NN 06/2025

  SALARISONDERHANDELINGE

2025 - 2028

Die werkgewer het op 28 Januarie 2025 ‘n finale getekende aanbod op die tafel geplaas vir die oorweging van georganiseerde arbeid. Dit is die finalisering van ‘n drie jaar salaris ooreenkoms wat begin in 2025 en tot finalisering sal kom in 2028.

 

Hierdie onderhandeling tussen georganiseerde arbeid en die werkgewer het met uiteenlopende standpunte begin wat tot gevolg gehad het dat georganiseerde arbeid se aanbod vanaf 10% algemene salarisaanpassing verlaag is na 6%, en die werkgewer se aanvanklike aanbod van 3% verhoog is na ‘n finale aanbod van 5,5%.

 

Die aanbod is in twee dele gemaak waarvan die eerste deel die lewenskoste aanpassing is (klik hier), en die tweede deel is arbeid eise wat deur prosesse hanteer kan word met definitiewe sperdatums vir uitkomste (klik hier).

 

Die belangrikste aspekte word hieronder aangespreek.

 

1.    Wat is die algemene salarisaanpassing?

Die aanpassing van die algemene persioendraende salaris van alle staatsdienswerkers (salarisvlak 1 tot 12) sal 5.5% wees vir 2025/2026. Hierdie sluit die 1.5% jaarlikse salarisprogressie uit, vir die wat daarvoor kwalifiseer.

 

Vir die jare 2026/2027 en 2027/2028 sal die verhoging dieselfde wees as vir die Verbruikers Prysindeks (VPI).

 

As die VPI egter minder as 4% is sal 4% uitbetaal word. Sou die VPI vir die betrokke jaar meer as 6% wees, sal 6% uitbetaal word.

 

2.    Is daar ‘n aanpassing aan die behuisingstoelaag?

Die behuisingstoelaag word van R1,784.55 aangepas na R1,900 per maand. Hierdie aanpassing sal reeds op 1 April 2025 in werking tree.

 

Op 1 Julie 2025 word die jaarlikse VPI aanpassing gemaak op die aangepaste behuisingstoelaag van R1,900.

 

Verder word staatdienswerkers wat diens beiendig se bydra tot die individuele gekoppelde spaarfasiliteit aan hulle uitbetaal met vanaf 1 April 2025. 

 

3.    Is daar aanpassings aan die mediesefondsubsidie?

Die mediesefondstoelaag word aangepas na MPI in 2025/2026 en is reeds geimplementeer. MPI was bereken op 5.9%.

 

In 2026/2027 sal die mediesefondsubsidie verhoog word na MPI + 0.5%.

 

Dieselfde aanpassing sal ook in 2027/2028 geïmplementeer word.


Mandaat

Die Nasionale Dagbestuur (NDB) het op 5 Februarie 2025 vergader om albei ooreenkomste deeglik in oorweging te neem.

 

Teen die agtergrond van die positiewe oorweging deur georganiseerde arbeid om die aanbod te aanvaar, asook die druk op die staatskas wat beweging binne hierdie finansiële omgewing moeilik maak, beveel die NDB die lede aan om die aanbod te aanvaar.

 

Dit is egter u reg om u stem uit te bring en die SAOU van ‘n amptelike mandaat te voorsien.

 

Klik hier om die vorm voor Vrydag, 7 Februarie 2025 om 12:00 te voltooi om u stem uit te bring.

2025/02/06

  SALARY NEGOTIATIONS

2025 -2028

The employer presented a final signed offer on 28 January 2025, for consideration by organised labour. This is the finalisation of a three-year salary agreement that will commence in 2025 and conclude in 2028.

 

This negotiation between organised labour and the employer initiated with divergent points of view that resulted in organised labour's initial offer being reduced from 10% general salary adjustment to 6%, and the employer`s initial offer being increased from 3% to a final offer of 5.5%.

 

The offer was made in two parts of which the first part is the cost of living adjustment (click here), and the second part is labour demands that can be handled through processes with definite deadlines for outcomes (click here).

 

The most important aspects are addressed below.

 

1.    What is the general salary adjustment?

The adjustment of the general pension bearing salary of all public servants (salary level 1 to 12) will be 5.5% for the period of 2025/2026. This excludes the annual salary progression of 1.5%, for those who qualify.

 

For the years 2026/2027 and 2027/2028 the increase will be the same as the Consumer Price Index (CPI).

 

Should the CPI be less than 4%, 4% will be paid out. Should the CPI be deemed more than 6%, 6% will be paid out.

 

2.    Is there an increase in housing allowance?

The housing allowance will be adjusted from the current R1,784.55 to R1,900 per month. These adjustments will already be implemented on 1 April 2025.

However, on 1 July 2025 the housing allowance of R1,900 will receive an additional CPI related increase.

 

Furthermore, public service workers who contribute to the individual linked savings facility, on termination of service, will be paid out, with effect from 1 April 2025.

 

3.    Are there adjustments to the medical fund subsidy?

The medical aid subsidy will be adjusted to the MPI in year 2025/2026 and has been implemented. MPI was calculated at 5.9%.

 

In 2026/2027 the medical aid subsidy will be increased to MPI + 0.5%.

 

The same adjustment will also be implemented in 2027/2028.


Mandate

The National Standing Committee (NSC) met on 5 February 2025 to seriously consider both agreements.

 

Against the background of the positive consideration by organised labour to accept the offer, and the pressure on the fiscus, which complicates navigation within this financial environment, the NSC encourages members to accept the offer.

 

However, it is your right to cast your vote and provide the SAOU with an official mandate.

 

Click here to complete the form to cast your vote before Friday, 7 February 2025 at 12:00.

by SAOU 12 February 2025
NN 08/2025: Na afloop van die werkgewer se finale aanbod wat op 30 Januarie 2025 op die tafel geplaas is, is georganiseerde arbeid versoek om ‘n mandaat van lede in te win om te sien of die salaris ooreenkoms onderteken kan word...
by Regsdienste 11 February 2025
NN 07/2025: Digital literacy is one of the aspects that should be taught to learners and cannot be limited to a single subject. However, in recent years social media have also become an important tool for organisations and institutions to offer new opportunities for online communication, engagement, as well as the fast and easy digital sharing of information...
by SAOU 5 February 2025
What happened in the SAOU during the month of January 2025
More posts
Share by: