GIDS MET BETREKKING TOT OUERSKAPVERLOF
Bevallingsverlof word al lank deur wetgewing in Suid-Afrika gereguleer. Onlangs is die status quo rakende die regte van ouers van pasgebore of aangenome kinders betwis en die Hof het die posisie vorentoe duidelik gemaak.
Huidige posisie
Die wetgewing bepaal tans dat die biologiese moeder geregtig is op 4 opeenvolgende maande betaalde bevallingsverlof. Die nie-geboortegewende ouer kan wel aansoek doen vir 10 dae onbetaalde vaderskapverlof in terme van Artikel 25A van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV).
Daar is aangevoer dat hierdie standpunt op twee maniere diskriminerend is.
Die eerste is dat die wet aanvaar dat die moeder die primêre versorger sal word en die nie-geboortegewende ouer die hoof broodwinner is. Dit beperk die regte van die moeder om terug te keer werk toe, aangesien dit sou veroorsaak dat die baba sonder ouersorg gelaat sal word.
Die tweede manier waarop aangevoer word dat dit diskriminerend is, is dat die wetgewing nie die nie-geboortegewende ouer toelaat om na die geboorte van die kind aan die versorging en bande smee met die pasgebore kind deel te neem nie. Die wet dwing in wese die nie-geboortegewende ouer om kort na die geboorte van die kind terug te keer werk toe.
Uitdaging van huidige posisie
Gedurende 2023 is die huidige posisie in die Hooggeregshof van Suid-Afrika betwis. Die Hof het die relevante bepalings van die WBDV en die Wet op Werkloosheidsversekering (WVW) ongeldig verklaar gegewe dat dit in stryd is met die fundamentele regte op gelykheid en waardigheid, deurdat dit:
Die kern van die Hof se redenasie lê daarin dat die WBDV ouers verskillend hanteer, afhangende van of hulle moeders, vaders, aanneemouers of ouers deur middel van surrogaatskap is.
Die Hof het bevind dat die onderskeid in die WBDV tussen geboorte- en nie-geboortegewende ouers nie geldig gestaaf word wanneer dit lei tot beperkte versorging van 'n kind in die geval van aanneming en meer sorg vir 'n kind in 'n ander geval byvoorbeeld wanneer 'n ouer geboorte gee aan 'n kind.
Die Hof het bevind dat die huidige posisie ongrondwetlik is en beveel dat die ouers van die verwagte pasgebore baba (wat aangenome babas insluit) geregtig is daarop om die 4 maande ouerskap verlof tussen hulle te verdeel soos hul goeddink. Dit beteken dat die moeder na die geboorte van die kind kan terugkeer werk toe en die ander ouer dan ouerskapverlof kan neem en as primêre versorger by die kind bly. Die benadering kan egter in stryd wees met Artikel 25 van die WBDV.
Die Hof het beveel dat die wetgewer die wetgewing wysig om in ooreenstemming met die Grondwet van Suid-Afrika sowel as die hofuitspraak te wees. Die Hooggeregshof het egter die saak en uitspraak na die hoogste hof, die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika, verwys om die uitspraak te bevestig. Eers nadat die Konstitusionele Hof die uitspraak bevestig sal dit in werking tree en sal die tydperk om wetgewing reg te stel, begin loop.
Die tussentydse verligting wat deur die Hof toegestaan is, bepaal dat elke ouer "beurte sal maak" om die verlof te neem. Dit beteken dat elke ouer agtereenvolgens hul verlof sal neem en nie gelyktydig nie. Die werkgewer kan egter 'n diskresie hê om die verlof gelyktydig toe te staan. Verdere duidelikheid word nog benodig rakende die toepassing van gelyktydige verlof. Hierdie kwessie sal hopelik deur die Konstitusionele Hof uitgeklaar word.
Maak die tussentydse verligting voorsiening vir die fisiologiese behoeftes van swanger vroue voor en na geboorte?
Ja. Die tussentydse verligting hou die bepalings in stand wat 'n swanger moeder toelaat om ter enige tyd vanaf vier weke voor die verwagte geboortedatum met bevallingsverlof te neem, tensy anders ooreengekom of op 'n datum waarop 'n mediese praktisyn of 'n vroedvrou sertifiseer dat dit nodig is vir die moeder se gesondheid of dié van haar ongebore kind. Verder mag die moeder nie vir ses weke na die geboorte van haar kind werk nie, tensy 'n mediese praktisyn of vroedvrou sertifiseer dat sy geskik is om dit te doen nie. Met betrekking tot 'n miskraam gedurende die derde trimester van swangerskap of 'n stilgeboorte, is die moeder geregtig op bevallingsverlof vir ses weke na die miskraam of stilgeboorte. Swanger vroue en die geboortegewende ouer sal egter die verloftoewysing van vier maande met die nie geboortegewende ouer van die kind moet deel indien hulle verkies om die verloftoewysing tussen hulle na die geboorte van die kind te verdeel.
As een ouer werkloos is, kan die ouer wat in diens is 4 maande neem?
Ja, die ouer wat in diens is, sal geregtig wees om 4 maande verlof te neem en die WVF-voordeel te eis, indien van toepassing na die Konstitusionele Hof die uitspraak bevestig.
Wat is die posisie nou?
Tot tyd en wyl die Konstitusionele Hof die Hooggeregshof se uitspraak bevestig het, is die posisie onveranderd. Slegs biologiese moeders is geregtig op bevallingsverlof. Sodra die Konstitusionele Hof die uitspraak van die Hooggeregshof bevestig het, sal die veranderinge in werking tree
Indien jy twyfel of vrae het oor die onderwerp, moet asseblief nie huiwer om jou provinsiale SAOU-kantoor of die SAOU Regsafdeling te kontak nie.
SAKAI-NASIENERS VIR 2024 NSS-EKSAMEN
SAKAI sal die Oktober/November 2024 NSS-vraestelle vanaf 8 November 2024 tot 6 Desember 2024 in Pretoria nasien.
Is jy 'n bekwame en gekwalifiseerde nasiener?
Klik hier
om meer besonderhede te bekom oor die vereistes, vakke wat nagesien gaan word en om aansoek te doen.
NOORDELIKE HELPMEKAARSTUDIEFONDS (NHSF)
Die Noordelike Helpmekaarstudiefonds (NHSF) gee studielenings van tot R70,000 per jaar aan gekeurde studente wat self verantwoordelik wil wees vir hul verdere studies. Die lenings is terugbetaalbaar, maar teen van die billikste voorwaardes wat beskikbaar is.
Klik hier om meer besonderhede te bekom, of besoek hul
webblad.
RAPPORT ONDERWYSFONDS (ROF)
Die Rapport Onderwysfonds (ROF) beskik oor ‘n vakante posisie vir Bestuurder van die Fonds.
Hierdie pos bied 'n uitdagende en lonende geleentheid om 'n impak te maak op die onderwyslandskap.
Die waardeproposisie van hierdie geleentheid sluit in buigsaamheid in terme van werksure en 'n salaris wat dienooreenkomstig die vlak van die pos reflekteer. Die vergoedingspakket sluit in 'n vaste vergoedingskomponent in wat die vlak van die pos reflekteer sowel as 'n bonus vir die bereiking van bepaalde uitsette soos deur die Raad goedgekeur.
Klik hier om meer besonderhede oor die vakature te bekom.
'My experience with SAOU was outstanding. After months of struggle, they assisted me in obtaining my SACE certificate. Additionally, their thoughtful gesture of wishing me a happy birthday was particularly heartwarming.'
Keshia Erasmus
''Ons het gesukkel met 'n vakkeuse van 'n matriekleerling aan die begin van die jaar, aangesien haar ma verlede jaar die toestemmingsbrief na verkeerde e-pos gestuur het. Die departement het net volstrek geweier om haar vak te verander, al het sy al vir amper 'n kwartaal in die veranderde vak gesit. Ons het SAOU genader om hulp en dit was nie eers 'n paar dae nie toe kry ons die toestemmingsbrief vanaf die departement, vergesel met 'n verskoning.''
Lizé van Aswegen
''Flink diens. Akkurate inligting.'' Garetha
''Onderwerpe is spesifiek uniek, baie leersaam en word deur kundiges keurig aangebied.''
Gretie Luyt
''Best service and easy to find information. ''
Kgothatso Madibana
''My ervaring met SAOU is uitstekend tot dusver. Ek het aanlyn geregistreer en is bykans onmiddelik n lid.''
Janeke Jordaan
''Professional advice given and FAQ are very helpful. Staff knowledgeable and website insightful.''
Gregory McCullum
''Daar is dadelik aan my raad gegee.
Dokumentasie was vinnig aangestuur.
Andre Pretorius was vriendelik, bekwaam en van groot hulp met my probleem.''
Susan Jansen
''Excellent rating - For conducting the ongoing professional development workshops on content and on the
latest developments in education.
Continue with the excellent work.''
Molale DC
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat die webwerf verbruikers-vriendelik is en ek maklik kon aansluit by die unie. Ek is ook vinnig gehelp toe ek hoofkantoor gebêl het. ''
Jacomien Davidson
"Hiermee wil ek graag my dankbaarheid uitspreek vir die geleentheid wat ek ontvang het om saam met my gade die kongres te kon bywoon. Die ervaring was werklik spesiaal. Die absolute professionele voorbereiding ten opsigte van administrasie asook die persoonlike ingesteldheid teenoor die ontvangers van die toekennings was indrukwekkend. Baie dankie vir die erkenning van die werk wat opvoeders doen, dit skep nederige dankbaarheid vir die taak wat God aan my toevertrou het."
E Havenga
''The manner of questions are spot on and one can only hope responses will fast and reliable... New website is highly informative ''
ShamielITIO Mohamed
''Ek wil graag net persoonlik dankie se vir ''n wonderlike Saterdag. Dit was absoluut die moeite werd!
Julle verwelkoming, fantastiese sprekers, middagete, geskenkpakkie en nog 'n wegneem kospakkie was uit die boonste rakke. Dis n voorreg om lid van die SAOU te kan wees.
Dankie en sterkte vir dit waarvoor julle staan en die puik diens wat ons as lede ontvang.''
Sunet Sanders
''My ervaring met SAOU is uitstekend omdat - om dit sommer plein en reguit te sê - in al die jare wat ek SAOU opleidings bygewoon / (Zoom) was nie een ooit 'n mors van tyd nie. Dit is altyd baie insiggewend en interessant. Ek leer ongelooflik baie by die aanbiedings. Baie, baie dankie vir julle puik diens. Ek waardeer dit opreg. Somtyds is dit moeilik om alles ingepas te kry, om na die opleidings te luister maar ek probeer maar altyd 'n plan maak om dit by te woon. Gaan voort met die goeie werk! Baie dankie'' Mathilde van Niekerk
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat my vrae altyd vlugtig en deeglik beantwoord word. Ek voel vry om enige kwessie met die SAOU te bespreek en ek voel veilig sowel as beskermd wanneer ek kontak maak. Ek voel dat die SAOU as 'n uitstekende ondersteuningsnetwerk vir my dien en ek is nie seker dat ek onderwys, en die politiek daaragter, sou kon hanteer sonder 'n unie met wie ek so vertroud voel nie. Baie dankie!''
Karla du Toit
I got the answers to my questions and there was additional information I could browse on for more information.
Proudy Dlamini
Baie dankie vir alles wat julle alles vir my gedoen het hierdie jaar gedoen het .. al die dinge wat gesorteer het..al die help.. al die ondersteuning... Julle is puik...
Geniet julle vakansie!
Anneke Oberholzer
All Rights Reserved