• Slide title

    Write your caption here
    Button

Bemagtig jou leierskapsreis: Sluit aan by ons Skoolleier Mentorskapprogram 

Is jy ‘n skoolleier wat kundige leiding en ondersteuning benodig?

Ons mentorskapprogram is ontwerp om jou toe te rus met die gereedskap en selfvertroue om die uitdagings van leierskap te navigeer. Neem voordeel van persoonlike mentorskap, network geleenthede en tweeweeklikse webinaar sessies. Die program sal aangebied word deur: Louis Swanepoel, Chris Klopper, Jaco Deacon, Riaan van der Bergh en Coen Stokes. 


SLEUTELVOORDELE

Persoonlike Mentorskap

Kry waardevolle insigte en ondersteuning van ervare leiers


Kundige leiding

Pak leierskapuitdagings met selfvertroue aan


Netwerk geleenthede

Maak kontak met eendersdenkende professionele persone by ons eksklusiewe bekendstellingsgeleentheid


Deurlopende ondersteuning

Baat by tweeweeklikse webinare regdeur 2025


PROGRAM BESONDERHEDE:

Duur van program: 12 Maande

Formaat: Sig-bekendstellingsgeleentheid gevolg deur tweeweeklikse webinare

Kostes: R150 SAOU-lede | R300 Nie-lede

Taal van Aanbieding: Slegs Afrikaans


FOKUSAREAS:

  • Sagte vaardighede
  • Strategiese beplanning
  • Finansies
  • Wette en regulasies
  • Menslike hulpbronbestuur


WIE KAN VIR HIERDIE PROGRAM REGISTREER:

Vlak van ervaring: Die program is beskikbaar vir alle skoolleiers; die hooffokus sal egter op nuwe en aspirant-skoolhoofde en adjunkhoofde wees

Skool tipe: Alle skooltipes


Moenie hierdie geleentheid misloop om jou leierskapsvaardighede te verhoog en jou doelwitte te bereik nie


Hierdie program is beperk tot 100 deelnemers


Let wel: Program 1 en 2 is dieselfde, met 'n ander begintyd en sig-bekendstellingsgeleentheid venue.

Mentorskapprogram (Program 2)

Taal van aanbiedig: Afrikaans

Sig-bekendstellingsgeleentheid: Protea Hotel, Stellenbosch

Datum: Vrydag, 7 Februarie 13:00 tot Satrdag, 8 Februarie 13:00

Registrasiefooi: R150 SAOU-lede | R300 Nie-lede

Stuur die bewys van betaling aan pd@saou.co.za en johanng@saou.co.za


Deur vir hierdie program in te skryf, verbind jy jou tot die hele 12 maande van die program.

Registreer hier

In samewerking met

Share by: