The SAOU has taken note that problems regarding the timeous admission of learners for the 2024 school year are still experienced. Furthermore, it was noted that the respective provincial departments of education are loath to negotiate the admission of learners with school governing bodies and that they prefer to exert pressure on school principals. In terms of the SA Schools Act the admission of learners are dealt with in terms of the relevant school’s admission policy. Be attentive to the fact that the SA Schools Act still applies. Departmental officials may attempt to abuse the envisaged amendments to admission and language policy as contemplated in BELA to compel principals to admit learners without proper consultation with the school governing body (SGB). Such actions are impermissible. It remains a competency of the relevant school’s school governing body. The principal has no role to play.
Principal’s must also refer all enquiries and instructions to unilaterally enlarge school capacity to the SGB for appropriate consideration.
The SAOU addressed a circular on 29 November 2022 (click here) to school principals in regard to the proposed approach when such an incident occurs. The following advice is submitted in this regard:
1. That a thorough study of the contents must be made;
2. To enable the SAOU to provide timeous and appropriate advice, to contact the relevant SAOU provincial secretary as soon as possible in the event that unreasonable/unlawful pressure is exerted; and
3. To immediately contact the relevant chairperson of the school governing body and the school governing body organisation to which the school is affiliated.
In addition to the above the SAOU informed principals on 11 October 2023 regarding the factors that play a role in determining school capacity. This is based on a court judgement in favour of the SAOU. The provincial education department may no longer determine capacity arbitrarily. (click here)
The SAOU received numerous enquiries regarding the 9,5% increase of GEMS premiums. We draw attention to the following:
The adjusted medical employer subsidy for public servants was circulated via Circular 48 of 2023, dated 8 December 2023 by the Department of Public Service and Administration. The increase of the employer subsidy with effect from 1 January 2024 is 6%. In this regard, the following must be noted:
Here below an extract from said DPSA circular.
Die SAOU het reeds kennis geneem dat daar in alle provinsies probleme ondervind word met die tydige inskrywing van leerders vir die 2024 skooljaar. Verder is kennis ook geneem dat die onderskeie provinsiale onderwysdepartemente nie graag met beheerliggame oor die toelating van leerders wil onderhandel nie en dat daar eerder gepoog word om druk op skoolhoofde uit te oefen. Ingevolge die SA Skolewet word die toelating van leerders tot ‘n bepaalde skool ingevolge die skool se toelatingsbeleid beheer en bestuur. Wees bedag daarop dat die huidige SA Skolewet steeds geld en dat amptenare wat skoolhoofde wil afdreig met die beoogde wysiging aan toelatings- en taal beleid soos vervat in BELA dit voortydig doen en geen voet het om op te staan nie. Dit bly steeds ‘n bevoegdheid van die betrokke beheerliggaam. Die skoolhoof het geen rol te speel nie.
Skoolhoofde moet alle navrae en opdragte wat die eensydige verhoging van skoolkapasiteit aan hulle opdwing na die skoolbeheerliggaam verwys vir gepaste oorweging.
Die SAOU het reeds op 29 November 2022 ‘n omsendskrywe (klik hier) aan skoolhoofde gerig betreffende die voorgestelde hanteringswyse. Die volgende word in dié verband aanbeveel:
1. Dat ‘n deeglike studie van die inhoud gemaak word;
2. Om so gou doenlik met die betrokke SAOU provinsiale sekretaris in verbinding te tree indien daar onredelike/onregmatige druk op die skoolhoof uitgeoefen word ten einde die SAOU in staat te stel om tydige en gepaste advies te voorsien; en
3. Onverwyld met die tersaaklike voorsitter van die beheerliggaam en die betrokke beheerliggaam organisasie in verbinding te tree.
Verder het die SAOU ook skoolhoofde op 11 Oktober 2023 ingelig rakende die hofsaak wat die SAOU insake kapasiteitsbepaling van skole gewen het. Die provinsiale onderwys departement (POD) mag nie meer eensydig en lukraak kapasiteit (arbitrêr) bepaal en afdwing nie
(kliek hier).
Verskeie navrae insake die 9,5% premieverhoging vir GEMS lede is deur die SAOU ontvang. Die volgende word onder u aandag gebring:
Die aangepaste werkgewersubsidie is in Omsendbrief 48 van 2023 van die Departement van Openbare Diens en Administrasie (DPSA) op 8 Desember 2023 versprei, nl: dat 'n 6% verhoging met ingang van 1 Januarie 2024 geld. Daar moet egter van die volgende kennis geneem word:
Hieronder ‘n uittreksel uit die betrokke DPSA- omsendbrief.
'My experience with SAOU was outstanding. After months of struggle, they assisted me in obtaining my SACE certificate. Additionally, their thoughtful gesture of wishing me a happy birthday was particularly heartwarming.'
Keshia Erasmus
''Ons het gesukkel met 'n vakkeuse van 'n matriekleerling aan die begin van die jaar, aangesien haar ma verlede jaar die toestemmingsbrief na verkeerde e-pos gestuur het. Die departement het net volstrek geweier om haar vak te verander, al het sy al vir amper 'n kwartaal in die veranderde vak gesit. Ons het SAOU genader om hulp en dit was nie eers 'n paar dae nie toe kry ons die toestemmingsbrief vanaf die departement, vergesel met 'n verskoning.''
Lizé van Aswegen
''Flink diens. Akkurate inligting.'' Garetha
''Onderwerpe is spesifiek uniek, baie leersaam en word deur kundiges keurig aangebied.''
Gretie Luyt
''Best service and easy to find information. ''
Kgothatso Madibana
''My ervaring met SAOU is uitstekend tot dusver. Ek het aanlyn geregistreer en is bykans onmiddelik n lid.''
Janeke Jordaan
''Professional advice given and FAQ are very helpful. Staff knowledgeable and website insightful.''
Gregory McCullum
''Daar is dadelik aan my raad gegee.
Dokumentasie was vinnig aangestuur.
Andre Pretorius was vriendelik, bekwaam en van groot hulp met my probleem.''
Susan Jansen
''Excellent rating - For conducting the ongoing professional development workshops on content and on the
latest developments in education.
Continue with the excellent work.''
Molale DC
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat die webwerf verbruikers-vriendelik is en ek maklik kon aansluit by die unie. Ek is ook vinnig gehelp toe ek hoofkantoor gebêl het. ''
Jacomien Davidson
"Hiermee wil ek graag my dankbaarheid uitspreek vir die geleentheid wat ek ontvang het om saam met my gade die kongres te kon bywoon. Die ervaring was werklik spesiaal. Die absolute professionele voorbereiding ten opsigte van administrasie asook die persoonlike ingesteldheid teenoor die ontvangers van die toekennings was indrukwekkend. Baie dankie vir die erkenning van die werk wat opvoeders doen, dit skep nederige dankbaarheid vir die taak wat God aan my toevertrou het."
E Havenga
''The manner of questions are spot on and one can only hope responses will fast and reliable... New website is highly informative ''
ShamielITIO Mohamed
''Ek wil graag net persoonlik dankie se vir ''n wonderlike Saterdag. Dit was absoluut die moeite werd!
Julle verwelkoming, fantastiese sprekers, middagete, geskenkpakkie en nog 'n wegneem kospakkie was uit die boonste rakke. Dis n voorreg om lid van die SAOU te kan wees.
Dankie en sterkte vir dit waarvoor julle staan en die puik diens wat ons as lede ontvang.''
Sunet Sanders
''My ervaring met SAOU is uitstekend omdat - om dit sommer plein en reguit te sê - in al die jare wat ek SAOU opleidings bygewoon / (Zoom) was nie een ooit 'n mors van tyd nie. Dit is altyd baie insiggewend en interessant. Ek leer ongelooflik baie by die aanbiedings. Baie, baie dankie vir julle puik diens. Ek waardeer dit opreg. Somtyds is dit moeilik om alles ingepas te kry, om na die opleidings te luister maar ek probeer maar altyd 'n plan maak om dit by te woon. Gaan voort met die goeie werk! Baie dankie'' Mathilde van Niekerk
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat my vrae altyd vlugtig en deeglik beantwoord word. Ek voel vry om enige kwessie met die SAOU te bespreek en ek voel veilig sowel as beskermd wanneer ek kontak maak. Ek voel dat die SAOU as 'n uitstekende ondersteuningsnetwerk vir my dien en ek is nie seker dat ek onderwys, en die politiek daaragter, sou kon hanteer sonder 'n unie met wie ek so vertroud voel nie. Baie dankie!''
Karla du Toit
I got the answers to my questions and there was additional information I could browse on for more information.
Proudy Dlamini
Baie dankie vir alles wat julle alles vir my gedoen het hierdie jaar gedoen het .. al die dinge wat gesorteer het..al die help.. al die ondersteuning... Julle is puik...
Geniet julle vakansie!
Anneke Oberholzer
All Rights Reserved