Die SAOU gee graag leiding waar daar onsekerheid is as gevolg van die onderwysdepartement se gebrek om riglyne of beleid te verskaf.
Die onderstaande Suid-Afrikaanse wetgewing en beleid het implikasies in ‘n mindere of meerdere mate op die skoolomgewing. Gedurende 2010, na deeglike bestudering deur 'n DBO-taakspan, blyk dit egter dat in geen van die onderstaande enige verwysing is na die bestuur van medikasie in skole nie:
Hoofde van skole en die beheerliggaam is daarom aangewese om staat te maak op hul eie kennis en interpretasie van algemene wetgewing, persoonlike ervarings en oortuigings om toepaslike skoolbeleide te ontwikkel. Die gevolg is dat daar geen konsekwentheid in die beleide en toepassing in skole is nie. Die skoolgemeenskap wat skoolhoofde, onderwysers, ouers en huismoeders insluit, kan wetlik kwesbaar wees indien die bestuur van medikasie nie volgens voorskrifte hanteer word nie.
Dit is dus belangrik dat die hoof van ‘n skool, in samewerking met die beheerliggaam, ‘n duidelike beleid daarstel wat die bestuur van medikasie op ‘n verantwoordbare manier sal reguleer. Die samewerking van ouers is krities om te verseker dat geen leerling benadeel word nie. Die onderstaande kan as riglyne dien:
1. Mag die bestuur van medikasie aan ‘n personeellid gedelegeer word?
2. Watter tipe medikasie kan by die skool gehou word?
Daar is geen wet wat verbied dat skedule 0-medikasie op ‘n skoolperseel aangehou word en aan kinders gegee word wanneer dit nodig is, en soveel te meer nie wanneer daar skriftelike toestemming van die ouer is dat die leerder tydens skoolbywoning sulke medikasie mag ontvang nie. (Skedule 0-medikasie is enige iets wat bv. by ʼn supermark van die rak af gekoop kan word). Die skeduleringstatus van enige medikasie staan op die verpakking. Dit beteken nie skole MOET medikasie aanhou nie. Dit beteken hulle MAG, sou die beheerliggaam besluit dis in die beste belang van die leerders. Dit is daarom belangrik dat die beheerliggaam die besluit moet neem en dat dit dan met groot verantwoordelikheid en streng kontrole geïmplementeer word.
Nie-voorskrifmedikasie en oor-die-toonbank medikasie (dit sluit alle medikasie in wat deur die ouer of versorger verskaf word om deur die kind gebruik te word, wat nie deur 'n mediese praktisyn voorgeskryf is nie.)
3. Hoe moet voorskrifmedikasie hanteer word?
(Dit sluit alle medikasie in wat deur 'n mediese praktisyn voorgeskryf word en wat vir 'n lang of kort tydperk deur 'n spesifieke leerder gebruik word.)
4. Watter vereistes is nodig vir die berging van medikasie?
5. Watter vereistes is nodig vir die bestuur van medikasie?
THE MANAGEMENT OF MEDICATION IN SCHOOLS
The SAOU would like to provide guidance where there is uncertainty in the absence of guidelines or policy provided by the education departments.
The South African legislation and policy below to a greater or lesser extent have implications for the school environment. During 2010, after thorough study by a DBE task team, it appears that none of the following refers to the management of medication in the schools:
Principals of schools and the Governing Body are therefore required to rely on their own knowledge and interpretation of general legislation, personal experiences and beliefs to develop appropriate school policies. The result is that there is no consistency in the policies and enforcement in schools. The school community, which includes principals, teachers, parents and hostel matrons, can be legally vulnerable if the management of medication is not handled according to directives.
It is therefore important that the principal of a school in collaboration with its governing body establishes a clear policy that will regulate the management of medication in an accountable manner. The cooperation of parents is extremely important to ensure that no pupil is harmed. The following can be used as guidelines:
1. May the management of medication be delegated to a staff member?
2. What type of medication can be kept at school?
There is no law that prohibits schedule 0 medication being kept on school premises and given to children when necessary, and even more so when there is written consent from the parent that the learner may receive such medication during attendance at school. (Schedule 0 medication is anything you can e.g. buy off the shelf at Spar or Checkers etc.) The scheduling status of any medication is stated on the packaging. This does not mean schools MUST keep medication. This means they MAY, should the Governing Body decide it is in the best interest of the learners. It is therefore important that the Governing Body must take the decision and that it is then implemented with great responsibility and strict control.
Non-prescription and over-the-counter medications (this includes all medications provided by the
parent or caregiver to be used by the child,
which have not been prescribed by a medical practitioner.)
3. How should prescription medications be handled?
(This includes all medication prescribed by a medical practitioner and to be used by a specific learner for a long or short period of time.)
4. What requirements are necessary for the storage of medication?
5. What requirements are necessary for medication management?
'My experience with SAOU was outstanding. After months of struggle, they assisted me in obtaining my SACE certificate. Additionally, their thoughtful gesture of wishing me a happy birthday was particularly heartwarming.'
Keshia Erasmus
''Ons het gesukkel met 'n vakkeuse van 'n matriekleerling aan die begin van die jaar, aangesien haar ma verlede jaar die toestemmingsbrief na verkeerde e-pos gestuur het. Die departement het net volstrek geweier om haar vak te verander, al het sy al vir amper 'n kwartaal in die veranderde vak gesit. Ons het SAOU genader om hulp en dit was nie eers 'n paar dae nie toe kry ons die toestemmingsbrief vanaf die departement, vergesel met 'n verskoning.''
Lizé van Aswegen
''Flink diens. Akkurate inligting.'' Garetha
''Onderwerpe is spesifiek uniek, baie leersaam en word deur kundiges keurig aangebied.''
Gretie Luyt
''Best service and easy to find information. ''
Kgothatso Madibana
''My ervaring met SAOU is uitstekend tot dusver. Ek het aanlyn geregistreer en is bykans onmiddelik n lid.''
Janeke Jordaan
''Professional advice given and FAQ are very helpful. Staff knowledgeable and website insightful.''
Gregory McCullum
''Daar is dadelik aan my raad gegee.
Dokumentasie was vinnig aangestuur.
Andre Pretorius was vriendelik, bekwaam en van groot hulp met my probleem.''
Susan Jansen
''Excellent rating - For conducting the ongoing professional development workshops on content and on the
latest developments in education.
Continue with the excellent work.''
Molale DC
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat die webwerf verbruikers-vriendelik is en ek maklik kon aansluit by die unie. Ek is ook vinnig gehelp toe ek hoofkantoor gebêl het. ''
Jacomien Davidson
"Hiermee wil ek graag my dankbaarheid uitspreek vir die geleentheid wat ek ontvang het om saam met my gade die kongres te kon bywoon. Die ervaring was werklik spesiaal. Die absolute professionele voorbereiding ten opsigte van administrasie asook die persoonlike ingesteldheid teenoor die ontvangers van die toekennings was indrukwekkend. Baie dankie vir die erkenning van die werk wat opvoeders doen, dit skep nederige dankbaarheid vir die taak wat God aan my toevertrou het."
E Havenga
''The manner of questions are spot on and one can only hope responses will fast and reliable... New website is highly informative ''
ShamielITIO Mohamed
''Ek wil graag net persoonlik dankie se vir ''n wonderlike Saterdag. Dit was absoluut die moeite werd!
Julle verwelkoming, fantastiese sprekers, middagete, geskenkpakkie en nog 'n wegneem kospakkie was uit die boonste rakke. Dis n voorreg om lid van die SAOU te kan wees.
Dankie en sterkte vir dit waarvoor julle staan en die puik diens wat ons as lede ontvang.''
Sunet Sanders
''My ervaring met SAOU is uitstekend omdat - om dit sommer plein en reguit te sê - in al die jare wat ek SAOU opleidings bygewoon / (Zoom) was nie een ooit 'n mors van tyd nie. Dit is altyd baie insiggewend en interessant. Ek leer ongelooflik baie by die aanbiedings. Baie, baie dankie vir julle puik diens. Ek waardeer dit opreg. Somtyds is dit moeilik om alles ingepas te kry, om na die opleidings te luister maar ek probeer maar altyd 'n plan maak om dit by te woon. Gaan voort met die goeie werk! Baie dankie'' Mathilde van Niekerk
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat my vrae altyd vlugtig en deeglik beantwoord word. Ek voel vry om enige kwessie met die SAOU te bespreek en ek voel veilig sowel as beskermd wanneer ek kontak maak. Ek voel dat die SAOU as 'n uitstekende ondersteuningsnetwerk vir my dien en ek is nie seker dat ek onderwys, en die politiek daaragter, sou kon hanteer sonder 'n unie met wie ek so vertroud voel nie. Baie dankie!''
Karla du Toit
I got the answers to my questions and there was additional information I could browse on for more information.
Proudy Dlamini
Baie dankie vir alles wat julle alles vir my gedoen het hierdie jaar gedoen het .. al die dinge wat gesorteer het..al die help.. al die ondersteuning... Julle is puik...
Geniet julle vakansie!
Anneke Oberholzer
All Rights Reserved