Die professionele opvoeder se beroep vereis ʼn hoë graad van sorgsaamheid teenoor leerders. ‘n Opvoeder kan aanspreeklik gehou word indien ‘n leerder ‘n besering opdoen op die skoolterrein en of emosionele skade ly wat vermy kon word.
Die onderstaande is aspekte waarvan kennis geneem moet word om die breër konteks te verstaan met betrekking tot beserings op die skoolterrein.
Wat behels diligens paterfamilias?
Die rol van die opvoeder is om met diligens paterfamilias op te tree. Dit beteken dat die opvoeder soos ‘n ouer in ‘n normale huishouding moet optree met betrekking tot aandag en sorgsaamheid.
Wat behels in loco parentis?
In loco parentis beteken “in die plek van die ouer”. Dit impliseer dat die skool en opvoeder gedurende skoolaktiwiteite in die plek van die ouer staan ten einde sekere funksies te vervul. Dit sluit die onderstaande in:
Wat behels sorgsaamheidsplig?
Die opvoeder se sorgsaamheidsplig sluit die plig in om die leerder te beskerm teen fisiese beserings, asook emosionele benadeling.
Die sorgsaamheidsplig van ‘n skool strek verder as om leerders net teen gevaar te waarsku. Opvoeders moet verseker dat sovêr moontlik daar geen skade gely word nie.
Wat beteken dit om aanspreeklik te wees?
Aanspreeklikheid in die onderwysomgewing berus op die volgende partye:
Hierdie partye kan aanspreeklik gehou word om te vergoed vir skade wat ‘n leerder gely het.
Wat is die 4 vereistes vir deliktuele aanspreeklikheid?
1. Handeling
Die handeling (daad/aksie) moet ‘n willekeurige aksie en ‘n menslike handeling wees, met ander woorde ‘n hond wat by die skool inhardloop en ‘n leerder byt, tel nie as ‘n menslike handeling nie. ‘n Willekeurige handeling is iets wat binne die persoon se beheer is met ander woorde indien ‘n opvoeder sou flou word en ‘n leerder in die proses beseer word, is dit ‘n onwillekeurige handeling.
2. Skuld
Skuld word gesien as iets wat met opset gedoen word of wanneer iemand nalatig was.
3. Skade
Skade verwys onder andere na die volgende:
4. Kousaliteit/oorsaaklikheid
Daar moet ‘n kousale verband bestaan tussen die onregmatige handeling en die nadeel of skade wat ingetree het. (Die handeling/besluit moes die direkte oorsaak van die skade gewees het).
Wat sȇ die wet?
Volgens Gemenereg delegeer ouers hul wetlike verpligting van sorgsaamheid met betrekking tot hul kinders aan die opvoeder.
Die wet stipuleer dat ‘n opvoeder uit die staanspoor uit moet weet dat kinders:
Wat is die redelike persoon toets?
Die vraag word afgevra of die opvoeder die skade kon voorsien het en indien dit redelikerwys voorsienbaar was, het hy/sy redelike maatreëls getref wat die skade kon verhoed het?
Wat is nalatigheid?
Nalatigheid kan aangedui word deur vasgestelde regsvrae:
Watter aktiwiteite word beskou as skoolaktiwiteite?
Alle aktiwiteite wat leerders op die skoolterrein uitoefen sonder dat die leerder se ouers teenwoordig is, word beskou as ‘n skoolaktiwiteit. Dit sluit die normale skool- en buitemuurse aktiwiteite in sowel as spesiale geleenthede/aktiwiteite soos waterkas-kenades, modeparades, talentkompetisies ens.
In watter ander omstandighede is die skool / onderwyser steeds aanspreeklik?
Wat kan `n opvoeder/skool doen om hulself te beskerm wanneer daar `n besering op die terrein is?
INJURIES ON SCHOOL PREMISES AND LIABILITY
The professional educator's calling requires a high degree of caring for learners. An educator may be held liable if a learner sustains an injury on the school premises or suffers emotional damage that could have been avoided.
The following are aspects that must be noted in order to understand the broader context regarding injuries on school premises.
What does diligens paterfamilias include?
The role of the educator is to act with diligens paterfamilias. This means that the educator must act like a parent in a normal household with regard to attention and care.
What does in loco parentis include?
In loco parentis means "in the place of the parent". This implies that the school and educator take the place of the parent during school activities in order to fulfil certain functions. This includes the following:
What does duty to care include?
The educator's duty to care includes the duty to protect the learner from physical injury, as well as emotional harm.
A school's duty to care extends beyond just warning learners about danger. Educators must ensure that, as far as possible, no harm is done.
What does it mean to be accountable?
Accountability in the educational environment rests on the following parties:
These parties can be held liable to compensate for damages suffered by a learner.
What are the 4 requirements for delictual liability?
1. Action
The act (deed/action) must be a voluntary action and a human act, i.e., the action of a dog that runs into the school property and bites a learner is not considered as a human act. A voluntary act is something that is within the person's control. If an educator faints and a learner is injured in the process, this is an involuntary act.
2. Guilt
Guilt is seen as something done on purpose or when someone was negligent.
3. Damage
Damage refers, among other things, to the following:
4. Causality
There must be a causal connection between the unlawful act and the disadvantage or damage that occurred. (The act/decision must have been the direct cause of the damage).
What does the law say?
According to Common Law, parents delegate their legal duty of care in relation to their children, to the educator.
The law stipulates that an educator must know from the outset that children:
What is the reasonable person test?
The question is asked whether the educator could have foreseen the damage; and, if it was reasonably foreseeable, did he/she take reasonable measures that could have prevented the damage?
What is negligence?
Negligence can be indicated by fixed questions of the law:
Which activities are considered school activities?
All activities participated in by learners on the school premises without the learner's parents being present are considered a school activity. This includes the normal school and extra-curricular activities as well as special events/activities such as water fun activities, fashion parades, talent competitions etc.
In what other circumstances is the school / educator still liable?
What can an educator/school do to protect themselves when there is an injury on-site?
'My experience with SAOU was outstanding. After months of struggle, they assisted me in obtaining my SACE certificate. Additionally, their thoughtful gesture of wishing me a happy birthday was particularly heartwarming.'
Keshia Erasmus
''Ons het gesukkel met 'n vakkeuse van 'n matriekleerling aan die begin van die jaar, aangesien haar ma verlede jaar die toestemmingsbrief na verkeerde e-pos gestuur het. Die departement het net volstrek geweier om haar vak te verander, al het sy al vir amper 'n kwartaal in die veranderde vak gesit. Ons het SAOU genader om hulp en dit was nie eers 'n paar dae nie toe kry ons die toestemmingsbrief vanaf die departement, vergesel met 'n verskoning.''
Lizé van Aswegen
''Flink diens. Akkurate inligting.'' Garetha
''Onderwerpe is spesifiek uniek, baie leersaam en word deur kundiges keurig aangebied.''
Gretie Luyt
''Best service and easy to find information. ''
Kgothatso Madibana
''My ervaring met SAOU is uitstekend tot dusver. Ek het aanlyn geregistreer en is bykans onmiddelik n lid.''
Janeke Jordaan
''Professional advice given and FAQ are very helpful. Staff knowledgeable and website insightful.''
Gregory McCullum
''Daar is dadelik aan my raad gegee.
Dokumentasie was vinnig aangestuur.
Andre Pretorius was vriendelik, bekwaam en van groot hulp met my probleem.''
Susan Jansen
''Excellent rating - For conducting the ongoing professional development workshops on content and on the
latest developments in education.
Continue with the excellent work.''
Molale DC
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat die webwerf verbruikers-vriendelik is en ek maklik kon aansluit by die unie. Ek is ook vinnig gehelp toe ek hoofkantoor gebêl het. ''
Jacomien Davidson
"Hiermee wil ek graag my dankbaarheid uitspreek vir die geleentheid wat ek ontvang het om saam met my gade die kongres te kon bywoon. Die ervaring was werklik spesiaal. Die absolute professionele voorbereiding ten opsigte van administrasie asook die persoonlike ingesteldheid teenoor die ontvangers van die toekennings was indrukwekkend. Baie dankie vir die erkenning van die werk wat opvoeders doen, dit skep nederige dankbaarheid vir die taak wat God aan my toevertrou het."
E Havenga
''The manner of questions are spot on and one can only hope responses will fast and reliable... New website is highly informative ''
ShamielITIO Mohamed
''Ek wil graag net persoonlik dankie se vir ''n wonderlike Saterdag. Dit was absoluut die moeite werd!
Julle verwelkoming, fantastiese sprekers, middagete, geskenkpakkie en nog 'n wegneem kospakkie was uit die boonste rakke. Dis n voorreg om lid van die SAOU te kan wees.
Dankie en sterkte vir dit waarvoor julle staan en die puik diens wat ons as lede ontvang.''
Sunet Sanders
''My ervaring met SAOU is uitstekend omdat - om dit sommer plein en reguit te sê - in al die jare wat ek SAOU opleidings bygewoon / (Zoom) was nie een ooit 'n mors van tyd nie. Dit is altyd baie insiggewend en interessant. Ek leer ongelooflik baie by die aanbiedings. Baie, baie dankie vir julle puik diens. Ek waardeer dit opreg. Somtyds is dit moeilik om alles ingepas te kry, om na die opleidings te luister maar ek probeer maar altyd 'n plan maak om dit by te woon. Gaan voort met die goeie werk! Baie dankie'' Mathilde van Niekerk
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat my vrae altyd vlugtig en deeglik beantwoord word. Ek voel vry om enige kwessie met die SAOU te bespreek en ek voel veilig sowel as beskermd wanneer ek kontak maak. Ek voel dat die SAOU as 'n uitstekende ondersteuningsnetwerk vir my dien en ek is nie seker dat ek onderwys, en die politiek daaragter, sou kon hanteer sonder 'n unie met wie ek so vertroud voel nie. Baie dankie!''
Karla du Toit
I got the answers to my questions and there was additional information I could browse on for more information.
Proudy Dlamini
Baie dankie vir alles wat julle alles vir my gedoen het hierdie jaar gedoen het .. al die dinge wat gesorteer het..al die help.. al die ondersteuning... Julle is puik...
Geniet julle vakansie!
Anneke Oberholzer
All Rights Reserved