IMPLEMENTERInG VAN DIE WYSIGINGS VAN DIE SUID-AFRIKAANSE
SKOLEWET
1. Wat is die beplanning rondom die implementering van die SA Skolewet wysigings (SASW)?
Nasionale Nuusbrief 1 van 2025 het die agtergrond en interpretasie van die wysigings aan die SASW uiteengesit. Daarmee saam het die SAOU ‘n webinaar aangebied waarin die belangrikste brandpunte aangespreek is. Die Minister van Basiese Onderwys (MBO) is getaak om aan die stuur te wees m.b.t. tot die implementering van die wysigings.
Tydens terugvoer oor die stand van gereedheid het die Departement van Basiese Onderwys (DBO) aangedui dat daar alreeds met mediasie in al 9 provinsies in 2024 begin is. Die doel hiervan is dat daar ‘n gemeenskaplike begrip rondom die implementering gevorm moet word. Die mediasieproses vind in die vorm van ‘n inligtingsessie plaas waarin sekere aspekte uitgelig word.
2. Wie word by die mediasieproses betrek?
Hierdie sessies is gemik op senior provinsiale amptenare, Regsdienste, distriksdirekteure en hul bestuurspanne, amptenare wat betrokke is by skoolveiligheid, diegene betrokke by graad R, tuisskool-onderrig en klein skole, verteenwoodigers van vakbonde, beheerliggaamorganisasies en professionele verenigings.
Indien hierdie sessies reeds in u area aangebied is en u dit moontlik nie bygewoon het nie, sal soortgelyke sessies in 2025 aangebied word. Taakspanne word opgestel om ook die opleiding aan beheerliggame, skoolhoofde, skoolbestuurspanne en onderwysers aan te bied.
Hierdie opleiding sal tussen Januarie 2025 en Maart 2025 aangebied word.
‘n Gemeenskapsopleidingsprogram van die wysigings op die SASW sal deur Kwaliteit Leer en Onderrig Veldtog (QLTC) aangebied word.
3. Watter riglyne sal beskikbaar gestel word en wanneer sal dit beskikbaar wees?
Die DBO stel in vooruitsig dat daar riglyndokumente beskikbaar gestel sal word om die implementering van die wysigings te vergemaklik.
Die ontwikkeling van die riglyndokumente het reeds begin. Hierdie dokumente sal eers deur konsultasie prosesse gaan, waartydens belanghebbers insette sal lewer in die ontwikkeling van die regulasies en riglyne. Dit sal voorgelê word aan die Komitee van Onderwyshoofde (HEDCOM) en die Raad van Onderwys Ministers (CEM) waarna die dokumente aan provinsies, distrikte en skole uitgestuur sal word.
4. As die MBO verwys na regulasies, watter regulasies is dit?
Daar is verskeie en uiteenlopende beleide, omsendskrywes vir omskakeling na regulasies geïdentifiseer. Klik hier om die volledige lys te sien soos voorgehou tydens `n opvolg vergadering gehou deur die MBO op 11 Januarie 2025 rakende skoolgereedheid vir die 2025 akademiese jaar.
5. Hoe kan die SAOU jou ondersteun?
Die SAOU sal u op hoogte hou van die ontwikkelinge rondom die dokumente. Die dokumente soos gefinaliseer, sal op die SAOU se aanlynstelsel SAOU aanlyn geplaas word.
gems
Verhoging in GEMS-lidmaatskapfooie en die implementering van die mediese subsidie
1. Wat behels die verhoging van GEMS se lidmaatskapfooi?
GEMS het ‘n verhoging van 13.9% toegepas op bestaande planne, met die wat in werking getree het vanaf 1 Januarie 2025. Die uitoefening van u opsie is uitgestel tot 25 Januarie 2025. Hierdie uitsteldatum het twee implikasies:
2. Wat is die mediese subsidie wat ek kan verwag?
Die Departement van Staasdiensadministrasie (DPSA) het in
Omsendskrywe 48 van 2024 op 7 Desember 2024 ‘n aanpassing van 5.9% bekendgemaak vir 2025.
3. Wanneer kan ek die mediese subsidie verwag?
Die implementering van die verhoging is die verantwoordelikheid van die betrokke provinsie en dit mag dus wissel van een provinsie tot ‘n ander. Indien hierdie mediese subsidie nie geïmplementeer word nie, kontak u provinsiale kantoor aangesien hierdie van provinsie tot provinsie mag verskil.
4. Wat doen die unie om my te beskerm deur hierdie uitermatige hoë lidmaatskapsfooi?
Die SAOU, wat geaffilieer is met FEDUSA, het ‘n taakspan saamgestel om die kollektiewe ooreenkoms wat met GEMS gesluit is uit te daag oor die eensydige implementering van die lidmaatskapsfooi en is tans besig om regsgronde vir litigasie te ondersoek. Al die staatsdiens vakbonde binne FEDUSA het eenparig hulle steun aan die aksie verleen.
Ons hou u op hoogte met verwikkelinge in hierdie verband.
5. Wat doen die unie om die lae verhoging in van die staat se mediese subsidie aan te spreek?
Georganiseerde arbeid is tans besig om as deel van die salarisonderhandelinge hierdie kwessie aan te spreek. Hierdie is een van die eise wat onderhandel word. Ons sal die uitkoms kommunikeer sodra dit beskikbaar is.
Kontak u SAOU-provinsiale kantoor of die Dienssentrum onverwyld indien u enige navrae het.
IMPLEMENTATION OF THE AMENDMENTS TO THE SOUTH AFRICAN SCHOOLS’ ACT
1. What is planned for the implementation of the amendments to South African Schools Act (SASA)?
National Newsletter 1 of 2025 provided the interpretation and amendments to the SASA. Additionally, the SAOU presented a webinar on the important burning issues. The Minister of Basic Education (MBE) was tasked to lead the implementation of these amendments.
During a feedback session on the state of readiness, the Department of Basic Education (DBE) indicated that they embarked on a process of mediation in all 9 provinces during 2024. The aim is to ensure universal understanding and interpretation of the Act. The mediation process takes the form of an information session where certain aspects are highlighted.
2. Who was the targeted group of the mediation process?
This session was aimed at senior provincial officials, legal services, district directors and their management teams, officials responsible for school safety, Grade R, home education, small schools, representatives from organised labour, SGB associations and professional associations.
If these sessions have already been conducted in your region and you were unable to attend, similar sessions will be held in 2025. Task teams are established to provide training to school governing bodies, principals, school management teams and teachers.
This training will take place from January 2025 to March 2025.
The Quality Learning and Teaching Campaign (QLTC) will have community mediation of the amendments to SASA.
3. Which guidelines will be made available and when will it be available?
The DBE indicated that guideline documents will be made available to assist in the implementation of the amendments.
The development of the guideline documents has already commenced. These documents will first be submitted for a consultation process, where stakeholders will be able to provide inputs on the development of the guidelines. These inputs will then be submitted to Heads of Education Committee (HEDCOM) and to the Council of Education Ministers (CEM), after which they will be distributed to provinces, districts and schools.
4. If the MBE refers to regulations, what is being referred to?
Numerous policies and circulars have been identified for conversion to regulations. Click here to see the full list as presented by the MBE at the follow-up meeting on 11 January 2025 regarding school readiness for the 2025 academic year.
5. How can the SAOU support you?
The SAOU will keep you up to date on the development of these documents. Once finalised these documents will be published on the SAOU online system – SAOU-online.
gems
Increase in GEMS membership fees and the implementation of medical subsidy
1. What is implied in the increase of the GEMS membership fee?
GEMS implemented an increase of 13.9% on existing plans, with the implementation date of 1 January 2025. The choice of option has been extended to 25 January 2025. This extension has two implications.
2. What medical subsidy can be expected?
The Department of Public Service Administration (DPSA) announced in Circular 48 of 2024 on 7 December 2024 an amendment of 5.9% for 2025.
3. When can I expect the medical subsidy?
The implementation of the increase is the responsibility of the specific province and it can differ from one province to another. If the medical subsidy is not implemented, please contact your provincial offices as this may differ from province to province.
4. What is the union doing to protect me from this excessively high membership fee?
The SAOU, an affiliate of FEDUSA, has formed a task team to challenge the collective agreement reached with GEMS, with regards to the unilateral implementation of the membership fee and is currently exploring legal grounds for litigation. All the public service unions within FEDUSA, unanimously pledged their support for the action.
We will keep you updated with regards to any developments.
5. What is the union doing to address the low increase in the state's medical subsidy?
Organised labour is currently addressing this as part of the salary negotiations. This is one of the demands being negotiated. We will communicate the outcome as soon as it is available.
Contact your SAOU provincial office or the Service Centre immediately if you have any queries.
Die SAOU Welstandprojek is uniek en die eerste van sy soort wat deur 'n onderwysvakbond in Suid-Arika geloods word.
Ons nooi alle personeel betrokke in die onderwyssektor uit om van hierdie diens gebruik te maak. U het reeds ‘n WhatsApp ontvang wat hierdie diens aan u beskikbaar stel.
Maak gebruik van hierdie gratis diens!
Vir meer inligting oor SAOU Help!:
🔗 https://www.saou.co.za/saou-help
Noodlynnommer: 📞 0124360911
The SAOU Wellness Project is unique, the first of its kind to be launched by an education union in South Africa.
We invite all staff members in the education sector to make use of this service. You have already received a WhatsApp that enables you to make use of this service.
Take advantage of this free service!
For more information on SAOU Help!:
🔗 https://www.saou.co.za/saou-help
Emergency Line Number: 📞 0124360911
'My experience with SAOU was outstanding. After months of struggle, they assisted me in obtaining my SACE certificate. Additionally, their thoughtful gesture of wishing me a happy birthday was particularly heartwarming.'
Keshia Erasmus
''Ons het gesukkel met 'n vakkeuse van 'n matriekleerling aan die begin van die jaar, aangesien haar ma verlede jaar die toestemmingsbrief na verkeerde e-pos gestuur het. Die departement het net volstrek geweier om haar vak te verander, al het sy al vir amper 'n kwartaal in die veranderde vak gesit. Ons het SAOU genader om hulp en dit was nie eers 'n paar dae nie toe kry ons die toestemmingsbrief vanaf die departement, vergesel met 'n verskoning.''
Lizé van Aswegen
''Flink diens. Akkurate inligting.'' Garetha
''Onderwerpe is spesifiek uniek, baie leersaam en word deur kundiges keurig aangebied.''
Gretie Luyt
''Best service and easy to find information. ''
Kgothatso Madibana
''My ervaring met SAOU is uitstekend tot dusver. Ek het aanlyn geregistreer en is bykans onmiddelik n lid.''
Janeke Jordaan
''Professional advice given and FAQ are very helpful. Staff knowledgeable and website insightful.''
Gregory McCullum
''Daar is dadelik aan my raad gegee.
Dokumentasie was vinnig aangestuur.
Andre Pretorius was vriendelik, bekwaam en van groot hulp met my probleem.''
Susan Jansen
''Excellent rating - For conducting the ongoing professional development workshops on content and on the
latest developments in education.
Continue with the excellent work.''
Molale DC
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat die webwerf verbruikers-vriendelik is en ek maklik kon aansluit by die unie. Ek is ook vinnig gehelp toe ek hoofkantoor gebêl het. ''
Jacomien Davidson
"Hiermee wil ek graag my dankbaarheid uitspreek vir die geleentheid wat ek ontvang het om saam met my gade die kongres te kon bywoon. Die ervaring was werklik spesiaal. Die absolute professionele voorbereiding ten opsigte van administrasie asook die persoonlike ingesteldheid teenoor die ontvangers van die toekennings was indrukwekkend. Baie dankie vir die erkenning van die werk wat opvoeders doen, dit skep nederige dankbaarheid vir die taak wat God aan my toevertrou het."
E Havenga
''The manner of questions are spot on and one can only hope responses will fast and reliable... New website is highly informative ''
ShamielITIO Mohamed
''Ek wil graag net persoonlik dankie se vir ''n wonderlike Saterdag. Dit was absoluut die moeite werd!
Julle verwelkoming, fantastiese sprekers, middagete, geskenkpakkie en nog 'n wegneem kospakkie was uit die boonste rakke. Dis n voorreg om lid van die SAOU te kan wees.
Dankie en sterkte vir dit waarvoor julle staan en die puik diens wat ons as lede ontvang.''
Sunet Sanders
''My ervaring met SAOU is uitstekend omdat - om dit sommer plein en reguit te sê - in al die jare wat ek SAOU opleidings bygewoon / (Zoom) was nie een ooit 'n mors van tyd nie. Dit is altyd baie insiggewend en interessant. Ek leer ongelooflik baie by die aanbiedings. Baie, baie dankie vir julle puik diens. Ek waardeer dit opreg. Somtyds is dit moeilik om alles ingepas te kry, om na die opleidings te luister maar ek probeer maar altyd 'n plan maak om dit by te woon. Gaan voort met die goeie werk! Baie dankie'' Mathilde van Niekerk
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat my vrae altyd vlugtig en deeglik beantwoord word. Ek voel vry om enige kwessie met die SAOU te bespreek en ek voel veilig sowel as beskermd wanneer ek kontak maak. Ek voel dat die SAOU as 'n uitstekende ondersteuningsnetwerk vir my dien en ek is nie seker dat ek onderwys, en die politiek daaragter, sou kon hanteer sonder 'n unie met wie ek so vertroud voel nie. Baie dankie!''
Karla du Toit
I got the answers to my questions and there was additional information I could browse on for more information.
Proudy Dlamini
Baie dankie vir alles wat julle alles vir my gedoen het hierdie jaar gedoen het .. al die dinge wat gesorteer het..al die help.. al die ondersteuning... Julle is puik...
Geniet julle vakansie!
Anneke Oberholzer
All Rights Reserved