NAAMSKENDING
Naamskending word gedefinieer as die publikasie van ʼn onwaar stelling oor ʼn persoon wat die potensiaal het om sy/haar reputasie te skaad of wat veroorsaak dat ander persone hom/haar vermy. Naamskending vind gewoonlik plaas deur die gebruik van woorde, maar prente, gebare en ander dade kan ook lasterlik wees.
Die redelike persoon-toets word deur ons howe toegepas om te bepaal of ʼn verklaring lasterlik is al dan nie. Indien ‘n redelike, objektiewe persoon wat die woorde hoor of lees, minder van die slagoffer sou dink as gevolg daarvan, sou dit as naamskending beskou kon word.
Wat is die elemente van naamskending?
Die drie hoofelemente van naamskending is onregmatigheid, bedoeling en publikasie.
Wat beteken "onregmatigheid" in hierdie konteks?
Die stelling wat gemaak word, moet teen die gemeenskapsedes wees. Dit beteken eenvoudig dat die breër publiek die stelling as onregmatig en onaanvaarbaar moet beskou.
Dit is egter moeilik om te definieer aangesien die publiek se siening en interpretasie van sekere stellings kan verskil op grond van persoonlike sienings en oortuigings.
'n Duidelike voorbeeld van 'n onregmatige stelling is om iemand op sosiale media daarvan te beskuldig dat hy 'n misdaad gepleeg het of ʼn rassis is terwyl die persoon weet dat die stelling vals is.
Wat beteken “bedoeling” in hierdie konteks?
Die hof het in die verlede bevind dat sodra daar bewys is dat 'n verklaring gepubliseer is, daar ‘n aanname is dat dit opsetlik en onwettig was en dat die bewyslas dan op die publiseerder geplaas word om die teendeel te bewys.
Daar is drie verdere aspekte wat onder "bedoeling" oorweeg moet word. Die eerste is dat die persoon wat die valse verklaring publiseer, dit moet doen met die doel om 'n persoon se reputasie te beskadig;
Tweedens moes die persoon wat die valse verklaring gepubliseer het, redelikerwys geweet het dat dit onregmatig en onwettig is en dat dit die reputasie van die slagoffer van die naamskending skade kan berokken;
Derdens moet die valse verklaring direk of indirek na die slagoffer verwys. Met ander woorde, dit moet moontlik wees om die slagoffer te identifiseer op grond van die inhoud van die verklaring.
Wat beteken "publiseer" in hierdie konteks?
Die valse verklaring moet gepubliseer word. Publikasie word geïnterpreteer om nie net skriftelik te beteken nie, maar ook om 'n stelling in te sluit wat mondelings of selfs deur lyftaal of handgebare gemaak word .
Skending van reputasie en karakter is slegs ʼn skending van regte as die valse verklaring aan 'n derde persoon gekommunikeer word (deur een persoon aan 'n ander wat nie die slagoffer van die naamskending is nie). Publikasie sluit in die stuur van 'n WhatsApp-boodskap, ‘n Facebook-inskrywing, Twitter of Snapchat, die plasing van ʼn foto op Instagram of die oplaai van ʼn video na TikTok sowel as tradisionele vorme van publikasie, soos 'n koerant of tydskrif.
Wat behels die reg op vryheid van spraak?
Elkeen in Suid-Afrika het die reg op vryheid van uitdrukking in terme van Artikel 16 van die Grondwet. Hierdie reg kan en sal egter beperk word waar nodig. Jou reg op vryheid van uitdrukking kan nie iemand anders se reg op 'n onbesmette reputasie troef nie. Daarom is naamskending sake dikwels ingewikkeld. Die hof moet die uitgewer se reg op vryheid van spraak opweeg teenoor die reg van die slagoffer se goeie naam om nie geskend te word nie, ten einde tot ʼn bevinding te kom wat billik en redelik vir beide betrokke partye is.
Wat is die algemene verwere teen naamskending?
Waarheid en openbare belang:
Die publikasie kan geregverdig word as daar bevind word dat dit waar is en dat daar ware openbare belang in die gepubliseerde verklaring is.
Billike kommentaar:
Elke burger van die Republiek van Suid-Afrika het die reg op vryheid van uitdrukking en sodoende ook die reg om hul mening uit te spreek. Die mening wat uitgespreek word, moet feitelik wees, sowel as in belang van die breë publiek, om sodoende beskerm te kan word.
Privilegie:
As die aard van die verhouding tussen die persoon wat die mening uitspreek en die persoon aan wie die mening uitgespreek word, aan die situasie privilegie verleen, sal die uitdrukking vervolgens beskerm word. In hierdie omstandighede hoef die stelling nie waar en akkuraat te wees nie, aangesien die uitdrukking deur privilegie beskerm word. Die mees algemene voorbeeld hiervan is die van prokureur-kliënt-privilegie.
Watter remedies is beskikbaar vir die slagoffer van naamskending?
'n Persoon wat die slagoffer van naamskending is kan verdere skending van sy regte voorkom deur die hof te nader vir 'n interdik of om ʼn eis vir skadevergoeding in te stel.
Die hof kan beveel dat die publikasie teruggetrek word en 'n verskoning uitgereik word.
Die slagoffer van naamskending kan ook vergoeding ontvang in die vorm van spesiale skadevergoeding in die vorm van vermoënskade indien werklike finansiële skade bewys kan word en toegeskryf kan word aan die naamskending.
Die hof sal ʼn wye diskresie uitoefen om skadevergoeding te bepaal. Die hof pas 'n objektiewe toets toe en dit sal al die faktore en sienings van die samelewing in ag neem.
Wat gebeur in die geval van naamskending in die aanlynruimte?
Die uitdaging om aanlyn naamskending te hanteer, is dat die internet nie ʼn maklik identifiseerbare liggaam is wat binne die grense van streng internasionaal erkende maatstaf of grense geadministreer of gereguleer word nie. Baie slagoffers van aanlyn naamskending vind dit moeilik om die oortreder te identifiseer of selfs op te spoor. Ten einde enige regstappe teen ʼn oortreder in te stel, moet die identiteit van die oortreder bekend wees.
Ingevolge die Suid-Afrikaanse reg kan enigiemand wat aan die publikasie van lasterlike materiaal deelneem in teorie gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik gehou word. Sosiale media is ʼn openbare platform en elke persoon wat hierdie platform gebruik, word in wese ʼn uitgewer in eie reg.
In ons reg is die persoon wat inhoud deel net so aanspreeklik as die oorspronklike skepper van die inhoud. Elke persoon wat van die inhoud op sosiale media hou, deel of herplaas, sal presies dieselfde behandel word as die persoon wat die inhoud geskep en die eerste keer geplaas het. Sodra jy inhoud deel, daarvan hou of her-plaas, assosieer jy jouself met daardie inhoud.
Dieselfde beginsel geld vir “tagging”. As iemand jou in inhoud “tag”, lyk dit of jy deel is van die gesprek en geassosieer word met die inhoud. Dit is dus noodsaaklik om versigtig te wees met betrekking tot die publikasieketting. Verder is dit van die uiterste belang om jouself van so 'n “tag” te verwyder as die gevaar of potensiaal van naamskending bestaan.
Suid-Afrikaanse howe hanteer die gebied van aanlyn naamskending van geval tot geval met die gemenereg en die Grondwet wat die basis bied vir sulke sake om aangehoor te word. Die Penny Sparrow-saak illustreer dat enige neerhalende plasing wat as haatspraak geklassifiseer word en 'n persoon se grondwetlike regte skend, in die Gelykheidshof of selfs die Strafhof kan beland waar ʼn mens op 'n aanklag van crimen injuria tereg kan staan.
Gevolgtrekking
Die wette rondom naamskending is moeilik en ingewikkeld om te verstaan. Die beste benadering is om jouself altyd te vra of die plasing/publikasie wat jy gaan maak as aanstootlik beskou kan word en of dit iemand anders se reputasie skade kan berokken. Die gevolge van so 'n neerhalende berig kan ernstig en vêrreikend wees en behoort dus enige persoon te ontmoedig om vals stellings te plaas/publiseer.
Indien jy twyfel of vrae het oor die onderwerp, moet asseblief nie huiwer om jou provinsiale SAOU-kantoor of die SAOU Regsafdeling te kontak nie.
DEFAMATION
What are the elements of defamation?
The three main elements of defamation are wrongfulness, intention and publication.
What does “wrongfulness” mean in this context?
What does “intention” mean in this context?
What does “publishing” mean in this context?
What does the right to free speech entail?
What are the common defences against defamation?
Which remedies are available to the defamed person?
The court may order that the publication be retracted and an apology issued.
'My experience with SAOU was outstanding. After months of struggle, they assisted me in obtaining my SACE certificate. Additionally, their thoughtful gesture of wishing me a happy birthday was particularly heartwarming.'
Keshia Erasmus
''Ons het gesukkel met 'n vakkeuse van 'n matriekleerling aan die begin van die jaar, aangesien haar ma verlede jaar die toestemmingsbrief na verkeerde e-pos gestuur het. Die departement het net volstrek geweier om haar vak te verander, al het sy al vir amper 'n kwartaal in die veranderde vak gesit. Ons het SAOU genader om hulp en dit was nie eers 'n paar dae nie toe kry ons die toestemmingsbrief vanaf die departement, vergesel met 'n verskoning.''
Lizé van Aswegen
''Flink diens. Akkurate inligting.'' Garetha
''Onderwerpe is spesifiek uniek, baie leersaam en word deur kundiges keurig aangebied.''
Gretie Luyt
''Best service and easy to find information. ''
Kgothatso Madibana
''My ervaring met SAOU is uitstekend tot dusver. Ek het aanlyn geregistreer en is bykans onmiddelik n lid.''
Janeke Jordaan
''Professional advice given and FAQ are very helpful. Staff knowledgeable and website insightful.''
Gregory McCullum
''Daar is dadelik aan my raad gegee.
Dokumentasie was vinnig aangestuur.
Andre Pretorius was vriendelik, bekwaam en van groot hulp met my probleem.''
Susan Jansen
''Excellent rating - For conducting the ongoing professional development workshops on content and on the
latest developments in education.
Continue with the excellent work.''
Molale DC
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat die webwerf verbruikers-vriendelik is en ek maklik kon aansluit by die unie. Ek is ook vinnig gehelp toe ek hoofkantoor gebêl het. ''
Jacomien Davidson
"Hiermee wil ek graag my dankbaarheid uitspreek vir die geleentheid wat ek ontvang het om saam met my gade die kongres te kon bywoon. Die ervaring was werklik spesiaal. Die absolute professionele voorbereiding ten opsigte van administrasie asook die persoonlike ingesteldheid teenoor die ontvangers van die toekennings was indrukwekkend. Baie dankie vir die erkenning van die werk wat opvoeders doen, dit skep nederige dankbaarheid vir die taak wat God aan my toevertrou het."
E Havenga
''The manner of questions are spot on and one can only hope responses will fast and reliable... New website is highly informative ''
ShamielITIO Mohamed
''Ek wil graag net persoonlik dankie se vir ''n wonderlike Saterdag. Dit was absoluut die moeite werd!
Julle verwelkoming, fantastiese sprekers, middagete, geskenkpakkie en nog 'n wegneem kospakkie was uit die boonste rakke. Dis n voorreg om lid van die SAOU te kan wees.
Dankie en sterkte vir dit waarvoor julle staan en die puik diens wat ons as lede ontvang.''
Sunet Sanders
''My ervaring met SAOU is uitstekend omdat - om dit sommer plein en reguit te sê - in al die jare wat ek SAOU opleidings bygewoon / (Zoom) was nie een ooit 'n mors van tyd nie. Dit is altyd baie insiggewend en interessant. Ek leer ongelooflik baie by die aanbiedings. Baie, baie dankie vir julle puik diens. Ek waardeer dit opreg. Somtyds is dit moeilik om alles ingepas te kry, om na die opleidings te luister maar ek probeer maar altyd 'n plan maak om dit by te woon. Gaan voort met die goeie werk! Baie dankie'' Mathilde van Niekerk
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat my vrae altyd vlugtig en deeglik beantwoord word. Ek voel vry om enige kwessie met die SAOU te bespreek en ek voel veilig sowel as beskermd wanneer ek kontak maak. Ek voel dat die SAOU as 'n uitstekende ondersteuningsnetwerk vir my dien en ek is nie seker dat ek onderwys, en die politiek daaragter, sou kon hanteer sonder 'n unie met wie ek so vertroud voel nie. Baie dankie!''
Karla du Toit
I got the answers to my questions and there was additional information I could browse on for more information.
Proudy Dlamini
Baie dankie vir alles wat julle alles vir my gedoen het hierdie jaar gedoen het .. al die dinge wat gesorteer het..al die help.. al die ondersteuning... Julle is puik...
Geniet julle vakansie!
Anneke Oberholzer
All Rights Reserved