VRYWARING:
Die SAOU pensioenberaming is slegs ‘n inligtingsdiens wat aan die lid verskaf word. Die SAOU is nie ‘n geregistreerde tussenganger of adviseur in terme van die FAIS-wetgewing nie. Hiermee word slegs ‘n beraming van gelde betaalbaar by uitdienstreding aan u voorsien. Die beraming is nie gewaarborg of finansiële advies nie. Hierdie beraming moet ook nie gebruik word as basis of enigste basis vir die neem van belangrike besluite oor u persoonlike finansies nie. Hierdie beraming sal gebaseer wees op die SAOU se ervaring van GPAA-praktyk en die inligting op hul webblad, maar dit bly ’n blote beraming. Die SAOU doen die beraming gebaseer op inligting wat deur u as lid verskaf is en die SAOU aanvaar dus geen aanspreeklikheid van welke aard ookal, vir finansiële of beplanningsbesluite geneem voorspruitend uit die beraming nie.
Die lid stel hiermee die SAOU as vakbond (insluitend enige geassosieerde entiteite, enige verkose lid, voltydse of tydelike beampte, enige werknemer of onafhanklike kontrakteur wat dienste aan die SAOU verskaf) vry van enige eis of aanspreeklikheid – hetsy siviel, strafregtelik of voorspruitend uit enige ander regsbasis voortvloeiend uit die verskaf van beraminge of beraminge hierbo.
Beskerming van persoonlike inligting: Die SAOU is onderworpe aan die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI Act 4 of 2013) en onderneem om persoonlike inligting te beskerm en dit slegs aan te wend vir doeleindes van lidmaatskap van die Unie. Die applikant magtig hiermee die SAOU om die inligting wat in hierdie aansoek verskaf is, te rekordeer, stoor en te verwerk en magtig hiermee die SAOU om die noodsaaklike administratiewe reëlings te tref ten einde lidmaatskap te implementeer.