Ek bevestig hiermee dat ek my vergewis het van die terme en voorwaardes hieronder en rekordeer hiermee my instemming daartoe.
Die applikant magtig die SAOU hiermee om voortaan die ledegelde betaalbaar aan die Unie, soos van tyd tot tyd bepaal word, af te trek van my bankrekening en op ‘n maandelikse basis aan die Unie oor te betaal. Die lidmaatskap fooi wat vanaf 1 Mei 2024 tot en met 30 April 2025 geld is R119.86 per maand en word in lyn met die jaarlikse salaris verhoging van die werknemers in die staatsdiens aangepas met effek vanaf 1 Mei elke jaar. Na voltooiing van die aansoekvorm, sal dit elektronies aan die applikant versend word.
Kansellasie van u vorige en huidige vakbondlidmaatskap bly u eie verantwoordelikheid. Enige lid wat hul SAOU lidmaatskap wil kanselleer, moet drie maande skriftelike kennis gee aan die Uitvoerende Beampte of die toepaslike Provinsiale Sekretaris.
Die SAOU is onderhewig aan die POPI-wet, wet 4 van 2013 en onderneem om persoonlike inligting te beskerm en om sodanige inligting slegs te gebruik vir doeleindes wat verband hou met lidmaatskap van die Unie. Die aansoeker stem hiermee in dat die SAOU die inligting wat in hierdie aansoek verskaf word, opneem, stoor, verwerk en magtig hiermee die SAOU om die nodige administratiewe reëlings te tref om lidmaatskap te implementeer. Dit kan die verskaffing of versending van inligting aan lede insluit rakende sake van indiensneming, professionele ontwikkeling en dienste wat deur die vakbond aangebied word, asook die versending van inligting via sosiale media en in die vorm van nuusbriewe aan lede rakende sake van indiensneming, professionele ontwikkeling en dienste wat deur die unie aangebied word.
‘n Wagtydperk van drie maande sal van krag wees, waarna ‘n nuwe lid geregtig sal wees op SAOU bystand in werkgewer / werknemer dispuut, bv. dissiplinêre verhore en / of arbeidsdispute. Die SAOU behou die reg voor op diskresionêre uitsonderings op dié reël. Lidmaatskapgelde moet egter drie maande opeenvolgend suksesvol verhaal kon word om geag te word as ‘n lid in goeie status met die Unie.