Uit hierdie voorbeeldsinne kan ons sien dat die onderwerp/subjek ʼn enkele woord of ʼn hele komplekse bousel kan wees. Dit is dus belangrik om dadelik te besef dat ʼn bepaalde bousel ʼn sinsfunksie en ʼn sintaktiese vorm het, en dat ons apart oor hierdie twee eienskappe van sintaktiese bousels praat. Die sinsfunksie het te doen met die verhouding tussen die bousel en die werkwoord. Die vorm het te doen met watter soort woorde in die bousel self gebruik word, spesifiek watter woordsoort die kern van die bousel is.
As ons die voorbeeldsinne hier bo anders rangskik, kan ons sien dat ʼn bepaalde bousel (in ons voorbeelde die vrou) vormlik presies dieselfde kan bly, maar in verskillende plekke in die sin gaan optree, waar dit telkens ʼn ander funksie verrig:
· Die vrou slaap. (onderwerp/subjek)
· Hy bel die vrou wanneer sy wil slaap. (direkte voorwerp/objek)
· Hy gee blomme vir die vrou. (die vrou = indirekte voorwerp/objek)
· Die skuldige is die vrou. (die vrou = kopulakomplement)
Dit is dus kernbelangrik om in die sintaksis kop te hou met hoe ons oor die verskillende bousels praat, en hoe ons te werk gaan om hulle te identifiseer.
Hoe herken ons die onderwerp (subjek) van ʼn sin?
Ons het gesien dat die onderwerp/subjek te doen het met sinsfunksie, en die entiteit/ding is wat die handeling uitvoer. Dit beteken dat ʼn mens by sinsontleding altyd begin deur die werkwoord(e) in die sin te identifiseer. (Kyk in die Afrikaanse Skoolgrammatika in ons Taalonderrigportaal vir ʼn uiteensetting van die verskillende soorte werkwoorde in Afrikaans en hoe om hulle te identifiseer.) Sodra jy die werkwoord(e) gekry het, kan jy vra wie/wat [werkwoord]? en daardeur die onderwerp/subjek bepaal, byvoorbeeld:
· Iemand het jou gebel. (werkwoord(e) = het gebel; wie/wat het gebel? = iemand = onderwerp/subjek)
· Kandidate met geldige verskonings kan die toets later aflê. (werkwoord(e) = kan aflê; wie/wat kan aflê? = kandidate met geldige verskonings = onderwerp/subjek)
· Die outjie wat die koerante aflewer, is al weer laat. (werkwoord(e) = is; wie/wat is? die outjie wat die koerante aflewer = onderwerp/subjek)
Watter soort bousels tree op as die onderwerp (subjek) van ʼn sin?
Navorsers het reeds die harde werk namens jou gedoen, en vasgestel dat die onderwerp/subjek in Afrikaans vormlik by verstek ʼn naamwoordstuk is. So ʼn naamwoordstuk het altyd as kern ’n naamwoord of ’n voornaamwoord, byvoorbeeld:
· Vrouens slaap gewoonlik lekker. (soortnaamwoord)
· Sarina slaap gewoonlik lekker. (eienaamwoord)
· Sy slaap gewoonlik lekker. (voornaamwoord)
In bostaande voorbeelde is dit maklik om die onderwerp/subjek te herken, want dit bestaan uit een woord, maar in werklike taalgebruik bestaan die naamwoordstuk natuurlik meestal uit meer as net die enkele woord. Naamwoorde neem byvoorbeeld gemaklik die volgende woorde voor die kern:
· Lidwoorde (bepaald of onbepaald): Die vrou slaap lekker.
· Adjektiewe: Die uitgeputte vrou slaap lekker.
· Telwoorde: Die twee uitgeputte vroue slaap lekker.
· Versamelnaamwoorde: Die groep uitgeputte vroue slaap lekker.
· Maatnaamwoorde: Die klomp uitgeputte vroue slaap lekker.
Afgesien van die woorde wat voor die kern van die naamwoordstuk kan optree, kan daar ander sintaktiese bousels ná die naamwoordstuk self ook optree, byvoorbeeld:
· Die vrou wat die twee jong kinders aangeneem het, slaap lekker. (betreklike bysin)
Hierdie betreklike bysin is vormlik ʼn nabepaler by die naamwoordstuk, en funksioneel deel van die onderwerp/subjek.
Op hierdie punt moet jy dus insien dat die onderwerp/subjek bestaan uit alles wat die antwoord is op wie/wat [werkwoord]? Let ook daarop dat ek reeds in ʼn vorige blog daarop gewys het dat ons nie ʼn byvoeglike bepaling onderskei as ʼn sinsfunksie nie. Die betreklike bysin in die laaste voorbeeld hier bo, is vormlik ʼn betreklike bysin, maar dit is op sinsfunksievlak deel van die onderwerp/subjek.
Waar sukkel ʼn mens om die onderwerp (subjek) van die sin te herken?
Soos wat dit maar gaan met taalgebruikers wat die taal kan inspan om ten beste vir hulle te werk, is daar gevalle waar dit moeilik raak om die onderwerp/subjek te identifiseer.
In sommige sinne is ʼn bysin op sy eie die onderwerp/subjek:
· Om te kan slaap, is die vrou se grootste behoefte. (infinitiefbysin)
· Wie ook al die kinders aangeneem het, gaan min slaap. (betreklike bysin)
Vir leerders wat sukkel om te verstaan dat die bysin = onderwerp/subjek, raak dit makliker as ʼn mens daardie sin met enkelwoorde vervang:
· Dit is die vrou se grootste behoefte.
· Sy gaan min slaap.
Nog ʼn kopkrapper is sinne waar die onbepaalde voornaamwoord dit of die eksistensiële daar as ʼn sogenaamde "leë onderwerp/subjek" optree. (Let daarop dat hierdie dit en daar in ouer bronne dikwels as onpersoonlike voornaamwoorde geklassifiseer word. Volg die skakels hier bo na die bespreking van die kwessie in die Afrikaanse Skoolgrammatika om te begryp hoekom die nuwe indeling gedoen is.):
· Dit reën.
· Dit spook in daardie huis.
· Daar is nie meer kos in die huis nie.
· Daar is al twee motors in ons kompleks gesteel.
In passiefkonstruksies (lydende vorm) ruil die onderwerp/subjek en voorwerp/objek plekke om, en die gedemoveerde onderwerp/subjek kan maklik uit sulke passiefkonstruksies weggelaat word. Die weglating van die onderwerp/subjek is trouens een van die grootste beweegredes waarom ʼn mens ʼn passiefkonstruksie in jou teks inspan – jy raak van voorspelbare inligting ontslae, of jy skryf ʼn onbekende onderwerp/subjek uit jou teks, byvoorbeeld:
· Iemand steel gereeld die motors in ons kompleks.
· Die motors in ons kompleks word gereeld deur iemand gesteel.
· Die motors in ons kompleks word gereeld gesteel.
Die sinsdeel wat in die sinsaanvang voorkom, is nie altyd die onderwerp/subjek nie. Hoewel die onderwerp/subjek in eenvoudige, simplekse sinne gemaklik in die sinsaanvang optree, hoef dit nie daar te staan nie. Moet dus nie sommer dadelik aanvaar dat die eerste sinsdeel in die sin die onderwerp/subjek is nie, kyk eers na al die sinsdele se verhouding met die werkwoord, en besluit dan waar die onderwerp/subjek is, byvoorbeeld:
· Saans slaap die vrou lekker. (bywoordelike bepaling van tyd in die sinsaanvang; die vrou is steeds die onderwerp/subjek)
· Omdat sy nie genoeg slaap nie, raak die vrou maklik siek. (bywoordelike bepaling van rede in die sinsaanvang; die vrou is steeds die onderwerp/subjek)
· Wanneer slaap die vrou? (vraagwoord in die sinsaanvang; die vrou is steeds die onderwerp/subjek)
Bevelsinne het meestal nie ʼn onderwerp/subjek nie, byvoorbeeld:
· Slaap! (Stelsin: Jy moet slaap.)
Infinitiefsinne het ook nie ʼn onderwerp/subjek nie. Die onderwerp/subjek van ʼn sin is egter so oorheersend dat as hy die partytjie verlaat, die res van die partytjiegangers steeds van hom bewus is. Die infinitiefsin impliseer eintlik dat die narsis steeds daar is, al is hy afwesig, byvoorbeeld:
· om te slaap ...
Tot volgende keer!
VivA-groete
Cecilia
'My experience with SAOU was outstanding. After months of struggle, they assisted me in obtaining my SACE certificate. Additionally, their thoughtful gesture of wishing me a happy birthday was particularly heartwarming.'
Keshia Erasmus
''Ons het gesukkel met 'n vakkeuse van 'n matriekleerling aan die begin van die jaar, aangesien haar ma verlede jaar die toestemmingsbrief na verkeerde e-pos gestuur het. Die departement het net volstrek geweier om haar vak te verander, al het sy al vir amper 'n kwartaal in die veranderde vak gesit. Ons het SAOU genader om hulp en dit was nie eers 'n paar dae nie toe kry ons die toestemmingsbrief vanaf die departement, vergesel met 'n verskoning.''
Lizé van Aswegen
''Flink diens. Akkurate inligting.'' Garetha
''Onderwerpe is spesifiek uniek, baie leersaam en word deur kundiges keurig aangebied.''
Gretie Luyt
''Best service and easy to find information. ''
Kgothatso Madibana
''My ervaring met SAOU is uitstekend tot dusver. Ek het aanlyn geregistreer en is bykans onmiddelik n lid.''
Janeke Jordaan
''Professional advice given and FAQ are very helpful. Staff knowledgeable and website insightful.''
Gregory McCullum
''Daar is dadelik aan my raad gegee.
Dokumentasie was vinnig aangestuur.
Andre Pretorius was vriendelik, bekwaam en van groot hulp met my probleem.''
Susan Jansen
''Excellent rating - For conducting the ongoing professional development workshops on content and on the
latest developments in education.
Continue with the excellent work.''
Molale DC
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat die webwerf verbruikers-vriendelik is en ek maklik kon aansluit by die unie. Ek is ook vinnig gehelp toe ek hoofkantoor gebêl het. ''
Jacomien Davidson
"Hiermee wil ek graag my dankbaarheid uitspreek vir die geleentheid wat ek ontvang het om saam met my gade die kongres te kon bywoon. Die ervaring was werklik spesiaal. Die absolute professionele voorbereiding ten opsigte van administrasie asook die persoonlike ingesteldheid teenoor die ontvangers van die toekennings was indrukwekkend. Baie dankie vir die erkenning van die werk wat opvoeders doen, dit skep nederige dankbaarheid vir die taak wat God aan my toevertrou het."
E Havenga
''The manner of questions are spot on and one can only hope responses will fast and reliable... New website is highly informative ''
ShamielITIO Mohamed
''Ek wil graag net persoonlik dankie se vir ''n wonderlike Saterdag. Dit was absoluut die moeite werd!
Julle verwelkoming, fantastiese sprekers, middagete, geskenkpakkie en nog 'n wegneem kospakkie was uit die boonste rakke. Dis n voorreg om lid van die SAOU te kan wees.
Dankie en sterkte vir dit waarvoor julle staan en die puik diens wat ons as lede ontvang.''
Sunet Sanders
''My ervaring met SAOU is uitstekend omdat - om dit sommer plein en reguit te sê - in al die jare wat ek SAOU opleidings bygewoon / (Zoom) was nie een ooit 'n mors van tyd nie. Dit is altyd baie insiggewend en interessant. Ek leer ongelooflik baie by die aanbiedings. Baie, baie dankie vir julle puik diens. Ek waardeer dit opreg. Somtyds is dit moeilik om alles ingepas te kry, om na die opleidings te luister maar ek probeer maar altyd 'n plan maak om dit by te woon. Gaan voort met die goeie werk! Baie dankie'' Mathilde van Niekerk
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat my vrae altyd vlugtig en deeglik beantwoord word. Ek voel vry om enige kwessie met die SAOU te bespreek en ek voel veilig sowel as beskermd wanneer ek kontak maak. Ek voel dat die SAOU as 'n uitstekende ondersteuningsnetwerk vir my dien en ek is nie seker dat ek onderwys, en die politiek daaragter, sou kon hanteer sonder 'n unie met wie ek so vertroud voel nie. Baie dankie!''
Karla du Toit
I got the answers to my questions and there was additional information I could browse on for more information.
Proudy Dlamini
Baie dankie vir alles wat julle alles vir my gedoen het hierdie jaar gedoen het .. al die dinge wat gesorteer het..al die help.. al die ondersteuning... Julle is puik...
Geniet julle vakansie!
Anneke Oberholzer
All Rights Reserved