DIE VERHOUDING MET DIE SKOOLBEHEERLIGGAAM
Die primêre fokus van 'n opvoedkundige instelling is om uitvoering te gee aan Artikel 29 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika wat elkeen die reg op basiese onderwys waarborg. 'n Skool bestaan uit verskillende rolspelers met die gemeenskaplike doel om aan die leerders se opvoedkundige vereistes te voldoen. 'n Gesonde werksverhouding tussen hierdie rolspelers speel 'n belangrike rol in 'n goed funksionerende skool en is beslis 'n verhouding om in te belê.
1. Wie is hierdie rolspelers?
2. Die Provinsiale Departement van Onderwys:
Die Provinsiale Departement van Onderwys is die werkgewer van departementele werknemers, wat vir die doel van hierdie nuusbrief die skoolhoof, opvoeders en administratiewe personeellede is.
Die diensvoorwaardes van die Provinsiale Departement van Onderwys word deur die Personnel Administrative Measures (PAM) en die Public Service Act gereguleer. Die verhouding tussen die Provinsiale Departement van Onderwys en sy werknemers is dus 'n werkgewer-werknemersverhouding.
3. Die beheerliggaam van 'n skool:
Die beheerliggaam kan ekstra personeellede aanstel volgens die administratiewe, kurrikulêre en buitemuurse behoeftes van die skool. Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes sal die diensvoorwaardes tussen die beheerliggaam as die werkgewer en die beheerliggaam aangestelde personeellede as werknemers, reguleer. Dit sal aanleiding gee tot 'n werkgewer-werknemersverhouding.
4. Die verhouding tussen die skoolhoof en die beheerliggaam:
Die verhouding tussen die skoolhoof en die beheerliggaam behoort een van vertroue en wedersydse begrip te wees, met die gemeenskaplike doel om onderrig en leer van hoë gehalte aan leerders te verskaf.
Die skoolhoof, as 'n party tot hierdie verhouding, het twee afsonderlike rolle om te vervul, naamlik om die werkgewer (Departement van Onderwys) te verteenwoordig asook om as lid van die beheerliggaam op te tree. Die primêre verantwoordelikheid van die skoolhoof is die professionele bestuur van die skool, wat onder andere die bestuur van departementele werknemers sowel as werknemers van die beheerliggaam, namens beide werkgewers, insluit. Verder word die skoolhoof ook verplig om die beheerliggaam by te staan met die bestuur van die skool. Dit sluit in om die beheerliggaam op hoogte te hou van wetgewing, departementele beleide en omsendskrywes wat op skoolbestuur van toepassing is, asook om te verseker dat skoolbeleide, soos opgestel deur die beheerliggaam, geïmplementeer word.
5. Die verhouding tussen die beheerliggaam en personeellede:
Die beheerliggaam het die reg om die skoolhoof, as lid van die beheerliggaam, te versoek om verslag te doen aangaande professionele bestuursaspekte van die skool. Die beheerliggaam moet hom egter daarvan weerhou om die grense wat tussen professionele bestuur nl. die verantwoordelikheid van die skoolhoof, en governance wat die verantwoordelikheid van die beheerliggaam is, te oorskry.
Nieteenstaande die werkgewer-werknemer-verhouding wat tussen die beheerliggaam en die beheerliggaamwerknemers bestaan, is die verhouding tussen die beheerliggaam en departementele personeellede slegs om ondersteuning en insette te verskaf, om die belange van leerders te bevorder en om te help met die bevordering van 'n positiewe skoolomgewing.
6. Wat is professionele bestuur?
Ingevolge artikel 16 van die Suid-Afrikaanse Skolewet (SASW) moet die professionele bestuur van 'n openbare skool deur die skoolhoof onder die gesag van die Hoof van die Provinsiale Departement van Onderwys (HOD) onderneem word.
Artikel 16A(2) beskryf die verantwoordelikhede van die skoolhoof as:
7. Wat word bedoel met die bestuur (governance) van 'n openbare skool?
Artikel 16 van SASW bepaal ook dat die bestuur van elke openbare skool in sy beheerliggaam gesetel is. Die belangrikste aspek van bestuur is die verantwoordelikheid van die beheerliggaam om:
8. Die verhouding tussen die Provinsiale Departement van Onderwys en die beheerliggaam.
Die verhouding tussen die Departement van Onderwys en 'n beheerliggaam moet samewerkend van aard wees waar beide partye gelyke vennote is ten einde onderwys van hoë gehalte vir leerders te verseker.
Die strewe van die Departement om SASW en die Wet op Indiensneming van Opvoeders te wysig met die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (BELA) het egter die potensiaal om die dinamiek van hierdie verhouding drasties te verander. Alhoewel sommige van die wysigings 'n positiewe uitwerking op onderrig en leer sal hê, is daar voorgestelde wysiging wat in effek die beheerliggaam, ouers en opvoeders sal ontneem van hul samewerkende rol in die versekering van effektiewe onderrig en leer in skole.
Of hierdie wysigings goedgekeur sal word, moet nog gesien word. Tot dan word alle partye in 'n skoolomgewing aangemoedig om mekaar se rolle te respekteer, altyd in 'n vertrouensposisie teenoor alle rolspelers te staan en hul verskillende funksies op so 'n wyse uit te voer wat die beste belang van die skool sal bevorder.
'My experience with SAOU was outstanding. After months of struggle, they assisted me in obtaining my SACE certificate. Additionally, their thoughtful gesture of wishing me a happy birthday was particularly heartwarming.'
Keshia Erasmus
''Ons het gesukkel met 'n vakkeuse van 'n matriekleerling aan die begin van die jaar, aangesien haar ma verlede jaar die toestemmingsbrief na verkeerde e-pos gestuur het. Die departement het net volstrek geweier om haar vak te verander, al het sy al vir amper 'n kwartaal in die veranderde vak gesit. Ons het SAOU genader om hulp en dit was nie eers 'n paar dae nie toe kry ons die toestemmingsbrief vanaf die departement, vergesel met 'n verskoning.''
Lizé van Aswegen
''Flink diens. Akkurate inligting.'' Garetha
''Onderwerpe is spesifiek uniek, baie leersaam en word deur kundiges keurig aangebied.''
Gretie Luyt
''Best service and easy to find information. ''
Kgothatso Madibana
''My ervaring met SAOU is uitstekend tot dusver. Ek het aanlyn geregistreer en is bykans onmiddelik n lid.''
Janeke Jordaan
''Professional advice given and FAQ are very helpful. Staff knowledgeable and website insightful.''
Gregory McCullum
''Daar is dadelik aan my raad gegee.
Dokumentasie was vinnig aangestuur.
Andre Pretorius was vriendelik, bekwaam en van groot hulp met my probleem.''
Susan Jansen
''Excellent rating - For conducting the ongoing professional development workshops on content and on the
latest developments in education.
Continue with the excellent work.''
Molale DC
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat die webwerf verbruikers-vriendelik is en ek maklik kon aansluit by die unie. Ek is ook vinnig gehelp toe ek hoofkantoor gebêl het. ''
Jacomien Davidson
"Hiermee wil ek graag my dankbaarheid uitspreek vir die geleentheid wat ek ontvang het om saam met my gade die kongres te kon bywoon. Die ervaring was werklik spesiaal. Die absolute professionele voorbereiding ten opsigte van administrasie asook die persoonlike ingesteldheid teenoor die ontvangers van die toekennings was indrukwekkend. Baie dankie vir die erkenning van die werk wat opvoeders doen, dit skep nederige dankbaarheid vir die taak wat God aan my toevertrou het."
E Havenga
''The manner of questions are spot on and one can only hope responses will fast and reliable... New website is highly informative ''
ShamielITIO Mohamed
''Ek wil graag net persoonlik dankie se vir ''n wonderlike Saterdag. Dit was absoluut die moeite werd!
Julle verwelkoming, fantastiese sprekers, middagete, geskenkpakkie en nog 'n wegneem kospakkie was uit die boonste rakke. Dis n voorreg om lid van die SAOU te kan wees.
Dankie en sterkte vir dit waarvoor julle staan en die puik diens wat ons as lede ontvang.''
Sunet Sanders
''My ervaring met SAOU is uitstekend omdat - om dit sommer plein en reguit te sê - in al die jare wat ek SAOU opleidings bygewoon / (Zoom) was nie een ooit 'n mors van tyd nie. Dit is altyd baie insiggewend en interessant. Ek leer ongelooflik baie by die aanbiedings. Baie, baie dankie vir julle puik diens. Ek waardeer dit opreg. Somtyds is dit moeilik om alles ingepas te kry, om na die opleidings te luister maar ek probeer maar altyd 'n plan maak om dit by te woon. Gaan voort met die goeie werk! Baie dankie'' Mathilde van Niekerk
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat my vrae altyd vlugtig en deeglik beantwoord word. Ek voel vry om enige kwessie met die SAOU te bespreek en ek voel veilig sowel as beskermd wanneer ek kontak maak. Ek voel dat die SAOU as 'n uitstekende ondersteuningsnetwerk vir my dien en ek is nie seker dat ek onderwys, en die politiek daaragter, sou kon hanteer sonder 'n unie met wie ek so vertroud voel nie. Baie dankie!''
Karla du Toit
I got the answers to my questions and there was additional information I could browse on for more information.
Proudy Dlamini
Baie dankie vir alles wat julle alles vir my gedoen het hierdie jaar gedoen het .. al die dinge wat gesorteer het..al die help.. al die ondersteuning... Julle is puik...
Geniet julle vakansie!
Anneke Oberholzer
All Rights Reserved