• Slide title

    Write your caption here
    Button

CPTD-PUNTE

Waar teken ek die bywoningsregister?

Zoom genereer ʼn bywoningsregister wat aandui hoe laat jy ingeskakel het en die opleiding verlaat het. 


Kry ek 'n sertifikaat van bywoning?

Aan die einde van die webinar sal jy 'n bevestiging van bywoning-e-pos ontvang, jy kan hierdie e-pos as bewys van bywoning gebruik. Geen amptelike sertifikaat van bywoning sal uitgereik word nie.


Hoeveel CPTD-punte kry ek vir die bywoning van 'n webinar?

Jy kan 10 punte verdien vir elke webinarsessie wat jy bywoon. Let daarop dat die aantal virtuele opleidingsgeleenthede waaroor u kan rapporteer, beperk is tot 120 CPTD-punte per jaar.


Hoe kry ek hierdie CPTD-punte op my persoonlike CPTD-profiel?

Hierdie webinars word gesien as tipe 1-onderwyser-geïnisieerde CPTD-aktiwiteite wat jy self in jou persoonlike CPTD-profiel sal inlees.


Meld aan op jou profiel deur jou gebruikernommer (user number) en wagwoord in te sleutel. Daar sal ʼn “drop down menu” wees. Kies die onderwerp, naaste aan die tema wat jy bygewoon het. Daar is ook ʼn tekskassie waar jy die tema van die webinaar kortliks kan beskryf. Liasseer ʼn afskrif van die advertensie van die webinaar en die bewys van bywoning e-pos in jou CPTD-portfolio. 

SAOU ONLINE

Opleidingsmateriaal en opnames van vorige Webinaars

Eksklusief aan SAOU-lede

Klik hier

OPLEIDING

Registreer vir komende Webinaars

Klik hier

NUUSBRIEWE

Lees die jongste nuus

Klik hier
Share by: