GRONDBEGINSELS EN DOELSTELLINGS
GRONDBEGINSELS
Die SAOU boekstaaf as grondbeginsels dat:
‘n Hoë vlak van professionalisme vir alle opvoeders nagestreef behoort te word;
Die verbetering van alle aspekte van die werkslewe in die onderwyssektor nagestreef moet word;
Onderwys ten beste in die moedertaal van die leerder geskied;
Onderwys van hoë kwaliteit die onvervreembare reg van elke leerder is binne ‘n gelykwaardige, nie-rassige, nie-diskriminerende onderwysstelsel.