NN 31/2024

BELA PROTESAKSIE

Die SAOU is reeds sedert 2017 intens betrokke by die wysigings aan die BELA-wet en het groot suksesse behaal met die insette wat gelewer is. Die implementering van klousules 4 en 5 wat verwys na die toelating- en taalbeleid in skole is nog nie geïmplementeer nie en is met ‘n verder drie maande uitgestel vir konsultasie met die regering.


Die SAOU glo steeds in ‘n politieke oplossing as eerste prys, maar sal graag alle moontlike aksies wil ontgin om die regering van die dag te oortuig dat die voorgestelde wysigings rakende toelating- en taalbeleid nie ten beste is soos dit tans daaruit sien nie.


Die Nasionale Dagbestuur van die SAOU het dus op 18 Oktober 2024 eenparig besluit dat die Nasionale Uitvoerende Raad van die SAOU, die SAOU-lede, by die BELA-optog wat vir 5 November 2024 beplan word, sal verteenwoordig.


Indien u as lid wil inskakel by die beoogde aksie van 5 November 2024, beveel ons u aan om ‘n dag onbetaalde verlof te neem en die aksie te ondersteun.


Indien u van voorneme is om deel te neem, registreer by die skakel hieronder. SAOU dra die 5de BLOU! Vir die eerste honderd SAOU-lede wat registreer, sal daar ‘n gratis gholfhemp en pet wees, wat afgehaal kan word by die SAOU se stalletjie.


Kom ons vat hande en verseker dat die SAOU se stem so goed as moontlik hoorbaar gaan wees.


Kom ons wys dat die SAOU dié verandering in die onderwys is.

 

Belangrike reëlings:

  • Aankoms: 08:00
  • Program begin: 09:00
  • Stap van Voortrekkermonument na Freedom Park (voorlopig): 10:00
  • Kleredrag: Die eerste 100 SAOU-lede wat registreer kwalifiseer vir ‘n gratis SAOU t-hemp en SAOU-pet wat gedra kan word. Indien u te laat registreer ondersteun SAOU asseblief deur blou te dra!
  • Skoene: Trek gemaklike skoene aan aangesien, ons ongeveer 2.5km gaan stap.
  • Parkering: Gratis en veilige parkering op Voortrekkermonument se terrein beskikbaar.


Klik hier om jou gratis SAOU blou t-hemp te bestel. Onthou slegs die eerste 100 lede kom in aanmerking vir die gratis hemde. U sal ‘n e-pos van bevestiging ontvang indien u vir die gratis SAOU-drag kwalifiseer.


Sperdatum vir hemp bestellings: 22 Oktober 2024 @ 16:00

PROTEST AGAINST BELA

The SAOU has been actively involved in the amendments to the BELA Act since 2017 and has achieved significant progress through its contributions. The implementation of clauses 4 and 5, which pertain to school admissions and language policy, has been delayed for an additional three months to allow for further consultation with the government.


The SAOU remains committed to seeking a political solution as its first priority but is also exploring all possible actions to convince the government that the proposed changes to the admission and language policies are not ideal in their current form.


On 18 October 2024, the SAOU's National Standing Committee unanimously resolved that the National Executive Council will represent members at the BELA protest march scheduled for 5 November 2024.


If, as a member, you wish to participate in the planned action on 5 November 2024, you will have to take a day's unpaid leave to support the cause. To join, please register using the link below. On 5 November 2024, SAOU members will wear BLUE! The first 100 members to register will receive a free golf shirt and cap, which can be collected from the SAOU stall.


Let's unite and make sure the SAOU's voice is heard loud and clear. Together, we can demonstrate that the SAOU is driving change in education.


Important Details:

  • Arrival time: 08:00
  • Program start: 09:00
  • Walk from Voortrekker Monument to Freedom Park (provisional): 10:00
  • Attire: The first 100 SAOU members who register will receive a free SAOU t-shirt and cap. If you register later, please support SAOU by wearing blue!
  • Footwear: Wear comfortable shoes; the walk is approximately 2.5 km.
  • Parking: Free and secure parking will be available at the Voortrekker Monument.


Click here to order your free SAOU blue t-shirt. Please note that only the first 100 members are eligible for the free golf shirts, and you will receive a confirmation email if you qualify.


Closing date for shirt orders: 22 October 2024 @ 16:00

by SAOU 26 March 2025
NN 13/2025: The SAOU is considering the introduction of a funeral benefit for all SAOU members, WITHOUT increasing membership fees. The funding of the funeral benefit will have an impact on the annual corporate gifts...
by Regsdienste 25 March 2025
NN 12/2025 Verskeie navrae word tans vanaf skoolhoofde ontvang, rakende die nuwe bepaling met betrekking tot die indiening van ‘n skool se kwartaallikse finansiëleverslae wat binne 30 dae na die einde van die kwartaal, volgens Artikel 45(3) van die SASW soos gewysig ingedien moet word...
by SAOU 14 March 2025
NN 11/2025: We are delighted to announce the result of the election... Membership Fee Adjustment: Due to the late delivery of the national budget speech, the general salary adjustment will not be implemented on time at Persal, but...
More posts
Share by: