KANTOORGEBASEERDE OPVOEDERS
Die SAOU Kantoor Gebaseerde Lede (KGL) - Fokusgroep is geskep met die doel om alle SAOU lede wat werksaam is by enige Onderwys distrikskantoor, streekskantoor of hoofkantoor te bedien met die nodige en relevante inligting, SAOU opleidingsgeleenthede en SAOU aksies wat ontwerp is vir die spesifieke uitsoek groep.
SAOU stel dit ook verder ten doel om die kundigheid en jare se ervaring van die KGL, te benut in belang van alle lede deur dié KGL- kampioene te betrek by verskillende aksies binne en buite die nisgroep. SAOU besef dat die spesifieke lede maak deel uit van die suksesse wat skole jaarliks ervaar en word hul insette, betrokkenheid en aksies beslis nie deur ons as vanselfsprekend beskou nie.
Word deel van hierdie fokusgroep
Kontak Ons

Rudolf Baard