NN 29/2024

CLOSURE OF TERM three

VOTE OF THANKS TO STAFF AND MEMBERS OF THE SAOU


Colleagues

 

It feels as though the end of the third term of the year has charged down upon us at a hitherto unknown rate. The beginning of the year is hardly behind us – or so it feels – and here we are at the end of the third term.

 

Many of us are now taking stock – what has been done, and what do we still have to do? Some of us in the curriculum context will be stepping up the pace to make sure that all the work is covered. Within the organisation of the school there will probably be some issues which must receive attention before the end of the year. Those of us who will be retiring at the end of the period are now busy giving attention to all that has to be done before we finally lay down our office. The staff in the office of the SAOU are busy closing off this period and making the preparations for the period which lies ahead.

 

It is a pleasure to thank you all. Thank you for continual hard work in the interest of schooling and of the learners we all serve in different ways. Thank you for loyalty and the conscientious approach you have followed uninterruptedly during the past term. Thank you that the SAOU can be associated with you.

 

May the short period ahead be one of rest, relaxation and restoration for you all. May your ways be blessed and your paths safe. I look forward to welcoming you again at the beginning of the next term. Enjoy the short period of leave to the full.

 

Kind regards

 

LH SWANEPOEL

SAOU PRESIDENT

AFSLUITING VAN KWARTAAL DRIE

DANKWOORD AAN PERSONEEL EN LEDE VAN DIE SAOU


Kollegas

 

Die einde van die derde kwartaal van die jaar voel asof dit teen ‘n ongekende tempo op ons afgestorm het. Die begin van die jaar is skaars agter ons – of so voel dit – en hier is ons by die einde van die derde kwartaal. 

 

Baie van ons doen nou bestekopname – wat is gedoen, en wat staan nog gedoen te word? Binne die kurrikulum sal daar van ons wees wat die pas aansit om seker te maak dat alle werk gedek word. Binne die organisasie van die skool sal daar seer sekerlik nog sake wees wat voor jaareinde aandag moet kry. Van ons wat aan die einde van die jaar aftree is nou besig om aandag aan die vele sake te gee wat wag voordat ons die tuig neerlê. Die personeel wat in die kantore van die SAOU werksaam is, is besig om hierdie periode af te handel en om vir die volgende een te begin beplan.

 

Dit is aangenaam om vir u almal baie dankie te sê. Dankie vir volgehoue harde werk ter wille van die onderwys en die leerders wat ons almal op verskeie wyses bedien. Dankie vir die lojaliteit en pligsgetrouheid wat u oor die afgelope periode ononderbroke aan die dag gelê het. Dankie dat die SAOU met u geassosieer kan wees.

 

Mag die kort periode wat voorlê vir u almal ‘n periode van rus, van ontspanning en van herstel wees. Mag u weë geseënd en u paaie veilig wees. Ek sien daarna uit om u aan die begin van die volgende kwartaal weer te verwelkom. Geniet die kort verlofperiode voluit.

 

Vriendelike groete

 

LH SWANEPOEL

SAOU PRESIDENT

by SAOU 12 February 2025
NN 08/2025: Na afloop van die werkgewer se finale aanbod wat op 30 Januarie 2025 op die tafel geplaas is, is georganiseerde arbeid versoek om ‘n mandaat van lede in te win om te sien of die salaris ooreenkoms onderteken kan word...
by Regsdienste 11 February 2025
NN 07/2025: Digital literacy is one of the aspects that should be taught to learners and cannot be limited to a single subject. However, in recent years social media have also become an important tool for organisations and institutions to offer new opportunities for online communication, engagement, as well as the fast and easy digital sharing of information...
by SAOU 6 February 2025
NN 06/2025: Die werkgewer het op 28 Januarie 2025 ‘n finale getekende aanbod op die tafel geplaas vir die oorweging van georganiseerde arbeid. Dit is die finalisering van ‘n drie jaar salaris ooreenkoms wat begin in 2025 en...
More posts
Share by: