DIE SKEP VAN ‘N POSITIEWE SKOOLKULTUUR
Kultuur is "hoe dinge hier gedoen word", dit behels wat aanvaarbaar is of nie, sowel as aanmoedigende of ontmoedigde gedrag. Dit sluit tradisies, waardes, oortuigings en houdings in wat alles deel van `n organisasie vorm. Hierdie kultuur word versterk deur rites, kommunikasiepatrone, informele strukture, verwagte gedrag en persepsies.
In skole bepaal die kultuur hoe dinge in 'n skool gedoen word, dit dek alles van kleredrag, oortuigings, norme, waardes sowel as interaksies tussen gemeenskapslede. Fullan (2007) definieer skoolkultuur as die leidende oortuigings en waardes in skoolbedrywighede. Dit sluit houdings, verwagte gedrag en waardes in wat `n skool se funksionering beïnvloed. Hierdie term verwys ook na konkrete kwessies soos leerderveiligheid, ordelikheid in die klaskamer en die viering van diversiteit.
Skoolkultuur, soos breër sosiale kultuur, spruit uit bewustelike- en onbewustelik perspektiewe, waardes, interaksies en praktyke in, wat alles sterk beïnvloed word deur die skool se institusionele geskiedenis. Leerders, ouers, onderwysers, administrateurs en ander personeellede vorm almal deel van 'n skool se kultuur, tesame met eksterne faktore soos die gemeenskap, operasionele beleid en grondbeginsels.
As skoolhoof of skoolbestuurder is jy verantwoordelik vir die vorming van die kultuur van jou skool. Alhoewel dit maklik is om faktore te identifiseer wat tot 'n negatiewe kultuur lei, kan dit uitdagend wees om vas te stel wat 'n positiewe kultuur uitmaak. Nietemin, is die bevordering van 'n positiewe skoolkultuur van kardinale belang vir die vestiging van 'n veilige, inklusiewe leeromgewing wat leerdergroei bevorder en toegewyde, bekwame onderwysers lok en behou.
Wat is ʼn positiewe skoolkultuur?
ʼn Positiewe skoolkultuur is ʼn omgewing waar elkeen by die skool – leerders, opvoeders en ander personeel – voel dat hul waardeer, ondersteun en respekteer word. Dit is `n plek waar elkeen veilig voel om hul idees en opinies te lug, ʼn gevoel van samehorigheid heers en waar diversiteit gevier word.
Wat is die voordele van ‘n positiewe skoolkultuur?
Waarom is ‘n positiewe skoolkultuur belangrik vir leerders?
'n Positiewe skoolkultuur hou talle voordele vir leerders in. Wanneer leerders veilig, ondersteun en waardeer voel by die skool, is hul meer geneig om te leer, akademies beter te presteer en verhoogde sosiale- en emosionele ontwikkeling te ervaar.
Wanneer leerders verbonde voel aan hul skoolgemeenskap, is hulle meer geneig om gereeld skool by te woon, aan buitemuurse aktiwiteite deel te neem en 'n positiewe houding teenoor die skool te hê. Hierdie gevoel van behoort (sense of belonging) help ook om afknouery en ander negatiewe gedrag te verminder, aangesien leerders meer geneig is om na mekaar om te sien en mekaar te respekteer.
Daarbenewens kan 'n positiewe skoolkultuur positiewe verhoudings tussen leerders en hul onderwysers bevorder, wat bewys is dat dit akademiese uitkomste verbeter. Onderwysers wat waardeer en ondersteun word deur hul skoolgemeenskap is meer geneig om effektief en aktief betrokke te wees in hul onderrig, wat weer hul leerders bevoordeel. Oor die algemeen lê 'n positiewe skoolkultuur die grondslag vir 'n veilige en ondersteunende leeromgewing wat tot voordeel van alle leerders is.
Waarom is 'n positiewe skoolkultuur belangrik vir klaskamer-onderwysers?
'n Positiewe skoolkultuur is net so belangrik vir onderwysers as vir leerders. Benewens 'n noemenswaardige toename in onderwyserprestasie, kan 'n positiewe skoolkultuur ook help om 'n gevoel van oop kommunikasie onder onderwysers te skep, wat veral belangrik kan wees in groot skole of in skole waar onderwysers maklik in isolasie kan werk. Hierdie gevoel van gemeenskap kan onderwysers 'n ondersteuningsnetwerk, 'n gevoel van behoort en geleenthede vir samewerking en professionele ontwikkeling bied.
Wanneer onderwysers deur hul skoolgemeenskap ondersteun word, is hulle meer geneig om gemotiveerd en toegewyd te wees aan hul werk. Dit kan lei tot minder gevalle van uitbranding en laer personeelomset, wat veral belangrik kan wees in gebiede waar daar onderwysertekorte is.
Daarbenewens kan 'n positiewe skoolkultuur help om 'n gevoel van gedeelde doel onder onderwysers te bevorder, wat veral belangrik kan wees in skole met uiteenlopende leerderbevolkings. Wanneer onderwysers 'n verbintenis tot 'n positiewe skoolkultuur deel, is hulle meer geneig om saam te werk om alle leerders te ondersteun, ongeag hul agtergrond of omstandighede. Oor die algemeen lê 'n positiewe skoolkultuur die grondslag vir 'n ondersteunende en samewerkende werksomgewing vir onderwysers, wat uiteindelik tot voordeel van hul leerders is.
Waarom is 'n positiewe skoolkultuur belangrik vir die breër gemeenskap?
'n Positiewe skoolgemeenskap is nie net belangrik vir leerders en onderwysers nie, maar ook vir die breër skoolgemeenskap, insluitend ouers, gesinne en ander in die plaaslike omgewing. Wanneer 'n skool 'n positiewe kultuur het, skep dit 'n gevoel van behoort en trots onder alle lede van die gemeenskap, wat 'n positiewe impak op die skool se reputasie en algehele sukses kan hê. Eerstens kan 'n positiewe skoolgemeenskap help om sterker vennootskappe tussen die skool en gesinne te bevorder. Wanneer gesinne welkom en waardeer voel in die skoolgemeenskap, is hulle meer geneig om betrokke te wees by hul kind se opvoeding en om die skool se missie en doelwitte te ondersteun. Dit kan help om kommunikasie en samewerking tussen die skool en gesinne te versterk, wat lei tot beter leeruitkomste vir leerders.
Tweedens kan 'n positiewe skoolgemeenskap ook die wyer gemeenskap bevoordeel deur 'n gevoel van konneksie en betrokkenheid te skep. Wanneer 'n skool gesien word as 'n positiewe en welkome plek. Dit kan help om positiewe verhoudings met die plaaslike gemeenskap te bou, insluitend besighede, gemeenskapsorganisasies en regeringsinstansies. Dit kan lei tot groter ondersteuning en hulpbronne vir die skool, asook geleenthede vir leerders om by die breër gemeenskap betrokke te raak en belangrike vaardighede en verhoudings te bou.
Laastens kan 'n positiewe skoolgemeenskap help om positiewe sosiale norme en waardes te bevorder wat 'n breër impak op die samelewing kan hê. Wanneer 'n skoolkultuur vriendelikheid, respek en inklusiwiteit bevorder, kan dit help om 'n kultuur van beskaafdheid en empatie te skep wat verder as die skoolgemeenskap en in die breër wêreld kan strek. Samevattend is 'n positiewe skoolgemeenskap belangrik vir die breër skoolgemeenskap omdat dit sterker vennootskappe met gesinne kan bevorder, positiewe verhoudings met die plaaslike gemeenskap kan bou en positiewe sosiale norme en waardes kan bevorder wat 'n breër impak op die samelewing kan hê.
Watter rol speel die skoolhoof in die skep van positiewe skoolkultuur?
Die skoolhoof speel 'n kritiese rol in die skep en bevordering van 'n positiewe skoolgemeenskap. As leier van die skool is die skoolhoof verantwoordelik om die toon aan te gee en 'n voorbeeld te stel wat die skool se waardes en doelstellings weerspieël. Een van die belangrikste maniere waarop skoolhoofde 'n positiewe skoolgemeenskap kan skep, is deur sterk verhoudings met leerders, onderwysers en gesinne te kweek. Dit sluit in om sigbaar en toeganklik te wees, die tyd te neem om leerders en gesinne te leer ken en die skep van geleenthede vir oop en eerlike kommunikasie.
Nog 'n belangrike rol wat skoolhoofde speel is om 'n duidelike en gedeelde visie vir die skool te skep. Dit behels die stel van duidelike doelwitte en verwagtinge vir leerders, onderwysers en personeel en om hierdie doelwitte gereeld en konsekwent te kommunikeer. Dit beteken ook om 'n gevoel van gedeelde doel en toewyding aan die skool se missie en waardes te skep en alle lede van die skoolgemeenskap aan te moedig om saam te werk aan gemeenskaplike doelwitte. Hoofde het ook 'n verantwoordelikheid om 'n veilige en ondersteunende leeromgewing vir alle leerders te skep. Dit beteken om kwessies soos afknouery, diskriminasie en teistering aan te spreek en 'n pro-aktiewe benadering te volg om positiewe gedrag en respek vir ander te bevorder.
Benewens hierdie verantwoordelikhede, kan skoolhoofde ook 'n positiewe skoolgemeenskap skep deur 'n kultuur van voortdurende leer en verbetering te bevorder. Dit beteken om geleenthede vir professionele ontwikkeling vir onderwysers en personeel te skep, terwyl dit ook innovasie en eksperimentering in die klaskamer aanmoedig. Oor die algemeen speel die skoolhoof 'n kritiese rol in die skep van 'n positiewe skoolgemeenskap deur sterk verhoudings te bou, 'n duidelike en gedeelde visie te skep, 'n veilige en ondersteunende leeromgewing te bevorder en deurlopende leer en verbetering aan te moedig. Deur 'n aktiewe en sigbare leierskaprol in te neem, kan skoolhoofde help om 'n kultuur van positiwiteit, samewerking en sukses in skole te bevorder.
Hoe kan ‘n positiewe skoolkultuur geskep word?
Die skep van 'n positiewe skoolkultuur is 'n proses wat deurlopende toewyding en inspanning verg. Hier is 'n paar praktiese stappe wat skoolhoofde en skoolbestuurders kan neem om 'n positiewe skoolkultuur in hul skool te skep:
Ontwikkel 'n gedeelde visie en missie
Die skep van 'n gedeelde visie en missie is 'n belangrike eerste stap in die bou van 'n positiewe skoolkultuur. Dit behels om insette van alle belanghebbendes te kry, insluitend leerders, onderwysers, ouers en gemeenskapslede. Die visie en missie moet die waardes en oortuigings van die skoolgemeenskap weerspieël en 'n padkaart bied vir die bereiking van die skool se doelwitte.
Die bou van sterk verhoudings
Die bou van sterk verhoudings is die kern van 'n positiewe skoolkultuur. Dit sluit die bou van verhoudings tussen leerders, onderwysers, personeel en die wyer gemeenskap in.
Skoolhoofde en die skoolbestuur kan die bou van verhoudings aanmoedig deur geleenthede te skep vir leerders, onderwysers en personeel om interaksie met mekaar te hê en saam te werk. Die implementering van welstandsprogramme kan ‘n positiewe invloed op personeel en leerders hê. Die sosiale- en emosionele welstand van leerders is noodsaaklik en hou direk verband met akademiese sukses. Leerders moet toegerus word met die vaardighede om veerkragtigheid en strategieë te ontwikkel om 'n positiewe ingesteldheid en gesonde verhoudings te handhaaf.
Onderwysers het swaar werksladings en moet in 'n gesonde geestelike- en emosionele toestand wees om op hul beste te kan funksioneer. Hulle moet voel dat hulle deur die skoolbestuur en ander personeellede ondersteun word. Deur bloot by personeel in te skakel en 'n oop dialoog te bevorder, kan 'n boodskap gestuur word dat hulle waardeer en ondersteun word. Ander inisiatiewe soos die aanbied van kursusse in bemiddeling of joga en die organisering van gereelde sosiale geleenthede vir personeel en spanbou-aktiwiteite kan 'n reuse positiewe uitwerking op personeel se moraal hê en help om 'n werkplekomgewing te skep waar onderwysers wil wees. Alle onderwysers het sterk punte – erken dit en erken al die goeie werk wat hulle doen, veral wanneer hulle ekstra doen. Leer jou personeel ken, leer oor hul lewens buite die werk, onthou hul verjaarsdae. Hierdie klein dingetjies kan 'n groot verskil maak. Die bevordering van 'n kultuur van dankbaarheid onder beide personeel en leerders kan ook 'n positiewe uitwerking hê en vriendelikheid en verdraagsaamheid in 'n skoolgemeenskap bevorder.
Beklemtoon positiewe versterking
Positiewe versterking is 'n kragtige instrument om gedrag te vorm en 'n positiewe skoolkultuur te bevorder. Dit sluit in die erkenning en beloning van goeie gedrag, asook die verskaffing van konstruktiewe terugvoer om leerders te help verbeter. Skoolhoofde en skoolbestuurders kan ook positiewe gedrag en houdings modelleer om die toon aan te gee vir die skoolkultuur.
Vier diversiteit
Die viering van diversiteit is 'n belangrike deel van die skep van 'n positiewe skoolkultuur. Dit behels die erkenning en waardering van individuele- en kulturele verskille en die bevordering van 'n kultuur van inklusiwiteit. Skoolhoofde en skoolbestuurders kan die skoolkultuur bevorder.
Moedig leerderstem en deelname aan
Die aanmoediging van leerderstem en deelname is 'n belangrike deel van die skep van 'n positiewe skoolkultuur. Dit behels om leerders 'n sê te gee in besluitnemingsprosesse en om geleenthede vir hulle te skep om leiersrolle aan te neem. Hoofde en skoolbestuurders kan ook leerderdeelname aanmoedig deur forums vir leerderterugvoer te skep en leerders by skoolgeleenthede en -aktiwiteite te betrek.
Prioritiseer personeelontwikkeling
Om te belê in personeelontwikkeling is 'n belangrike aspek van die skep van 'n positiewe skoolkultuur. Dit behels die verspreiding van geleenthede vir professionele ontwikkeling en opleiding om onderwysers en personeel te help groei en ontwikkel. Skoolhoofde en skoolbestuurders kan ook mentorskap en afrigting verskaf om onderwysers en personeel te help om hul professionele doelwitte te bereik.
Alhoewel dit waar is dat elke skool anders is, is dit die faktore wat u skool uniek maak, wat die stappe sal bepaal wat u moet neem om 'n positiewe skoolkultuur te bevorder. Die wenke in hierdie artikel is bedoel om as 'n wegspringplek vir skole te dien. Niemand ken jou skool so goed soos jy en jou bestuurspan nie. Dus, gewapen met hierdie inligting, begin vandag klein veranderinge in jou skool aanbring en kyk na die impak wat dit op jou leerders, onderwysers en die algehele kultuur het.
Bronne:
CREATING A POSITIVE
SCHOOL CULTURE
Culture is essentially "how things are done around here," encompassing what's acceptable or not, encouraged or discouraged behaviour. It includes traditions, values, beliefs and attitudes shaping everything in an organisation. This culture is reinforced through rites, communication patterns, informal structures, expected behaviours and perceptions.
In schools, culture defines how things are done in a school, covering dress code, beliefs, norms, values, diet and more, along with interactions among community members. Fullan (2007) defines school culture as the guiding beliefs and values in school operations. It includes attitudes, expected behaviours and values impacting school functioning. This term also refers to concrete issues like learner safety, classroom orderliness and celebrating diversity.
School culture, like broader social culture, arises from both conscious and unconscious perspectives, values, interactions and practices that are strongly influenced by the school's institutional history. Learners, parents, teachers, administrators, and other staff members all shape a school's culture, along with external factors like the community, operational policies and founding principles.
As a principal or school manager, you're responsible for moulding the culture of your school. While it's easy to identify factors leading to a negative culture, pinpointing what constitutes a positive culture can be challenging. Nevertheless, fostering a positive school culture is crucial for establishing a safe, inclusive learning environment that promotes learner growth and attracts and retains dedicated, capable teachers.
What is a positive school culture?
A positive school culture is a setting in which everyone, including learners, teachers, and staff, feels respected, valued, and supported. It's a place where individuals feel safe to express their ideas and opinions, fostering a strong sense of community and celebrating diversity.
What are the benefits of a positive school culture?
Building a positive school culture yields numerous benefits, including:
Why is a positive school culture important for learners?
A positive school culture has numerous benefits for learners. When learners feel safe, supported and valued at school, they are more likely to engage in learning, have better academic performance and gains positive social and emotional development.
When learners feel connected to their school community, they are more likely to regularly attend school, participate in extra-curricular activities and have a positive attitude towards school. This sense of belonging also helps to reduce the likelihood of bullying and other negative behaviours as learners are more likely to look out for each other and respect one another.
In addition, a positive school culture can foster positive relationships between learners and their teachers, which has been shown to improve academic outcomes. Teachers who feel valued and supported by their school community are more likely to be effective and engaged in their teaching, which in turn benefit their learners. Overall, a positive school culture sets the foundation for a safe and supportive learning environment that benefits all learners.
Why is a positive school culture important for classroom teachers?
A positive school culture is just as important for teachers as it is for learners. In addition to a notable increase in teacher performance, a positive school culture can also help create a sense of community among teachers, which can be particularly important in large schools or in schools where teachers may work in isolation. This sense of community can provide teachers with a support network, a sense of belonging, and opportunities for collaboration and professional development.
When teachers feel supported by their school community, they are more likely to be motivated and committed to their work. This can lead to reduced burnout and turnover, which can be particularly important in areas where there are teacher shortages.
In addition, a positive school culture can help to promote a sense of shared purpose among teacher, which can be particularly important in schools with diverse learner populations. When teachers share a commitment to a positive school culture, they are more likely to work together to support all learners, regardless of their background or circumstances. Overall, a positive school culture sets the foundation for a supportive and collaborative work environment for teachers, which ultimately benefit their learners.
Why is a positive school culture important for the broader community?
A positive school community is not only important for learners and teachers, but also for the wider school community, including parents, families and others in the local area. When a school has a positive culture, it creates a sense of belonging and pride among all members of the community, which can have positive impact on the school’s reputation and overall success. Firstly, a positive school community can help to foster stronger partnerships between the school and families. When families feel welcomed and valued in the school community, they are more likely to be involved in their child’s education and to support the school’s mission and goals. This can help to strengthen communication and collaboration between the school and families, leading to better learning outcomes for learners.
Secondly, a positive school community can also benefit the wide community by creating a sense of connection and engagement. When a school is seen as a positive and welcoming place it can help build positive relationships with the local community, including businesses, community organisations, and government agencies. This can lead to increased support and resources for the school, as well as opportunities for learners to engage with the wider community and develop important skills and relationships.
Lastly, a positive school community can help to promote positive social norms and values that can have a broader impact on society. When a school culture promotes kindness, respect and inclusivity, it can help to create a culture of civility and empathy that can extend beyond the school community and into the wider world. In summary, a positive school community is important for the wider school community because it can foster stronger partnerships with families, build positive relationships with the local community and promote positive social norms and values that can have a broader impact on society.
What role does the principal play in creating a positive school culture?
The principal plays a critical role in creating and fostering a positive school community. As the leader of the school, the principal is responsible for setting the tone and creating a culture that reflects the school’s values and goals. One of the key ways that principals can create a positive school community is by building strong relationships with learners, teachers and families. This includes being visible and accessible, taking the time to get to know learners and families and creating opportunities for open and honest communication. Another important role that principals play is in creating a clear and shared vision for the school. This involves setting clear goals and expectations for learners, teachers and staff and communicating these goals regularly and consistently. It also means creating a sense of shared purpose and commitment to the school’s mission and values and encouraging all members of the school community to work together towards common goals. Principals also have a responsibility to create a safe and supportive learning environment for all learners. This means addressing issues such as bullying, discrimination and harassment and taking a proactive approach to promoting positive behaviour and respecting others.
In addition to these responsibilities, principals can also create a positive school community by promoting a culture of continuous learning and improvement. This means creating opportunities for professional development for teachers and staff, while also encouraging innovation and experimentation in the classroom. Overall, the principal plays a critical role in creating a positive school community by building strong relationships, creating a clear and shared vision, promoting a safe and supportive learning environment and encouraging continuous learning and improvement. By taking an active and visible leadership role, principals can help foster a culture of positivity, collaboration and success in their schools.
What steps can be taken to create a positive school culture?
Creating a positive school culture requires ongoing dedication and action. Principals and school managers play a crucial role in this process. Here are practical steps you can follow to create a positive school culture:
Develop a shared vision and mission
Start by engaging all stakeholders, including learners, teachers, parents and community members, to create a vision and mission that reflects the school's values and goals.
Foster strong relationships
Building relationships among learners, teachers, staff, and the wider community is essential. Principals can facilitate interaction and collaboration by providing opportunities for engagement. Implementing an effective wellbeing program is vital for both staff and learners, as emotional and social wellbeing directly impact academic success. Equipping learners with resilience-building skills and promoting positive mindsets contributes to healthy relationships and overall wellbeing.
Support teachers
Recognise that teachers have demanding workloads and prioritise their mental and emotional wellbeing. By providing support and resources and creating a supportive environment, enable teachers to perform at their best.
Teachers shoulder heavy workloads and needs to be in a healthy mental and emotional state in order to perform at their best. Support from school managers and colleagues is crucial. Regular check-ins and fostering open dialogue signal value and support. Organising social events, and team-building activities boost morale and cultivate an environment where teachers can thrive. Acknowledging their strengths, recognising exceptional efforts and personal gestures like remembering birthdays fosters a sense of appreciation. Cultivating gratitude along staff and learners fosters kindness and tolerance in the wider community.
Emphasizing Positive Reinforcement
Recognizing and rewarding good behaviour and providing constructive feedback that shape behaviour and cultivate positivity. Principals and managers can model positive attitudes to set the tone.
Celebrating Diversity
Celebrating diversity is an important part of creating a positive school culture. This involves recognising and valuing the differences between individuals and cultures and promoting a culture of inclusivity. Principals and managers can promote diversity by incorporating diverse perspectives and experiences into the curriculum and by creating opportunities for learners to learn about and celebrate different cultures.
Encouraging Learner Voice and Participation
By involving learners in decision-making processes and leadership roles will empower them. Providing forums for feedback and involving learners in school events promotes engagement.
Prioritising Staff Development
Investing in professional development and mentoring helps staff to grow and develop. Principals and managers can support teachers in reaching their professional goals by creating opportunities and communicating with regards to training and professional development.
Although every school is unique, and the tailored approaches at your school is what makes it unique, this will help determine what steps you need to take to improve your school culture. These tips serve as a starting point that can empower schools to initiate positive change. With small adjustments, schools can observe a significant impact on learners, teachers and overall culture.
Sources:
'My experience with SAOU was outstanding. After months of struggle, they assisted me in obtaining my SACE certificate. Additionally, their thoughtful gesture of wishing me a happy birthday was particularly heartwarming.'
Keshia Erasmus
''Ons het gesukkel met 'n vakkeuse van 'n matriekleerling aan die begin van die jaar, aangesien haar ma verlede jaar die toestemmingsbrief na verkeerde e-pos gestuur het. Die departement het net volstrek geweier om haar vak te verander, al het sy al vir amper 'n kwartaal in die veranderde vak gesit. Ons het SAOU genader om hulp en dit was nie eers 'n paar dae nie toe kry ons die toestemmingsbrief vanaf die departement, vergesel met 'n verskoning.''
Lizé van Aswegen
''Flink diens. Akkurate inligting.'' Garetha
''Onderwerpe is spesifiek uniek, baie leersaam en word deur kundiges keurig aangebied.''
Gretie Luyt
''Best service and easy to find information. ''
Kgothatso Madibana
''My ervaring met SAOU is uitstekend tot dusver. Ek het aanlyn geregistreer en is bykans onmiddelik n lid.''
Janeke Jordaan
''Professional advice given and FAQ are very helpful. Staff knowledgeable and website insightful.''
Gregory McCullum
''Daar is dadelik aan my raad gegee.
Dokumentasie was vinnig aangestuur.
Andre Pretorius was vriendelik, bekwaam en van groot hulp met my probleem.''
Susan Jansen
''Excellent rating - For conducting the ongoing professional development workshops on content and on the
latest developments in education.
Continue with the excellent work.''
Molale DC
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat die webwerf verbruikers-vriendelik is en ek maklik kon aansluit by die unie. Ek is ook vinnig gehelp toe ek hoofkantoor gebêl het. ''
Jacomien Davidson
"Hiermee wil ek graag my dankbaarheid uitspreek vir die geleentheid wat ek ontvang het om saam met my gade die kongres te kon bywoon. Die ervaring was werklik spesiaal. Die absolute professionele voorbereiding ten opsigte van administrasie asook die persoonlike ingesteldheid teenoor die ontvangers van die toekennings was indrukwekkend. Baie dankie vir die erkenning van die werk wat opvoeders doen, dit skep nederige dankbaarheid vir die taak wat God aan my toevertrou het."
E Havenga
''The manner of questions are spot on and one can only hope responses will fast and reliable... New website is highly informative ''
ShamielITIO Mohamed
''Ek wil graag net persoonlik dankie se vir ''n wonderlike Saterdag. Dit was absoluut die moeite werd!
Julle verwelkoming, fantastiese sprekers, middagete, geskenkpakkie en nog 'n wegneem kospakkie was uit die boonste rakke. Dis n voorreg om lid van die SAOU te kan wees.
Dankie en sterkte vir dit waarvoor julle staan en die puik diens wat ons as lede ontvang.''
Sunet Sanders
''My ervaring met SAOU is uitstekend omdat - om dit sommer plein en reguit te sê - in al die jare wat ek SAOU opleidings bygewoon / (Zoom) was nie een ooit 'n mors van tyd nie. Dit is altyd baie insiggewend en interessant. Ek leer ongelooflik baie by die aanbiedings. Baie, baie dankie vir julle puik diens. Ek waardeer dit opreg. Somtyds is dit moeilik om alles ingepas te kry, om na die opleidings te luister maar ek probeer maar altyd 'n plan maak om dit by te woon. Gaan voort met die goeie werk! Baie dankie'' Mathilde van Niekerk
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat my vrae altyd vlugtig en deeglik beantwoord word. Ek voel vry om enige kwessie met die SAOU te bespreek en ek voel veilig sowel as beskermd wanneer ek kontak maak. Ek voel dat die SAOU as 'n uitstekende ondersteuningsnetwerk vir my dien en ek is nie seker dat ek onderwys, en die politiek daaragter, sou kon hanteer sonder 'n unie met wie ek so vertroud voel nie. Baie dankie!''
Karla du Toit
I got the answers to my questions and there was additional information I could browse on for more information.
Proudy Dlamini
Baie dankie vir alles wat julle alles vir my gedoen het hierdie jaar gedoen het .. al die dinge wat gesorteer het..al die help.. al die ondersteuning... Julle is puik...
Geniet julle vakansie!
Anneke Oberholzer
All Rights Reserved