NN 08/2025

  SALARISONDERHANDELINGE

TERUGVOER – LEDE MANDATERING

Na afloop van die werkgewer se finale aanbod wat op 30 Januarie 2025 op die tafel geplaas is, is georganiseerde arbeid versoek om ‘n mandaat van lede in te win om te sien of die salaris ooreenkoms onderteken kan word.

 

Die SAOU het deur middel van ‘n meningspeiling die mandaat van lede oor die ondertekening van die salaris ooreenkoms ingewin en die uitslag van deelnemende lede was as volg:


  • 81.3% van lede het aangedui dat hulle die ooreenkoms aanvaar en dat die SAOU die aanbod mag onderteken
  • 18.7% van lede het aangedui dat hulle nie die ooreenkoms aanvaar nie.

 

Hierdie meerderheid stel die SAOU in staat om voor 18 Februarie 2025 die ooreenkoms te onderteken.

 

Die uitslag van die ondertekening sal eers na 18 Februarie 2025 bekend gemaak word en indien ‘n meerderheid van georganiseerde arbeid die ooreenkoms onderteken sal dit dan in werking gestel word.

 

Die SAOU sal u op hoogte hou van die ontwikkelende gebeure soos wat dit rugbaar raak.

 

Klik hier vir die volledige mandateringsverslag.

2025/02/12

  SALARY NEGOTIATIONS

RESPONSE – MEMBER MANDATES

After the tabling of the final offer by the employer on the 30 January 2025, organised labour was requested to obtain a mandate from their members to indicate whether the salary agreement could be signed.

 

The SAOU obtained the mandate of members by opinion poll on whether the salary agreement should be signed and the result of participating members were as follows:

 

  • 81.3% of members indicated that they would accept the agreement and that the SAOU may sign said agreement
  • 18.7% of members indicated that they would not support the agreement.

 

This majority enables the SAOU to sign the agreement before 18 February 2025.

 

The outcome of signing will be made known only after 18 February 2025 and if a majority of organised labour sign the agreement, it will be put into action.

 

The SAOU will keep you informed of the evolving events as they become known.

 

Click here for the full mandate report.

by Regsdienste 11 February 2025
NN 07/2025: Digital literacy is one of the aspects that should be taught to learners and cannot be limited to a single subject. However, in recent years social media have also become an important tool for organisations and institutions to offer new opportunities for online communication, engagement, as well as the fast and easy digital sharing of information...
by SAOU 6 February 2025
NN 06/2025: Die werkgewer het op 28 Januarie 2025 ‘n finale getekende aanbod op die tafel geplaas vir die oorweging van georganiseerde arbeid. Dit is die finalisering van ‘n drie jaar salaris ooreenkoms wat begin in 2025 en...
by SAOU 5 February 2025
What happened in the SAOU during the month of January 2025
More posts
Share by: