwoord.
Agtergrond van die POPI-wet
Dit is belangrik om te verstaan dat die POPI-wet nie ‘n nuwe stuk wetgewing is nie. Die parlement het reeds in 2013 die POPI-wet goedgekeur met verskeie datums vir die inwerkingtreding vir die onderskeie afdelings van die Wet.
Wat behels die POPI-wet?
Die POPI-wet is daargestel om persoonlike data (inligting) van die data subjek (die persoon aan wie die persoonlike inligting behoort) te beskerm.
Wie sal ‘n data subjek in skoolverband wees?
Dié term word in die wet gedefinieer as enige persoon op wie die persoonlike inligting betrekking het.
Watter inligting word in terme van POPI as persoonlike inligting beskou?
Inligting wat betrekking het tot 'n identifiseerbare, lewende, natuurlike persoon of regspersoon. Dit sluit in, maar word nie beperk nie tot:
Hoe moet skole persoonlike inligting beskerm?
Wat kan gebeur indien ‘n skool nie die nodige toestemming verkry vir die versameling van die persoonlike inligting nie?
‘n Klag teen die oortreder kan by die Inligtingsreguleerder ingedien word. Dit kan ernstige gevolge inhou.
Artikels 100-106 van die POPI-wet handel oor gevalle waar partye hulself aan ’n misdryf skuldig sou vind. Die mees relevantste hiervan is:
Artikel 107 van die Wet bepaal watter strawwe op onderskeie oortredings van toepassing is. Vir die ernstiger misdrywe is die maksimum strawwe 'n R 10,000,000.00 boete of gevangenisstraf vir 'n tydperk van tot en met 10 jaar of tot beide 'n boete en sodanige gevangenisstraf.
Hierdie artikel moet saamgelees word met die POPI-wet wat afgelaai kan word vanaf Wet No. 4 van 2013: Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, 2013.
Is daar enige bepaling in POPI wat die versameling van persoonlike inligting toelaat sonder die toestemming van die datasubjek?
Ja, persoonlike inligting kan sonder toestemming ingesamel word in die volgende gevalle:
Met spesifieke verwysing na die persoonlike inligting van kinders bepaal Artikel 35 (1) van POPI dat die verbod op die versameling van persoonlike inligting van kinders uitgesluit is in die volgende gevalle:
Watter POPI-reëls is belangrik vir skole om te onthou?
SKOOLHOOFDESIMPOSIUM
Hoofskap: Wees die lig in die ligtoring!
Datum: 1 – 4 September 2024, Plek: Boardwalk Konferensiesentrum, Gqeberha
Die SAOU Hoofdesimposium 2024 beloof om, weereens, alle verwagtinge te oortref. 'n Duisend SAOU-adjunkhoofde en -skoolhoofde, uitstekende sprekers, uiters aktuele onderwerpe, SAOU-gasheerskap wat fenomenaal is en ‘n venue wat sinoniem is met kwaliteit: DIT is wat jy te wagte kan wees, niks minder nie.
Besoek gerus ons webblad vir meer inligting rakende die geleentheid, met spesifieke verwysing na die volgende:
1. Die registrasieblad;
2. Die program; en
3. Inligting met betrekking tot verblyf.
Die Simposium is feitlik volskryf! Om teleurstelling te voorkom, registreer vandag nog.
'My experience with SAOU was outstanding. After months of struggle, they assisted me in obtaining my SACE certificate. Additionally, their thoughtful gesture of wishing me a happy birthday was particularly heartwarming.'
Keshia Erasmus
''Ons het gesukkel met 'n vakkeuse van 'n matriekleerling aan die begin van die jaar, aangesien haar ma verlede jaar die toestemmingsbrief na verkeerde e-pos gestuur het. Die departement het net volstrek geweier om haar vak te verander, al het sy al vir amper 'n kwartaal in die veranderde vak gesit. Ons het SAOU genader om hulp en dit was nie eers 'n paar dae nie toe kry ons die toestemmingsbrief vanaf die departement, vergesel met 'n verskoning.''
Lizé van Aswegen
''Flink diens. Akkurate inligting.'' Garetha
''Onderwerpe is spesifiek uniek, baie leersaam en word deur kundiges keurig aangebied.''
Gretie Luyt
''Best service and easy to find information. ''
Kgothatso Madibana
''My ervaring met SAOU is uitstekend tot dusver. Ek het aanlyn geregistreer en is bykans onmiddelik n lid.''
Janeke Jordaan
''Professional advice given and FAQ are very helpful. Staff knowledgeable and website insightful.''
Gregory McCullum
''Daar is dadelik aan my raad gegee.
Dokumentasie was vinnig aangestuur.
Andre Pretorius was vriendelik, bekwaam en van groot hulp met my probleem.''
Susan Jansen
''Excellent rating - For conducting the ongoing professional development workshops on content and on the
latest developments in education.
Continue with the excellent work.''
Molale DC
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat die webwerf verbruikers-vriendelik is en ek maklik kon aansluit by die unie. Ek is ook vinnig gehelp toe ek hoofkantoor gebêl het. ''
Jacomien Davidson
"Hiermee wil ek graag my dankbaarheid uitspreek vir die geleentheid wat ek ontvang het om saam met my gade die kongres te kon bywoon. Die ervaring was werklik spesiaal. Die absolute professionele voorbereiding ten opsigte van administrasie asook die persoonlike ingesteldheid teenoor die ontvangers van die toekennings was indrukwekkend. Baie dankie vir die erkenning van die werk wat opvoeders doen, dit skep nederige dankbaarheid vir die taak wat God aan my toevertrou het."
E Havenga
''The manner of questions are spot on and one can only hope responses will fast and reliable... New website is highly informative ''
ShamielITIO Mohamed
''Ek wil graag net persoonlik dankie se vir ''n wonderlike Saterdag. Dit was absoluut die moeite werd!
Julle verwelkoming, fantastiese sprekers, middagete, geskenkpakkie en nog 'n wegneem kospakkie was uit die boonste rakke. Dis n voorreg om lid van die SAOU te kan wees.
Dankie en sterkte vir dit waarvoor julle staan en die puik diens wat ons as lede ontvang.''
Sunet Sanders
''My ervaring met SAOU is uitstekend omdat - om dit sommer plein en reguit te sê - in al die jare wat ek SAOU opleidings bygewoon / (Zoom) was nie een ooit 'n mors van tyd nie. Dit is altyd baie insiggewend en interessant. Ek leer ongelooflik baie by die aanbiedings. Baie, baie dankie vir julle puik diens. Ek waardeer dit opreg. Somtyds is dit moeilik om alles ingepas te kry, om na die opleidings te luister maar ek probeer maar altyd 'n plan maak om dit by te woon. Gaan voort met die goeie werk! Baie dankie'' Mathilde van Niekerk
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat my vrae altyd vlugtig en deeglik beantwoord word. Ek voel vry om enige kwessie met die SAOU te bespreek en ek voel veilig sowel as beskermd wanneer ek kontak maak. Ek voel dat die SAOU as 'n uitstekende ondersteuningsnetwerk vir my dien en ek is nie seker dat ek onderwys, en die politiek daaragter, sou kon hanteer sonder 'n unie met wie ek so vertroud voel nie. Baie dankie!''
Karla du Toit
I got the answers to my questions and there was additional information I could browse on for more information.
Proudy Dlamini
Baie dankie vir alles wat julle alles vir my gedoen het hierdie jaar gedoen het .. al die dinge wat gesorteer het..al die help.. al die ondersteuning... Julle is puik...
Geniet julle vakansie!
Anneke Oberholzer
All Rights Reserved