Jy het uiteindelik jou studies voltooi en met die aanbreek van die nuwe skooljaar sien jy uit na jou heel eerste onderwyspos. Hulpmiddels vir jou klas word gemaak en gekoop, en van die kalender tot verjaarsdagplakkaat pas alles by die oulike tema wat jy gekies het. Op sosiale media sluit jy fluks aan by die onderwysergroepe en vra raad by ander. Alles sodat jou eerste dag sonder enige haakplekke kan verloop!
Alhoewel daar ‘n magdom praktiese wenke is wat jou nuwe kollegas met jou sal deel, is dit belangrik om te onthou dat elke kind, klas, skool, jaar en ouergemeenskap van mekaar verskil. Planne en tegnieke wat by kollega A se plattelandse skool in die Noord-Kaap ‘n treffer is, sal dalk nie by jou voorstedelike skool in Gauteng so suksesvol wees nie. Tyd en ervaring het egter geleer dat daar wel ses basiese dinge is wat alle onderwysers (meestal) positief en produktief sal hou - maak nie saak waar of hoe lank jy skoolhou nie.
1. Goeie maniere is altyd in die mode
Om hoflik, vriendelik en beleefd te wees is ononderhandelbaar. Maak seker dat jy bekend staan as ‘n persoon met goeie maniere. Groet jou kollegas vriendelik, bied jou sitplek vir ‘n ouer persoon aan, moenie jaag om eerste by die teetafel te kom nie – al is jy hoe dors! Wanneer jy ‘n nuwe onderwyser of ouer ontmoet, groet met ‘n stewige handdruk en kyk die persoon in die oë. Leer ook jou klas om so op te tree. Stel die voorbeeld deur almal by jou skool, van die skoonmakers tot die kantoordames, met dieselfde respek en agting te behandel.
2. ‘n Mentor is goud werd
‘n Kollega met ervaring wat jou onder sy/haar vlerk kan neem en sy/haar praktiese en didaktiese kennis met jou kan deel, is ‘n aanwins vir enige onderwyser. ‘n Vakhoof of graadhoof is gewoonlik ‘n goeie eerste keuse vir hierdie rol, aangesien julle ook ander gedeelde belange het. Maak ‘n tyd in julle dagboeke vas waar jy met jou mentor kan gesels, “brainstorm” en vrae vra. As jy hierdie sessies nie skeduleer nie gebruik ‘n mens dikwels die “ek is te besig”-verskoning om nie daarby uit te kom nie. Dit hoef ook geensins by die skool plaas te vind nie. ‘n Gesellige koffiewinkel lewer dikwels ‘n baie beter sessie as ‘n formele vergadering in ‘n kantoor.
3. Jy is nooit te oud om te leer nie
Alhoewel jy sekerlik verlig is dat jou studies nou agter die rug is, is ‘n onderwyser nooit klaar geleer nie. Ons stel die voorbeeld aan die leerders van wat dit beteken om ‘n lewenslange leerder te wees. Behalwe vir die PO-punte wat met professionele ontwikkeling versamel moet word, is opvoeding en onderrig nie ‘n vakgebied wat ooit stagneer nie. Daar is voortdurend nuwe navorsing, tendense, tegnieke, bevindinge en hulpmiddels waarvan jy moet kennis dra. Bemagtig jouself as leerkrag deur op die voorgrond te bly van alles wat nuut en vars in jou beroep is.
4. Word ‘n krokodil
‘n Kollega met ervaring wat jou onder sy/haar vlerk kan neem en sy/haar praktiese en didaktiese kennis met jou kan deel, is ‘n aanwins vir enige onderwyser. ‘n Vakhoof of graadhoof is gewoonlik ‘n goeie eerste keuse vir hierdie rol, aangesien julle ook ander gedeelde belange het. Maak ‘n tyd in julle dagboeke vas waar jy met jou mentor kan gesels, “brainstorm” en vrae vra. As jy hierdie sessies nie skeduleer nie gebruik ‘n mens dikwels die “ek is te besig”-verskoning om nie daarby uit te kom nie. Dit hoef ook geensins by die skool plaas te vind nie. ‘n Gesellige koffiewinkel lewer dikwels ‘n baie beter sessie as ‘n formele vergadering in ‘n kantoor.
5. Let op jou klere en jou woorde
Onderwysers wil graag hê dat die samelewing ons as professionele beroepslui moet ag. Natuurlik is dit te verstane, aangesien ons in ‘n professionele beroep staan, ‘n professionele kwalifikasie verwerf het en by ‘n professionele onderwysraad (RAVO) geregistreer is. Jou optrede kan heelwat bydra om dit vir ouers, kinders en ander kollegas maklik te maak om jou in hierdie lig te sien. Buiten vir ons gedrag en keuse van woordeskat, is een van die areas waar ons professionaliteit ten beste vertoon word, ons kleredrag. Niemand verwag van onderwysers om duur handelsmerke en formele besigheidsdrag te dra nie, maar té kort, té laag en té styf hoort nie by ‘n onderwyser nie. Wees ook versigtig hoe jy praat – is jou woorde keurig en in goeie smaak, of maak jy jou skuldig aan vuil taal en onvanpaste grappies?
6. Pasop vir sosiale media
Om deesdae te hoor van iemand wat nie ‘n rekening op die een of ander sosiale media-platform het nie, is uiters skaars. Facebook, Instagram en TikTok is gunstelinge en natuurlik deel onderwysers graag ook die hoogtepunte van en gebeurtenisse in hulle lewens hierop. Hou egter altyd in gedagte dat jou plasings se woorde en foto’s vir ewig is en jou regdeur jou loopbaan sal volg. Hoe sal jou toekomstige hoof voel oor wat jy op sosiale media kwytraak? Sal jou kollegas gemaklik wees met die foto’s wat jy plaas? En die ouers van die leerders in jou klas? Sosiale media is hier om te bly, maar wees versigtig vir hoe jy kies om jou lewe daarop uit te beeld. En natuurlik sal dit heeltemal onvanpas wees om enige van jou leerders as “friends” of “followers” op jou sosiale media profiele toe te laat – geen uitsonderings nie!
Ten slotte: Gedurende jou (hopelik) lang en gelukkige onderwysloopbaan sal jy baie wenke van jou kollegas, mentors en hoofde ontvang. Sommige sal jy toepas en ander sal nie noodwendig nuttig wees vir jou situasie en werksomgewing nie.
Die “Ses van die Bestes” sal jou egter toerus om met gemak en sukses elke uitdaging te kan aanpak en baas te raak!
'My experience with SAOU was outstanding. After months of struggle, they assisted me in obtaining my SACE certificate. Additionally, their thoughtful gesture of wishing me a happy birthday was particularly heartwarming.'
Keshia Erasmus
''Ons het gesukkel met 'n vakkeuse van 'n matriekleerling aan die begin van die jaar, aangesien haar ma verlede jaar die toestemmingsbrief na verkeerde e-pos gestuur het. Die departement het net volstrek geweier om haar vak te verander, al het sy al vir amper 'n kwartaal in die veranderde vak gesit. Ons het SAOU genader om hulp en dit was nie eers 'n paar dae nie toe kry ons die toestemmingsbrief vanaf die departement, vergesel met 'n verskoning.''
Lizé van Aswegen
''Flink diens. Akkurate inligting.'' Garetha
''Onderwerpe is spesifiek uniek, baie leersaam en word deur kundiges keurig aangebied.''
Gretie Luyt
''Best service and easy to find information. ''
Kgothatso Madibana
''My ervaring met SAOU is uitstekend tot dusver. Ek het aanlyn geregistreer en is bykans onmiddelik n lid.''
Janeke Jordaan
''Professional advice given and FAQ are very helpful. Staff knowledgeable and website insightful.''
Gregory McCullum
''Daar is dadelik aan my raad gegee.
Dokumentasie was vinnig aangestuur.
Andre Pretorius was vriendelik, bekwaam en van groot hulp met my probleem.''
Susan Jansen
''Excellent rating - For conducting the ongoing professional development workshops on content and on the
latest developments in education.
Continue with the excellent work.''
Molale DC
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat die webwerf verbruikers-vriendelik is en ek maklik kon aansluit by die unie. Ek is ook vinnig gehelp toe ek hoofkantoor gebêl het. ''
Jacomien Davidson
"Hiermee wil ek graag my dankbaarheid uitspreek vir die geleentheid wat ek ontvang het om saam met my gade die kongres te kon bywoon. Die ervaring was werklik spesiaal. Die absolute professionele voorbereiding ten opsigte van administrasie asook die persoonlike ingesteldheid teenoor die ontvangers van die toekennings was indrukwekkend. Baie dankie vir die erkenning van die werk wat opvoeders doen, dit skep nederige dankbaarheid vir die taak wat God aan my toevertrou het."
E Havenga
''The manner of questions are spot on and one can only hope responses will fast and reliable... New website is highly informative ''
ShamielITIO Mohamed
''Ek wil graag net persoonlik dankie se vir ''n wonderlike Saterdag. Dit was absoluut die moeite werd!
Julle verwelkoming, fantastiese sprekers, middagete, geskenkpakkie en nog 'n wegneem kospakkie was uit die boonste rakke. Dis n voorreg om lid van die SAOU te kan wees.
Dankie en sterkte vir dit waarvoor julle staan en die puik diens wat ons as lede ontvang.''
Sunet Sanders
''My ervaring met SAOU is uitstekend omdat - om dit sommer plein en reguit te sê - in al die jare wat ek SAOU opleidings bygewoon / (Zoom) was nie een ooit 'n mors van tyd nie. Dit is altyd baie insiggewend en interessant. Ek leer ongelooflik baie by die aanbiedings. Baie, baie dankie vir julle puik diens. Ek waardeer dit opreg. Somtyds is dit moeilik om alles ingepas te kry, om na die opleidings te luister maar ek probeer maar altyd 'n plan maak om dit by te woon. Gaan voort met die goeie werk! Baie dankie'' Mathilde van Niekerk
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat my vrae altyd vlugtig en deeglik beantwoord word. Ek voel vry om enige kwessie met die SAOU te bespreek en ek voel veilig sowel as beskermd wanneer ek kontak maak. Ek voel dat die SAOU as 'n uitstekende ondersteuningsnetwerk vir my dien en ek is nie seker dat ek onderwys, en die politiek daaragter, sou kon hanteer sonder 'n unie met wie ek so vertroud voel nie. Baie dankie!''
Karla du Toit
I got the answers to my questions and there was additional information I could browse on for more information.
Proudy Dlamini
Baie dankie vir alles wat julle alles vir my gedoen het hierdie jaar gedoen het .. al die dinge wat gesorteer het..al die help.. al die ondersteuning... Julle is puik...
Geniet julle vakansie!
Anneke Oberholzer
All Rights Reserved