Nasionale Gesondheidsversekering (NGV)
Op Woensdag, 15 Mei het President Cyril Ramaphosa die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) onderteken, soos wyd in die media berig is. Met soveel individue en organisasies wat hulle by die huidige debat aansluit en uiteenlopende menings publiseer, verstaan ons dat SAOU-lede moontlik onsekerheid ervaar. Ons deel graag die antwoorde op die mees algemene vrae wat ons van ons lede ontvang.
Wat gebeur volgende?
Die feit dat die President die Wet onderteken het, beteken nie dit dat dit reeds van krag is nie. Die President moet die Wet, of dele daarvan, proklameer om dit in werking te stel. Dit is nog nie gedoen nie en daar is tans geen aanduiding wanneer of hoe dit sal gebeur nie.
Gaan die SAOU met die NGV akkoord?
Die SAOU stem saam dat toegang tot primêre gesondheidsorg vir alle Suid-Afrikaners ’n basiese mensereg is. Ons siening is egter dat die NGV-wet in sy huidige vorm om verskeie redes nie lewensvatbaar of bekostigbaar vir die Tesourie is nie.
Wat is die SAOU se siening ten opsigte van toegang tot privaat gesondheidsorg?
Die SAOU beskou toegang tot privaat gesondheidsversekering en privaat gesondheidsorg as ’n grondwetlike reg en is oortuig dat lede die vryheid moet hê om te besluit watter gesondheidsorgopsies die beste aan hul individuele vereistes voldoen. Na ons mening is die keuse tussen privaat gesondheidsversekering en die NGV nie teenstrydig nie, maar alternatiewe wat individue se grondwetlike regte handhaaf.
Wat gaan nou met my mediese fonds gebeur?
Die funksionering van alle mediese fondse gaan normaal voort en niks verander nie! Lede kan dus voortgaan om dieselfde mediese fonds voordele te benut.
Dit is belangrik om te onthou dat die NGV nie ’n enkele gebeurtenis is nie, maar ’n ingewikkelde onderneming wat, weens die vele hervormings wat dit in verskeie staatsektore vereis, lank sal neem om te implementeer.

Moet ek my mediese fondslidmaatskap kanselleer?
Nee. Jy sal jou lidmaatskap moet behou om seker te maak jy het voortgesette toegang tot gehalte privaat gesondheidsorg. Moet dus nie u betaling van die maandelikse premies staak nie. Indien u betaling staak, sal u voordele opgeskort word.
Gaan die NGV mediese fondse se reserwe fondse onteien?
Die NGV het geen reg tot toegang tot fondse se opgehoopte reserwes nie aangesien die reserwes aan die fondslede behoort en nie aan die betrokke fonds nie. Ons regsadvies bevestig dat reserwefondse veilig is en dat die staat nie daarop beslag kan lê nie.
Gaan die SAOU hof toe om die NGV te beveg?
Die SAOU sal die implementering van die Wet monitor en beskik oor betroubare en ervare regsadviseurs. Ons sal altyd in die beste belang van ons lede optree. Ná gesprekke met vername belanghebbers in die vakbondwese evalueer ons ons opsies om hierdie aangeleentheid gesamentlik te benader. Hierdie besprekings sal aandui van wat ons volgende moet doen en ons sal ons lede op hoogte hou van enige besluite. Om regstappe op ons eie te neem, word nie op hierdie tydstip as gerade geag nie.
Gaan die Staat pensioenfondse benut om die NGV te finansier?
Sover vasgestel kan word, steek daar geen waarheid in hierdie gerugte nie. Die trustees van pensioenfondse het 'n fidusiêre plig om altyd in die beste belang van die pensioenfonds en sy lede op te tree. 'n Belegging in die NGV word nie as 'n gesonde belegging beskou nie.
National
health insurance (nHI)
President Cyril Ramaphosa signed the National Health Insurance (NHI) Bill into law on Wednesday, 15 May, as has been widely reported in the media. With so many individuals and organisations joining the current debate and publishing diverse opinions, we understand that SAOU members may be experiencing uncertainty. We wish to share the answers to the most common questions we receive from our members.
What happens next?
The fact that the President signed the Act does not mean it is already in force. The President must proclaim the Act, or parts thereof, to implement it. This has not yet been done and there is currently no indication when or how it will happen.
Does the SAOU agree with the NHI?
The SAOU agrees that access to primary healthcare for all South Africans is a basic human right. However, our view is that the NHI Act in its current form is not viable or affordable for the Treasury for various reasons.
What is the SAOU’s view regarding private healthcare?
The SAOU regards access to private health insurance and private healthcare as a constitutional right and stands firm that members should have the freedom to decide which healthcare options best meet their individual requirements. In our view, the choice between private health insurance and the NHI is not contradictory, but that they embody alternatives which uphold individuals' constitutional rights.

What will happen to my medical aid now?
The functioning of all medical aid schemes continues normally and nothing changes! Members can therefore continue to utilise the same medical aid benefits.
It is important to remember that the NHI is not a single event, but a complex undertaking that, due to the many reforms it requires in various government sectors, will take a long time to implement.
Should I cancel my medical aid membership?
No. You will need to retain your membership to ensure you have continued access to quality private healthcare. Therefore, you should not cancel the payment of monthly premiums. Your benefits will be suspended if you cancel payments.
Will the NHI expropriate the reserves of medical funds?
The NHI has no right to expropriate the accumulated reserve funds as the reserves belong to the fund members and not to the fund concerned. Our legal advice confirms that reserve funds are safe and that the state cannot expropriate these.
Will the SAOU approach the court to contest the NHI?
The SAOU will monitor the implementation of the Act and has reliable and experienced legal advisers. We will always act in the best interest of our members. After discussions with major stakeholders in other trade unions, we are evaluating our options to jointly approach this matter. These discussions will indicate what we need to do next and we will keep our members informed of any decisions. Taking legal action on our own is not deemed prudent at this time.
Will the State use pension funds to fund the NHI?
As far as can be determined there is no truth in these rumours. The trustees of pension funds have a fiduciary duty to always act in the best interest of the pension fund and its members. An investment in the NHI is not regarded as a sound investment.
'My experience with SAOU was outstanding. After months of struggle, they assisted me in obtaining my SACE certificate. Additionally, their thoughtful gesture of wishing me a happy birthday was particularly heartwarming.'
Keshia Erasmus
''Ons het gesukkel met 'n vakkeuse van 'n matriekleerling aan die begin van die jaar, aangesien haar ma verlede jaar die toestemmingsbrief na verkeerde e-pos gestuur het. Die departement het net volstrek geweier om haar vak te verander, al het sy al vir amper 'n kwartaal in die veranderde vak gesit. Ons het SAOU genader om hulp en dit was nie eers 'n paar dae nie toe kry ons die toestemmingsbrief vanaf die departement, vergesel met 'n verskoning.''
Lizé van Aswegen
''Flink diens. Akkurate inligting.'' Garetha
''Onderwerpe is spesifiek uniek, baie leersaam en word deur kundiges keurig aangebied.''
Gretie Luyt
''Best service and easy to find information. ''
Kgothatso Madibana
''My ervaring met SAOU is uitstekend tot dusver. Ek het aanlyn geregistreer en is bykans onmiddelik n lid.''
Janeke Jordaan
''Professional advice given and FAQ are very helpful. Staff knowledgeable and website insightful.''
Gregory McCullum
''Daar is dadelik aan my raad gegee.
Dokumentasie was vinnig aangestuur.
Andre Pretorius was vriendelik, bekwaam en van groot hulp met my probleem.''
Susan Jansen
''Excellent rating - For conducting the ongoing professional development workshops on content and on the
latest developments in education.
Continue with the excellent work.''
Molale DC
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat die webwerf verbruikers-vriendelik is en ek maklik kon aansluit by die unie. Ek is ook vinnig gehelp toe ek hoofkantoor gebêl het. ''
Jacomien Davidson
"Hiermee wil ek graag my dankbaarheid uitspreek vir die geleentheid wat ek ontvang het om saam met my gade die kongres te kon bywoon. Die ervaring was werklik spesiaal. Die absolute professionele voorbereiding ten opsigte van administrasie asook die persoonlike ingesteldheid teenoor die ontvangers van die toekennings was indrukwekkend. Baie dankie vir die erkenning van die werk wat opvoeders doen, dit skep nederige dankbaarheid vir die taak wat God aan my toevertrou het."
E Havenga
''The manner of questions are spot on and one can only hope responses will fast and reliable... New website is highly informative ''
ShamielITIO Mohamed
''Ek wil graag net persoonlik dankie se vir ''n wonderlike Saterdag. Dit was absoluut die moeite werd!
Julle verwelkoming, fantastiese sprekers, middagete, geskenkpakkie en nog 'n wegneem kospakkie was uit die boonste rakke. Dis n voorreg om lid van die SAOU te kan wees.
Dankie en sterkte vir dit waarvoor julle staan en die puik diens wat ons as lede ontvang.''
Sunet Sanders
''My ervaring met SAOU is uitstekend omdat - om dit sommer plein en reguit te sê - in al die jare wat ek SAOU opleidings bygewoon / (Zoom) was nie een ooit 'n mors van tyd nie. Dit is altyd baie insiggewend en interessant. Ek leer ongelooflik baie by die aanbiedings. Baie, baie dankie vir julle puik diens. Ek waardeer dit opreg. Somtyds is dit moeilik om alles ingepas te kry, om na die opleidings te luister maar ek probeer maar altyd 'n plan maak om dit by te woon. Gaan voort met die goeie werk! Baie dankie'' Mathilde van Niekerk
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat my vrae altyd vlugtig en deeglik beantwoord word. Ek voel vry om enige kwessie met die SAOU te bespreek en ek voel veilig sowel as beskermd wanneer ek kontak maak. Ek voel dat die SAOU as 'n uitstekende ondersteuningsnetwerk vir my dien en ek is nie seker dat ek onderwys, en die politiek daaragter, sou kon hanteer sonder 'n unie met wie ek so vertroud voel nie. Baie dankie!''
Karla du Toit
I got the answers to my questions and there was additional information I could browse on for more information.
Proudy Dlamini
Baie dankie vir alles wat julle alles vir my gedoen het hierdie jaar gedoen het .. al die dinge wat gesorteer het..al die help.. al die ondersteuning... Julle is puik...
Geniet julle vakansie!
Anneke Oberholzer
All Rights Reserved