NN 02/2024

DIE SAOU SALUEER ONDERWYSERS

Ons opregte gelukwensing gaan aan elke matrikulant, ouer, skoolbestuurspan en onderwyser wat die ruimte geskep het vir die suksesvolle uitslae van 2023.

 

Die SAOU salueer sy lede wat bygedra het tot die uitstekende matriekuitslae van 2023. Elkeen se harde werk en se passie tot geroepenheid het van elkeen van julle wenners gemaak.

 

Ten spyte van moeilike omstandighede soos beurtkrag, tekort aan infrastruktuur, oorvol klasse, moeilike werksomstandighede, vol buitemuurse programme en nog ‘n legio ander uitdagings, het u dit laat werk en baie leerders inspireer.

 

‘n Matrieksertifikaat is nie die werk van slegs een jaar nie. Dit is insette van onderwysers in die leerder se vormingsjare, deur puberteit, deur adolessensie tot die uiteindelike vorming van ‘n volronde, jong volwassene wat die toekoms met die nodige vaardighede kan aanpak. Die resultaat is die produk van alle opvoeders se bydraes.

 

Ons gelukwensing gaan aan elke onderwyser en daarmee saam ‘n nederige dankie vir elkeen wat bygedra het tot elke matrikulant se sukses. Ons salueer u.

THE SAOU SALUTES EDUCATORS

Our sincere congratulations goes to every matriculant, parent, school management team and teacher, who provided the space to facilitate the successful 2023 results.

 

The SAOU salutes its members who contributed to the excellent matriculation results of 2023. Through hard work and your commitment to your calling, you are winners in your own right.

 

In difficult circumstances, be it, load shedding, lack of infrastructure, overcrowded classes, a full extra mural workload, and many other factors you made it work and inspired hope in many learners.

 

A matriculation certificate is not the work of only one year.

The contributions of all educators from the formative years, through puberty, through young adolescence to young adults who can face the future with the necessary skill set as full-rounded individuals, can not be dismissed. The result is the product of all educators’ contributions.

 

We congratulate every educator and with that render a humble word of thanks to you for playing a part in every matriculant’s success. We salute you.

by SAOU 12 February 2025
NN 08/2025: Na afloop van die werkgewer se finale aanbod wat op 30 Januarie 2025 op die tafel geplaas is, is georganiseerde arbeid versoek om ‘n mandaat van lede in te win om te sien of die salaris ooreenkoms onderteken kan word...
by Regsdienste 11 February 2025
NN 07/2025: Digital literacy is one of the aspects that should be taught to learners and cannot be limited to a single subject. However, in recent years social media have also become an important tool for organisations and institutions to offer new opportunities for online communication, engagement, as well as the fast and easy digital sharing of information...
by SAOU 6 February 2025
NN 06/2025: Die werkgewer het op 28 Januarie 2025 ‘n finale getekende aanbod op die tafel geplaas vir die oorweging van georganiseerde arbeid. Dit is die finalisering van ‘n drie jaar salaris ooreenkoms wat begin in 2025 en...
More posts
Share by: