Waaruit bestaan die gesegde? Noodsaaklike en nienoodsaaklike sinsdele
Die gesegde bestaan minstens uit 'n hoofwerkwoord. Sonder ʼn hoofwerkwoord is daar nie ʼn gesegde nie, en sonder ʼn gesegde is daar nie ʼn sin nie. Kyk weer na die voorbeelde hier bo. In elke sin is daar ten minste ʼn hoofwerkwoord.
Daar kan natuurlik 'n swetterjoel ander bousels saam met die hoofwerkwoord in die gesegde optree. Ons sal elkeen afsonderlik in hierdie reeks blogs oor sintaksis bespreek, maar in hierdie blog is dit nodig om reeds kennis te neem van die konsep van noodsaaklike en nienoodsaaklike sinsdele.
As ons verwys na ʼn noodsaaklike sinsdeel, bedoel ons ʼn sinsdeel wat nodig is om die sin grammatikaal te hou. Let wel: Dit gaan nie hier oor hoe belangrik die inligting in die sinsdeel is nie, dit gaan oor wat die sinsdeel vir die grammatikaliteit van die sin doen. As die sin sonder die sinsdeel ongrammatikaal is, is die sinsdeel noodsaaklik.
Die gesegde moet ten minste 'n hoofwerkwoord hê, anders is die sin nie grammatikaal nie: My boetie jaag is grammatikaal 'n sin. My boetie is nie 'n sin nie. Dit het betekenis, ja, maar dit word nie in die sintaksis as 'n sin beskou nie.
Benewens die hoofwerkwoord wat noodsaaklik is, is daar dele van die gesegde wat as gevolg van die aard van die hoofwerkwoord noodsaaklik is om die sin grammatikaal te hou: In My boetie doen sy huiswerk is sy huiswerk 'n noodsaaklike element. *My boetie doen is nie 'n sin nie.
Die dele van die gesegde wat weggelaat kan word sonder dat dit 'n ongrammatikale sin tot gevolg het, is nienoodsaaklik. Weereens: Dit gaan nie hier oor die belangrikheid van die inligting nie. Al is die betekenis van die sinsdeel kernbelangrik, gaan dit hier net oor hoe noodsaaklik die sinsdeel is om die sin grammatikaal te hou. In die sin My boetie doen sy huiswerk net voor die klas is net voor die klas nie noodsaaklik om die sin grammatikaal te maak nie. Dis betekenisgewys (semanties) belangrik, maar sintakties kan dit weggelaat kan word sonder om die sin grammatikaal te ontspoor.
Met bostaande in gedagte, onderskei ons die volgende in die sintaksis:
Gesegde = alles in die sin wat nie die subjek is nie.
Predikaat = alles in die gesegde wat noodsaaklik is (hoofwerkwoorde, niehoofwerkwoorde en noodsaaklike sinsdele)
Predikator = al die werkwoorde (hoofwerkwoorde en niehoofwerkwoorde)
Komplement = noodsaaklike sinsdeel in die gesegde wat deur die werkwoord afgedwing word
Adjunk = nienoodsaaklike dele van die gesegde wat weggelaat kan word
So lyk dit as ons sinne op grond van bogenoemde ontleed: My boetie doen sy huiswerk net voor die klas.
ʼn Paar belangrike goed om uit bostaande af te lei:
· Die gesegde is ʼn sinsfunksie, soos wat die subjek ʼn sinsfunksie is.
· Vir universiteitstudente: Die subjek is vormlik altyd ʼn naamwoordstuk (NP) en die gesegde is vormlik altyd ʼn werkwoordstuk (VP). ʼn Mens kan dus aanvaar dat ʼn subjek altyd ten minste ʼn naamwoord gaan bevat, en dat die gesegde ten minste ʼn hoofwerkwoord gaan bevat.
· Die aard van die hoofwerkwoord bepaal wat in die gesegde gebeur. Die sinsdele wat in die gesegde optree, hou dus ten nouste verband met die soort hoofwerkwoord wat in die sin voorkom, en sonder ʼn behoorlike begrip van watter soort hoofwerkwoord dit is, is enige poging tot sinsontleding gedoem. Verwys na die afdeling in die Afrikaanse skoolgrammatika oor werkwoorde vir ʼn behoorlike begrip van die soorte hoofwerkwoorde en niehoofwerkwoorde wat in Afrikaans voorkom. Lees ook die blog oor werkwoorde.
· Die gesegde kan ander sinsfunksies bevat. Dit is net in die eenvoudigste van simplekse sinne waar die gesegde uit ʼn enkele hoofwerkwoord bestaan. In natuurlike skryftaal, is die gesegde gewoonlik kompleks.
· Die gesegde is, saam met die subjek, een van die basiese en noodsaaklike dele van die sin, maar dit beteken nie alle gesegdes lyk dieselfde nie. Afgesien van die feit dat ʼn gesegde ʼn hoofwerkwoord moet bevat, is niks anders aan die gesegde voorspelbaar nie. Sinsontleding vereis dus van die leerder, onderwyser, student en dosent om baie noukeurig te kyk wat in die sin self aangaan, en met ʼn proses van eliminasie (weglating van sinsdele) sinsdele te klassifiseer.
Die laaste kattegesang
Die laaste woord oor die gesegde en wat alles in die gesegde kan gebeur, is nog nie gespreek nie. In ʼn volgende blog sal ek die sinsfunksies bespreek wat in die gesegde kan voorkom, en gee ek ʼn "resep" wat ʼn mens vir kinders kan gee om sinne mee te ontleed.
My kat het ʼn paar lewens, en hy hom weer.
Tot dan
Cecilia
'My experience with SAOU was outstanding. After months of struggle, they assisted me in obtaining my SACE certificate. Additionally, their thoughtful gesture of wishing me a happy birthday was particularly heartwarming.'
Keshia Erasmus
''Ons het gesukkel met 'n vakkeuse van 'n matriekleerling aan die begin van die jaar, aangesien haar ma verlede jaar die toestemmingsbrief na verkeerde e-pos gestuur het. Die departement het net volstrek geweier om haar vak te verander, al het sy al vir amper 'n kwartaal in die veranderde vak gesit. Ons het SAOU genader om hulp en dit was nie eers 'n paar dae nie toe kry ons die toestemmingsbrief vanaf die departement, vergesel met 'n verskoning.''
Lizé van Aswegen
''Flink diens. Akkurate inligting.'' Garetha
''Onderwerpe is spesifiek uniek, baie leersaam en word deur kundiges keurig aangebied.''
Gretie Luyt
''Best service and easy to find information. ''
Kgothatso Madibana
''My ervaring met SAOU is uitstekend tot dusver. Ek het aanlyn geregistreer en is bykans onmiddelik n lid.''
Janeke Jordaan
''Professional advice given and FAQ are very helpful. Staff knowledgeable and website insightful.''
Gregory McCullum
''Daar is dadelik aan my raad gegee.
Dokumentasie was vinnig aangestuur.
Andre Pretorius was vriendelik, bekwaam en van groot hulp met my probleem.''
Susan Jansen
''Excellent rating - For conducting the ongoing professional development workshops on content and on the
latest developments in education.
Continue with the excellent work.''
Molale DC
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat die webwerf verbruikers-vriendelik is en ek maklik kon aansluit by die unie. Ek is ook vinnig gehelp toe ek hoofkantoor gebêl het. ''
Jacomien Davidson
"Hiermee wil ek graag my dankbaarheid uitspreek vir die geleentheid wat ek ontvang het om saam met my gade die kongres te kon bywoon. Die ervaring was werklik spesiaal. Die absolute professionele voorbereiding ten opsigte van administrasie asook die persoonlike ingesteldheid teenoor die ontvangers van die toekennings was indrukwekkend. Baie dankie vir die erkenning van die werk wat opvoeders doen, dit skep nederige dankbaarheid vir die taak wat God aan my toevertrou het."
E Havenga
''The manner of questions are spot on and one can only hope responses will fast and reliable... New website is highly informative ''
ShamielITIO Mohamed
''Ek wil graag net persoonlik dankie se vir ''n wonderlike Saterdag. Dit was absoluut die moeite werd!
Julle verwelkoming, fantastiese sprekers, middagete, geskenkpakkie en nog 'n wegneem kospakkie was uit die boonste rakke. Dis n voorreg om lid van die SAOU te kan wees.
Dankie en sterkte vir dit waarvoor julle staan en die puik diens wat ons as lede ontvang.''
Sunet Sanders
''My ervaring met SAOU is uitstekend omdat - om dit sommer plein en reguit te sê - in al die jare wat ek SAOU opleidings bygewoon / (Zoom) was nie een ooit 'n mors van tyd nie. Dit is altyd baie insiggewend en interessant. Ek leer ongelooflik baie by die aanbiedings. Baie, baie dankie vir julle puik diens. Ek waardeer dit opreg. Somtyds is dit moeilik om alles ingepas te kry, om na die opleidings te luister maar ek probeer maar altyd 'n plan maak om dit by te woon. Gaan voort met die goeie werk! Baie dankie'' Mathilde van Niekerk
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat my vrae altyd vlugtig en deeglik beantwoord word. Ek voel vry om enige kwessie met die SAOU te bespreek en ek voel veilig sowel as beskermd wanneer ek kontak maak. Ek voel dat die SAOU as 'n uitstekende ondersteuningsnetwerk vir my dien en ek is nie seker dat ek onderwys, en die politiek daaragter, sou kon hanteer sonder 'n unie met wie ek so vertroud voel nie. Baie dankie!''
Karla du Toit
I got the answers to my questions and there was additional information I could browse on for more information.
Proudy Dlamini
Baie dankie vir alles wat julle alles vir my gedoen het hierdie jaar gedoen het .. al die dinge wat gesorteer het..al die help.. al die ondersteuning... Julle is puik...
Geniet julle vakansie!
Anneke Oberholzer
All Rights Reserved