• WELKOM BY DIE SAOU


    Welkom by die SAOU

    Knoppie

Welkom by die SAOU Familie


Ons verwelkom u graag as nuwe lid van die SAOU! 


Die SAOU is ‘n aktiewe vakbond en u sal van die Provinsiale Sekretaris, die Voltydse Vakbondverteenwoordiger en die SAOU se verteenwoordiger in u skool op ʼn gereelde grondslag verneem.


Die SAOU bied u verskeie voordele. Een daarvan is ʼn gesofistikeerde en toegespitste opleidingsprogram, wat u kennis en vaardighede om in die klaskamer te presteer beduidend sal help versterk. Hierdie programme wat grotendeels deur middel van virtuele-platforms aangebied word, staan duisende lede elke maand met hulle professionele ontwikkeling by. Die Aanlyn-Handleiding vir Klaskamerbestuur is die eerste in sy soort. Nie net is dit ‘n volledige bron van opnames van SAOU-webinare nie, maar bevat dit alle moontlike dokumente om u daaglikse take in die klaskamer te vergemaklik. SAOU is die eerste vakbond wat dienslewering na hierdie vlak kon neem – gratis beskikbaar aan alle SAOU-lede.


Toe u op ʼn vakbond besluit het, het u ʼn keuse gehad. Ons is bly dat die SAOU u keuse is. Ons ervaring is dat SAOU-lede toenemend ‘n gesindheid toon van GEE, EERDER AS NEEM. En dít, kollegas, maak ons SAOU-harte warm. 


Welkom by ons familie! 


KONTAK INLIGTING


SAOU DIENSSENTRUM

SAOU wêreldklasdienssentrum verskaf effektiewe en spoedige advies en inligting aan jou, ons lid, met betrekking tot: Diensvoorwaardes, Salarisskale, Pensioenfondse, Skoolbestuur, Regsadvies en Grieweprosedures vir Departementele Opvoeders. Lees meer...


Kontak ons E-pos ons

SAOU NASIONALE KANTOOR

Adres:

Serenestraat 278

Garsfontein

Pretoria

0042

Kontak ons E-pos ons Besoek webwerf

KIES JOU PROVINSIE


Vir meer inligting oor die SAOU Online,  klik hier

HOEKOM DIE SAOU?


Share by: