VRYSTELLING VAN DIE GRAAD 12 UITSLAE 2024
‘n Hoogtepunt vir elke onderwyser is die vrystelling van die Graad 12 uitslae, veral om ‘n vorige leerder as nasionale of provinsiale top presteerders op die verhoog te sien verskyn. Dit laat sommer so ‘n warm gevoel in jou hart al het jy jare terug vir hierdie kind skool gehou.
Die stories van elkeen van hierdie Graad 12 leerders, bring soms lag en soms ‘n traan - dit vertel uiteindelik ‘n storie van ‘n twaalf jaar lange reis, ‘n reis wat aan elkeen uniek is.
Hierdie storie vertel van 12 skooltasse, 12 stelle skoolskoene; van skoolklere wat aanvanklik heeltemal te groot was, maar waarin elkeen ingegroei het.
Dit is die storie van ‘n Graad 1 onderwyser wat trane moes afvee nadat Ma of Pa hierdie kind op die eerste dag moes afsien; dit vertel van Grondslagfase juffrouens wat hierdie kind moes leer lees en skryf, tel en met klei speel; middellynkruising, sterretjie netbal en bulletjie rugby, wat moes troos en omgee, wat hierdie kind moes leer hoe om met waardigheid op te tree, leer om te wen, maar ook om te verloor.
Die storie van hierdie kind in die laerskool vertel van klasse wissel, om by ‘n Meneer klas te kry, om vakke soos Wiskunde te leer, maar ook om leierskap te beoefen as Graad 7 leerlingraad. Dit vertel van die eerste keer wat hierdie kind in die Hoof se kantoor ‘n draai moes maak met groot kommer, maar ook van volwasse gesprekke oor hierdie kind se toekoms; keuses van hoërskole. Dit het die moeilike lewenslesse om kinderdae agter te laat ingesluit soos die afskeid van laerskoolmaats, nuwe liefdes en gebroke harte, maar uiteindelik hoe om een lewensfase in ‘n bekende omgewing af te sluit en om weer van vooraf nuut te begin.
Die storie van hierdie kind sluit die eerste dag in Graad 8 in, die vrees vir die groot kinders, ‘n nuwe hoof, nuwe onderwysers, ander vakke, ‘n groot onbekende skoolgebou. Maar dit sluit ook opwindende nuwes in: die eerste Valentynsdans, die eerste Interhoër atletiek om maar net ‘n paar te noem.
Die storie van hierdie kind, sluit af met laastes – die Matriekafskeid, die laaste sokkie, die laaste saalopening en die laaste eksamen, en die laaste dae van kindwees.
Die storie vertel nie net van hierdie kind nie, maar van elke onderwyser wat ‘n deel aan hierdie kind se lewe gehad het. Dit vertel van elke onderwyser wat hard gewerk het om voor te berei, om toetse en take op te stel en om seker te maak dat hierdie kind ‘n liefde vir leer maar ook ‘n liefde vir die vak ontwikkel. Dit vertel egter van baie meer as net harde werk om hierdie kind akademies voor te berei om die graad of fase te laat slaag, maar ook van al daardie ekstra tyd waarna daar nooit verwys word nie – na-ure by die skool en op die sportveld en vir kultuur. Dit vertel van ‘n onderwyser se emosionele belegging in hierdie kind; kommer oor hierdie kind se welsyn maar ook die opgewondenheid om elke hoogtepunt saam met hierdie kind te vier.
Die vieringe rondom die Graad 12 leerders van 2024 is ‘n viering vir elke onderwyser wat langs die pad hierdie kind voorberei het om by die onderwysstelsel se spreekwoordelike deur uit te loop - in die toekoms van ‘n volwassene in.
Dit is die een dag waar ons as onderwysers stil staan en juig oor die roeping wat ons aanvaar het en die werk wat ons met soveel toewyding doen.
Die SAOU wens elke persoon wat ‘n deel van hierdie storie van die Klas van 2024 se verhaal was geluk met die uitslae van hierdie groep en voorspoed vir die nuwe jaar groep waarmee ons nou begin.
RELEASE OF THE GRADE 12 RESULTS 2024
A highlight for every teacher is the release of the Grade 12 results, specifically to see a former learner appear on stage as a national or provincial top achiever. This leaves you with a warm feeling even if you haven’t taught this child for a long time.
The stories of every one of these Grade 12 learners, might bring a laugh or a tear to your eye – in the end it tells a story of a journey over 12 years, a journey which is unique to every child.
This story tells of 12 school bags, 12 sets of school shoes; of school uniforms which started off too big, but ended as a perfect fit.
This is the story of a Grade 1 teacher who had to wipe the tears from this child’s cheek, after Mom or Dad had to leave on the first day; it tells of Foundation Phase teachers who had to teach this child to read and write, count and play with clay; midline crossing, junior netball and rugby; who had to comfort and care; who had to teach this child how to act with dignity, how to win, but also how to loose.
The story of this child tells of preparing to rotate to different classes and how to act when being taught by a male teacher, to learn subjects such as Maths, but also how to be a leader as part of the Grade 7 learner council. This tells of the first time this child had to visit the principal in his office with great apprehension; but also, adult discussions on the future of this child, starting with the selection of a suitable secondary school. It included the difficult life lessons of leaving childhood behind: the loss of primary school friends, young love and broken hearts, but most of all concluding one phase in a known environment and starting anew and being adaptable.
The story of this child tells of the first day in Grade 8, fearing learners who are bigger, a new principal, new teachers, new subjects, a new unknown school building. But it also includes some unknowns: the first Valentine’s dance, first Inter schools’ athletics, to name a few.
The story of this child concludes with a long list of lasts: Matric Farewell, the last school dance, the last assembly and the last exam – in effect the last days of childhood.
This story tells, not only of this child, but of every teacher who shared a part of this child’s life. It tells of every teacher who had to prepare late into the night, who had to set tasks and tests and who worked hard to ensure that this child developed a love for learning and a love for this specific subject. It actually tells a lot more than of preparing this child academically to pass a grade or a phase, but also tells of extra time which is never mentioned – after hours at school on the sport field or for cultural activities, It tells of emotional investment in this child; worrying about the wellbeing of this child or celebrating each highlight in this child’s life.
The celebration of the results of the Grade 12 learners of 2024 is a celebration of every teacher who formed a part of the story of this child; in preparing him to walk out of the door of education into an adult future.
This is the day where we as teachers stop and celebrate. We also cheer about our chosen vocation and the work that we perform with dedication.
The SAOU congratulates every person who had a part to play in the story of the Class of 2024, as well as in their results and we wish you all the best with the new group of this year.
'My experience with SAOU was outstanding. After months of struggle, they assisted me in obtaining my SACE certificate. Additionally, their thoughtful gesture of wishing me a happy birthday was particularly heartwarming.'
Keshia Erasmus
''Ons het gesukkel met 'n vakkeuse van 'n matriekleerling aan die begin van die jaar, aangesien haar ma verlede jaar die toestemmingsbrief na verkeerde e-pos gestuur het. Die departement het net volstrek geweier om haar vak te verander, al het sy al vir amper 'n kwartaal in die veranderde vak gesit. Ons het SAOU genader om hulp en dit was nie eers 'n paar dae nie toe kry ons die toestemmingsbrief vanaf die departement, vergesel met 'n verskoning.''
Lizé van Aswegen
''Flink diens. Akkurate inligting.'' Garetha
''Onderwerpe is spesifiek uniek, baie leersaam en word deur kundiges keurig aangebied.''
Gretie Luyt
''Best service and easy to find information. ''
Kgothatso Madibana
''My ervaring met SAOU is uitstekend tot dusver. Ek het aanlyn geregistreer en is bykans onmiddelik n lid.''
Janeke Jordaan
''Professional advice given and FAQ are very helpful. Staff knowledgeable and website insightful.''
Gregory McCullum
''Daar is dadelik aan my raad gegee.
Dokumentasie was vinnig aangestuur.
Andre Pretorius was vriendelik, bekwaam en van groot hulp met my probleem.''
Susan Jansen
''Excellent rating - For conducting the ongoing professional development workshops on content and on the
latest developments in education.
Continue with the excellent work.''
Molale DC
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat die webwerf verbruikers-vriendelik is en ek maklik kon aansluit by die unie. Ek is ook vinnig gehelp toe ek hoofkantoor gebêl het. ''
Jacomien Davidson
"Hiermee wil ek graag my dankbaarheid uitspreek vir die geleentheid wat ek ontvang het om saam met my gade die kongres te kon bywoon. Die ervaring was werklik spesiaal. Die absolute professionele voorbereiding ten opsigte van administrasie asook die persoonlike ingesteldheid teenoor die ontvangers van die toekennings was indrukwekkend. Baie dankie vir die erkenning van die werk wat opvoeders doen, dit skep nederige dankbaarheid vir die taak wat God aan my toevertrou het."
E Havenga
''The manner of questions are spot on and one can only hope responses will fast and reliable... New website is highly informative ''
ShamielITIO Mohamed
''Ek wil graag net persoonlik dankie se vir ''n wonderlike Saterdag. Dit was absoluut die moeite werd!
Julle verwelkoming, fantastiese sprekers, middagete, geskenkpakkie en nog 'n wegneem kospakkie was uit die boonste rakke. Dis n voorreg om lid van die SAOU te kan wees.
Dankie en sterkte vir dit waarvoor julle staan en die puik diens wat ons as lede ontvang.''
Sunet Sanders
''My ervaring met SAOU is uitstekend omdat - om dit sommer plein en reguit te sê - in al die jare wat ek SAOU opleidings bygewoon / (Zoom) was nie een ooit 'n mors van tyd nie. Dit is altyd baie insiggewend en interessant. Ek leer ongelooflik baie by die aanbiedings. Baie, baie dankie vir julle puik diens. Ek waardeer dit opreg. Somtyds is dit moeilik om alles ingepas te kry, om na die opleidings te luister maar ek probeer maar altyd 'n plan maak om dit by te woon. Gaan voort met die goeie werk! Baie dankie'' Mathilde van Niekerk
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat my vrae altyd vlugtig en deeglik beantwoord word. Ek voel vry om enige kwessie met die SAOU te bespreek en ek voel veilig sowel as beskermd wanneer ek kontak maak. Ek voel dat die SAOU as 'n uitstekende ondersteuningsnetwerk vir my dien en ek is nie seker dat ek onderwys, en die politiek daaragter, sou kon hanteer sonder 'n unie met wie ek so vertroud voel nie. Baie dankie!''
Karla du Toit
I got the answers to my questions and there was additional information I could browse on for more information.
Proudy Dlamini
Baie dankie vir alles wat julle alles vir my gedoen het hierdie jaar gedoen het .. al die dinge wat gesorteer het..al die help.. al die ondersteuning... Julle is puik...
Geniet julle vakansie!
Anneke Oberholzer
All Rights Reserved